Nehemia 13:1-31

13  Op dié dag is daar voor die ore van die volk uit die boek+ van Moses gelees;+ en daarin is geskrywe gevind dat die Ammoniet+ en die Moabiet+ tot onbepaalde tyd nie in die gemeente van die ware God mag kom nie,+  want hulle het die kinders van Israel nie met brood+ en met water+ tegemoetgekom nie, maar Biʹleam+ teen hulle gehuur om ’n vloek oor hulle uit te spreek.+ Maar ons God het die vloek in ’n seën verander.+  En onmiddellik nadat hulle die wet gehoor het,+ het hulle die hele gemengde geselskap van Israel begin afsonder.+  En vroeër was daar Elʹjasib,+ die priester wat toesig oor ’n eetsaal+ van die huis van ons God gehad het, ’n familielid van Tobiʹa;+  en hy het vir hom ’n groot eetsaal+ ingerig, waar hulle vroeër gereeld die graanoffer,+ die wierook en die voorwerpe en die tiendes van die graan, die nuwe wyn+ en die olie,+ waarop die Leviete+ en die sangers en die poortwagters geregtig is, en die bydrae vir die priesters neergesit het.  En gedurende al hierdie tyd was ek nie in Jerusalem nie, want in die twee-en-dertigste+ jaar van Artasasʹta,+ die koning van Babilon, het ek by die koning gekom, en ’n ruk later het ek verlof van die koning gevra.+  Toe het ek na Jerusalem gekom en die kwaad opgemerk wat Elʹjasib+ ten gunste van Tobiʹa+ gedoen het, deur vir hom ’n saal in die voorhof van die huis+ van die ware God in te rig.  En dit was baie sleg in my oë.+ Toe het ek al Tobiʹa se huisraad uit die eetsaal gegooi.+  Daarna het ek die woord gespreek, en hulle het die eetsale+ gereinig;+ en ek het die voorwerpe+ van die huis van die ware God daar teruggesit, saam met die graanoffer en die wierook.+ 10  En ek het uitgevind dat die dele+ van die Leviete nie aan hulle gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die werk gedoen het, weggeloop het, elkeen na sy eie grond.+ 11  En ek het die landvoogde+ begin verwyt+ en gesê: “Waarom is die huis van die ware God verwaarloos?”+ Gevolglik het ek hulle bymekaar laat kom en hulle op hulle pos opgestel. 12  En wat die hele Juda betref, hulle het die tiendes+ van die graan+ en van die nuwe wyn+ en van die olie+ na die voorraadkamers+ gebring. 13  Toe het ek Selemʹja, die priester, en Sadok, die kopiïs, en Pedaʹja, van die Leviete, in beheer van die voorraadkamers geplaas; en onder hulle leiding was daar Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Mattanʹja,+ want hulle is getrou geag;+ en op hulle het die taak gerus om die uitdeling+ aan hulle broers te doen. 14  Dink tog hieroor aan my,+ o my God, en moenie my dade van liefderyke goedhartigheid uitwis+ wat ek in verband met die huis+ van my God en die bewaking daarvan verrig het nie. 15  In dié dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat+ wynperse trap en graanhope inbring en dit op esels+ laai,+ en ook wyn, druiwe en vye+ en allerhande vragte, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring;+ en ek het teen hulle getuig op die dag dat hulle voedsel verkoop het. 16  En die Tiriërs+ het in die stad gewoon en het vis en allerhande handelsware ingebring+ en op die sabbat aan die kinders van Juda en in Jerusalem verkoop. 17  Daarom het ek die edeles+ van Juda begin verwyt en vir hulle gesê: “Wat is hierdie slegte ding wat julle doen, deur selfs die sabbatdag te ontheilig? 18  Het julle voorvaders nie so gedoen nie,+ sodat ons God al hierdie rampspoed+ oor ons en ook oor hierdie stad gebring het? Tog vergroot julle die brandende toorn teen Israel deur die sabbat te ontheilig.”+ 19  En toe die poorte van Jerusalem voor die sabbat in skaduwee gehul was, het ek onmiddellik die woord gespreek, en die deure is toegemaak.+ Ek het verder gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die sabbat nie; en ek het van my eie dienaars by die poorte opgestel sodat geen vrag op die sabbatdag sou inkom nie.+ 20  Gevolglik het die handelaars en die verkopers van allerhande handelsware een keer en ’n tweede keer buite Jerusalem oornag. 21  Toe het ek teen hulle getuig+ en vir hulle gesê: “Waarom oornag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan.”+ Van dié tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie. 22  En ek het vir die Leviete+ gesê dat hulle hulle gereeld moet reinig+ en moet inkom om die poorte+ te bewaak ten einde die sabbatdag te heilig.+ Dink tog ook hieraan+ ten gunste van my, o my God, en voel tog jammer vir my ooreenkomstig die oorvloed van u liefderyke goedhartigheid.+ 23  Ook het ek in dié dae die Jode gesien wat Asdodiese,+ Ammonitiese en Moabitiese+ vrouens by hulle laat woon het.+ 24  En wat hulle kinders betref, die helfte het Asdodies gepraat, en geeneen van hulle kon Joods praat nie,+ maar wel die taal van die verskillende volke. 25  En ek het begin om hulle te verwyt en ’n vloek oor hulle uit te spreek+ en party manne onder hulle te slaan+ en hulle hare uit te trek en hulle by God te laat sweer:+ “Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee nie, en julle mag geeneen van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself aanvaar nie.+ 26  Was dit nie weens hulle dat Salomo, die koning van Israel, gesondig het nie?+ En onder die baie nasies was daar geen koning soos hy nie;+ en hy was geliefd by sy God,+ sodat God hom as koning oor die hele Israel aangestel het. Selfs hom het die uitlandse vrouens laat sondig.+ 27  En is dit nie iets ongehoords dat julle al hierdie groot kwaad doen deur ontrou teen ons God te handel deur uitlandse vrouens by julle te laat woon nie?”+ 28  En een van die seuns van Joʹjada,+ die seun van die hoëpriester Elʹjasib,+ was ’n skoonseun van Sanbalʹlat,+ die Horoniet.+ Daarom het ek hom van my af weggejaag.+ 29  Dink tog aan hulle, o my God, weens die verontreiniging+ van die priesterskap en die verbond+ van die priesterskap en van die Leviete.+ 30  En ek het hulle gereinig+ van al wat vreemd was en pligte aan die priesters en aan die Leviete toegewys, elkeen in sy eie werk,+ 31  ook vir die lewering van die hout+ op vasgestelde tye en vir die eerste ryp vrugte. Dink tog aan my,+ o my God, ten goede.+

Voetnote