Nehemia 12:1-47

12  En dít was die priesters en die Leviete wat saam met Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en Jeʹsua+ opgetrek het: Seraʹja, Jeremia, Esra,  Amarʹja,+ Mallug, Hattus,  Seganʹja, Rehum, Meʹremot,  Iddo, Ginʹnetoi, Abiʹa,  Mijaʹmin, Maädʹja, Bilga,  Semaʹja+ en Joʹjarib, Jedaʹja,+  Sallu, Amok,+ Hilkiʹa, Jedaʹja.+ Dit was die hoofde van die priesters en hulle broers in die dae van Jeʹsua.+  En die Leviete was Jeʹsua,+ Binʹnuï,+ Kadʹmiël,+ Serebʹja, Juda, Mattanʹja,+ oor die danksegging, hy en sy broers.  En Bakbukʹja en Unni, hulle broers, was teenoor hulle vir wagdiens. 10  Jeʹsua het die vader van Joʹjakim+ geword, en Joʹjakim het die vader van Elʹjasib+ geword, en Elʹjasib van Joʹjada.+ 11  En Joʹjada het die vader van Joʹnatan geword, en Joʹnatan het die vader van Jadʹdua+ geword. 12  En in die dae van Joʹjakim was daar priesters, die hoofde van die vaderhuise:+ vir Seraʹja,+ Meraʹja; vir Jeremia, Hananʹja; 13  vir Esra,+ Mesulʹlam; vir Amarʹja, Joʹhanan; 14  vir Malluʹgi, Joʹnatan; vir Sebanʹja,+ Josef; 15  vir Harim,+ Adna; vir Meʹrajot, Helkai; 16  vir Iddo, Sagariʹa; vir Ginʹneton, Mesulʹlam; 17  vir Abiʹa,+ Sigri; vir Minʹjamin, ——; vir Moadʹja, Piltai; 18  vir Bilga,+ Samʹmua; vir Semaʹja, Joʹnatan; 19  en vir Joʹjarib, Matʹtenai; vir Jedaʹja,+ Ussi; 20  vir Sallai, Kallai; vir Amok, Eber; 21  vir Hilkiʹa, Hasabʹja; vir Jedaʹja,+ Netaʹnel. 22  Die Leviete in die dae van Elʹjasib,+ Joʹjada+ en Joʹhanan en Jadʹdua+ is as hoofde van vaderhuise opgeskryf, ook die priesters, tot die koningskap van Dariʹus die Pers. 23  Die kinders van Levi as hoofde van die vaderhuise+ is in die kroniekboek opgeskryf, selfs tot die dae van Joʹhanan, die seun van Elʹjasib. 24  En die hoofde van die Leviete was Hasabʹja, Serebʹja+ en Jeʹsua, die seun van Kadʹmiël,+ en hulle broers teenoor hulle om te loof en te dank volgens die gebod+ van Dawid, die man van die ware God, waggroep naas waggroep. 25  Mattanʹja+ en Bakbukʹja, Obadʹja, Mesulʹlam, Talmon, Akkub+ het as poortwagters+ wag gehou, ’n waggroep by die voorraadkamers van die poorte. 26  Hulle was in die dae van Joʹjakim,+ die seun van Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak,+ en in die dae van die goewerneur Nehemiʹa+ en die priester Esra,+ die kopiïs.+ 27  En by die inwyding+ van die muur van Jerusalem het hulle die Leviete gesoek, om hulle uit al hulle plekke na Jerusalem te bring ten einde ’n inwyding te hou en hulle te verheug, ja, met dankseggings+ en met liedere,+ simbale en snaarinstrumente+ en met harpe.+ 28  En die seuns van die sangers het hulle versamel uit die Distrik,+ uit die omstreke van Jerusalem en uit die nedersettings van die Netofatiete,+ 29  en uit Bet-Gilgal+ en uit die velde van Geba+ en Asmaʹwet,+ want die sangers het vir hulle nedersettings+ rondom Jerusalem gebou. 30  En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig+ en het die volk+ en die poorte+ en die muur+ gereinig. 31  Toe het ek die vorste+ van Juda op die muur laat klim. Verder het ek twee groot dankkore+ en optogte opgestel, en die een het na regs op die muur na die Aspoort+ geloop. 32  En Hosaʹja en die helfte van die vorste van Juda het agter hulle begin loop, 33  ook Asarʹja, Esra en Mesulʹlam, 34  Juda en Benjamin en Semaʹja en Jeremia; 35  ook van die seuns van die priesters met die trompette:+ Sagariʹa, die seun van Joʹnatan, die seun van Semaʹja, die seun van Mattanʹja, die seun van Migaʹja, die seun van Sakkur,+ die seun van Asaf,+ 36  en sy broers Semaʹja en Asaʹreël, Miʹlalai, Giʹlalai, Maäi, Netaʹnel en Juda, Hanaʹni, met die instrumente+ vir sang van Dawid, die man van die ware God; en Esra,+ die kopiïs, voor hulle uit. 37  En by die Fonteinpoort+ en reg voor hulle uit het hulle bo die Trap+ van die Stad van Dawid+ opgeklim waar die muur opgaan bo die Huis van Dawid en tot by die Waterpoort+ aan die oostekant. 38  En die ander dankkoor+ het voor geloop, en ek, en ook die helfte van die volk, daaragter, op die muur oor die Bakoondtoring+ en tot by die Breë Muur,+ 39  en oor die Eʹfraimspoort+ en tot by die Poort van die Ou Stad+ en tot by die Vispoort+ en die Hanaʹneltoring+ en die Meatoring+ en tot by die Skaappoort;+ en hulle het by die Wagpoort gaan staan. 40  Eindelik het die twee dankkore+ by die huis+ van die ware God gaan staan, ook ek en die helfte van die landvoogde saam met my,+ 41  en die priesters Elʹjakim, Maäseʹja, Minʹjamin, Migaʹja, Eljoënai, Sagariʹa, Hananʹja met die trompette,+ 42  en Maäseʹja en Semaʹja en Eleaʹsar en Ussi en Joʹhanan en Malkiʹa en Elam en Eser. En die sangers saam met die opsiener Jisragʹja het hulle voortdurend laat hoor.+ 43  En hulle het op dié dag groot offerandes+ gebring en was vrolik,+ want die ware God het hulle hulle met groot vreugde laat verbly.+ En ook die vroue+ en die kinders+ was vrolik, sodat die blydskap van Jerusalem ver weg gehoor kon word.+ 44  Verder is daar op dié dag manne aangestel oor die sale+ vir die voorrade,+ vir die bydraes,+ vir die eerstelinge+ en vir die tiendes,+ om daarin uit die landerye van die stede die dele te versamel wat deur die wet vereis is+ vir die priesters en die Leviete;+ want die blydskap van Juda was weens die diensdoende priesters en Leviete.+ 45  En hulle het die verpligting+ teenoor hulle God en die verpligting ten opsigte van die reiniging+ begin nakom, ook die sangers+ en die poortwagters,+ volgens die gebod van Dawid en sy seun Salomo. 46  Want in die dae van Dawid en Asaf, in die tyd van weleer, was daar hoofde van die sangers+ en die loflied en die dankseggings aan God.+ 47  En die hele Israel het in die dae van Serubbaʹbel+ en in die dae van Nehemiʹa+ die dele van die sangers+ en van die poortwagters+ gegee volgens die daaglikse behoefte en het dit vir die Leviete geheilig;+ en die Leviete het dit vir die seuns van Aäron geheilig.

Voetnote