Nehemia 2:1-20

2  En in die maand Nisan,+ in die twintigste+ jaar van koning Artasasʹta,+ was daar wyn voor hom, en ek het soos gewoonlik die wyn geneem en dit vir die koning gegee.+ Maar ek was nooit tevore voor hom droefgeestig nie.+  Daarom het die koning vir my gesê: “Waarom is jou gesig somber,+ terwyl jy nie siek is nie? Dit is niks anders as somberheid van hart+ nie.” Hierop het ek baie bang geword.  Toe het ek vir die koning gesê: “Mag die koning tot onbepaalde tyd lewe!+ Waarom sou my gesig nie somber word as die stad,+ die huis van die grafte van my voorvaders,+ woes lê en sy poorte deur vuur verteer is+ nie?”  Hierop het die koning vir my gesê: “Wat verlang jy?”+ Dadelik het ek tot die God van die hemel+ gebid.+  Daarna het ek vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind,+ en as u kneg goed is in u oë,+ dat u my na Juda stuur, na die stad van die grafte van my voorvaders, sodat ek dit kan herbou.”+  Hierop het die koning vir my gesê, terwyl sy koninklike gemalin langs hom gesit het: “Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terugkeer?” En die koning het dit goedgevind+ om my te stuur toe ek hom die vasgestelde tyd gee.+  En ek het vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, laat daar dan vir my briewe+ gegee word aan die goewerneurs+ anderkant die Rivier,+ sodat hulle my sal laat deurtrek totdat ek in Juda kom;  ook ’n brief aan Asaf, die bewaker van die park wat aan die koning behoort, dat hy vir my bome gee om die poorte van die Kasteel+ wat aan die huis behoort,+ met balke te bou, en vir die muur+ van die stad en vir die huis wat ek sal ingaan.” Toe het die koning dit vir my gegee volgens die goeie hand van my God oor my.+  Uiteindelik het ek by die goewerneurs+ anderkant die Rivier gekom en vir hulle die briewe van die koning gegee. Wat meer is, die koning het hoofde van die krygsmag en ruiters met my saamgestuur. 10  Toe Sanbalʹlat,+ die Horoniet,+ en Tobiʹa,+ die Ammonitiese+ kneg, dit te hore kom, was dit in hulle oë iets baie slegs+ dat iemand gekom het om iets goeds vir die kinders van Israel te soek. 11  Eindelik het ek in Jerusalem gekom, en ek het drie dae daar gebly. 12  Toe het ek in die nag opgestaan, ek en ’n paar manne saam met my, en ek het geen mens vertel+ wat God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie,+ en daar was geen mak dier by my nie, behalwe die mak dier waarop ek gery het. 13  En ek het in die nag deur die Valleipoort+ uitgegaan en voor die Fontein van die Groot Slang langs en na die Aspoort,+ en ek het deurentyd die mure+ van Jerusalem ondersoek, hoe hulle stukkend gelê het en sy poorte+ deur vuur verteer was. 14  En ek het verder gegaan na die Fonteinpoort+ en na die Koning se Dam, en daar was geen plek waarlangs die mak dier onder my verder kon gaan nie. 15  Maar ek het in die nag aangehou om in die stroomvallei+ op te klim en die muur te ondersoek; waarna ek teruggekeer en deur die Valleipoort+ ingekom het, en so het ek teruggekom. 16  En die onderheersers+ het nie geweet waarheen ek gegaan het en wat ek besig was om te doen nie; en vir die Jode en die priesters en die edeles en die onderheersers en die res van dié wat die werk sou doen, het ek nog niks vertel nie. 17  Uiteindelik het ek vir hulle gesê: “Julle sien in watter benarde toestand ons verkeer, hoe Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is. Kom en laat ons die muur van Jerusalem herbou, sodat ons nie langer ’n smaad sal wees nie.”+ 18  En ek het hulle van die hand+ van my God vertel, hoe dit goed was oor my,+ en ook van die koning se woorde+ wat hy vir my gesê het. Hierop het hulle gesê: “Laat ons opstaan, en ons sal bou.” Toe het hulle hulle hande versterk vir die goeie werk.+ 19  En toe Sanbalʹlat,+ die Horoniet, en Tobiʹa,+ die Ammonitiese+ kneg,+ en Gesem,+ die Arabier,+ dit hoor, het hulle ons begin bespot+ en met veragting op ons neergesien en gesê: “Wat is hierdie ding wat julle doen? Is julle opstandig teen die koning?”+ 20  Maar ek het hulle geantwoord en vir hulle gesê: “Die God van die hemel,+ Hy sal ons sukses laat behaal,+ en ons, sy knegte, sal opstaan, en ons sal bou; maar julle het geen deel+ of regmatige aanspraak of gedagtenis+ in Jerusalem nie.”

Voetnote