Nehemia 10:1-39

10  En dié wat dit met hulle seël bekragtig het,+ was: Nehemiʹa,+ die Tirsaʹta,+ die seun van Hagalʹja,+ En Sedekiʹa,  Seraʹja,+ Asarʹja, Jeremia,  Pasgur, Amarʹja, Malkiʹa,  Hattus, Sebanʹja, Mallug,  Harim,+ Meʹremot, Obadʹja,  Daniël,+ Ginʹneton, Barug,  Mesulʹlam, Abiʹa, Mijaʹmin,  Maäsʹja, Bilgai en Semaʹja; dit was die priesters.  Ook die Leviete: Jeʹsua,+ die seun van Asanʹja, Binʹnuï van die seuns van Heʹnadad,+ Kadʹmiël 10  en hulle broers Sebanʹja,+ Hodiʹa, Keliʹta, Pelaʹja, Hanan, 11  Miga, Rehob, Hasabʹja, 12  Sakkur, Serebʹja,+ Sebanʹja, 13  Hodiʹa, Bani en Beniʹnu. 14  Die hoofde van die volk: Paros, Pahat-Moab,+ Elam, Sattu, Bani, 15  Bunni, Asgad, Bebai, 16  Adoʹnia, Bigwai, Adin, 17  Ater, Hiskiʹa, Assur, 18  Hodiʹa, Hasum, Besaï, 19  Harif, Aʹnatot, Nebai, 20  Magpiʹas, Mesulʹlam, Hesir, 21  Mesesaʹbel, Sadok, Jadʹdua, 22  Pelatʹja, Hanan, Anaʹja, 23  Hoseʹa, Hananʹja, Hassub, 24  Halloʹhes, Pilha, Sobek, 25  Rehum, Hasabʹna, Maäseʹja, 26  en Ahiʹa, Hanan, Anan, 27  Mallug, Harim, Baäna. 28  Wat die res van die volk betref, die priesters,+ die Leviete,+ die poortwagters,+ die sangers,+ die Neʹtinim+ en elkeen wat hom van die volke van die lande afgesonder het+ tot die wet+ van die ware God, hulle vrouens, hulle seuns en hulle dogters, elkeen wat kennis en begrip gehad het,+ 29  hulle het hulle by hulle broers,+ hulle vooraanstaandes,+ geskaar en onder die verpligting van ’n vloek+ en ’n eed+ gekom om te wandel in die wet van die ware God, wat deur die hand van Moses, die kneg van die ware God, gegee is,+ en om al die gebooie van Jehovah ons Here+ en sy regterlike beslissings en sy voorskrifte+ te onderhou+ en uit te voer; 30  en dat ons nie ons dogters aan die volke van die land sal gee nie en hulle dogters nie vir ons seuns sal neem nie.+ 31  Wat die volke van die land+ betref wat op die sabbatdag handelsware en allerhande graansoorte ingebring het om te verkoop, ons sal op die sabbat+ of op ’n heilige dag+ niks van hulle neem nie, en ons sal afstand doen van die sewende jaar+ en van die skuld van elke hand.+ 32  Ook het ons onsself gebooie opgelê om, elkeen van ons, jaarliks ’n derde van ’n sikkel vir die diens van die huis van ons God te gee,+ 33  vir die stapelbrood+ en die voortdurende graanoffer+ en die voortdurende brandoffer van die sabbatte,+ die nuwemane,+ vir die vasgestelde feeste+ en vir die heilige+ dinge en vir die sondoffers+ om vir Israel versoening te doen en vir al die werk van die huis van ons God.+ 34  Ook het ons die lot+ gewerp oor die lewering van die hout+ wat die priesters, die Leviete en die volk na die huis van ons God sal bring, volgens die huis van ons voorvaders, op die vasgestelde tye, jaar na jaar, om dit op die altaar van Jehovah ons God te brand,+ volgens wat in die wet geskrywe staan;+ 35  en om die eerste ryp vrugte van ons grond+ en die eerste ryp vrugte van al die vrugte van elke soort boom+ jaar na jaar na die huis van Jehovah te bring; 36  en die eersgeborenes+ van ons seuns en van ons mak diere,+ volgens wat in die wet geskrywe staan,+ en die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee,+ om hulle na die huis van ons God te bring, na die priesters wat in die huis van ons God diens doen.+ 37  Ook die eerstelinge van ons growwe meel+ en ons bydraes+ en die vrugte van elke soort boom,+ nuwe wyn+ en olie+ sal ons na die priesters bring, na die eetsale+ van die huis van ons God; ook die tiendes van ons grond na die Leviete,+ aangesien dit hulle, die Leviete, is wat ’n tiende in al ons landboustede ontvang. 38  En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees wanneer die Leviete ’n tiende ontvang; en die Leviete moet ’n tiende van die tiende na die huis van ons God bring,+ na die eetsale+ van die voorraadhuis. 39  Want na die eetsale moet die kinders van Israel en die kinders van die Leviete die bydrae+ van die graan, die nuwe wyn+ en die olie bring, en die voorwerpe van die heiligdom en die diensdoende+ priesters en die poortwagters+ en die sangers+ is daar; en ons moet die huis van ons God nie verwaarloos nie.+

Voetnote