Nehemia 1:1-11
1 Die woorde van Nehemiʹa,+ die seun van Hagalʹja: En in die maand Kislef,+ in die twintigste+ jaar, was ek in die kasteel Susan.+
2 Toe het Hanaʹni,+ een van my broers, ingekom, hy en ander manne uit Juda, en ek het by hulle navraag gedoen+ oor die Jode,+ dié wat ontkom het,+ wat uit die gevangenskap oorgebly het,+ en ook oor Jerusalem.
3 Daarop het hulle vir my gesê: “Dié wat oorgebly het, wat uit die gevangenskap oorgebly het, daar in die regsgebied,+ verkeer in ’n uiters benarde toestand+ en in smaad;+ en die muur+ van Jerusalem lê stukkend en sy poorte+ is met vuur verbrand.”
4 En onmiddellik nadat ek hierdie woorde gehoor het, het ek gaan sit en begin huil en dae lank getreur, en ek het voortdurend gevas+ en gebid voor die God van die hemel.+
5 En ek het gesê: “Ag, Jehovah, die God van die hemel, die groot en vreesinboesemende God,+ wat die verbond en die liefderyke goedhartigheid hou+ teenoor dié wat hom liefhet+ en sy gebooie onderhou,+
6 laat u oor asseblief ag gee+ en u oë oop wees, om na die gebed van u kneg te luister,+ wat ek vandag, dag en nag,+ voor u bid oor die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die hele tyd belydenis doen+ van die sondes+ van die kinders van Israel waarmee ons teen u gesondig het. Ons het gesondig, ek sowel as die huis van my vader.+
7 Ons het onteenseglik verderflik teen u gehandel+ en het die gebooie+ en die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ wat u aan u kneg Moses beveel het,+ nie onderhou nie.
8 “Dink asseblief aan+ die woord wat u u kneg Moses beveel het deur te sê: ‘As julle ontrou handel, sal ek julle onder die volke verstrooi.+
9 Wanneer julle tot my teruggekeer het+ en my gebooie onderhou het+ en dit gedoen het,+ al bevind julle verstrooides hulle aan die einde van die hemel, sal ek hulle daarvandaan bymekaarmaak+ en hulle beslis na die plek bring+ wat ek uitgekies het om my naam daar te laat woon.’+
10 En hulle is u knegte+ en u volk,+ wat u deur u groot krag en deur u sterk hand+ verlos het.+
11 Ag, Jehovah, laat u oor asseblief ag gee op die gebed van u kneg en op die gebed+ van u knegte wat behae daarin skep om u naam te vrees;+ en laat u kneg vandag asseblief tog sukses behaal,+ en maak hom ’n voorwerp van medelye voor hierdie man.”+
En ek was die koning se skinker.+