Nehemia 3:1-32

3  En die hoëpriester Elʹjasib+ en sy broers, die priesters, het opgestaan en die Skaappoort+ gebou. Hulle het dit geheilig+ en sy deure ingesit; en tot by die Meatoring+ het hulle dit geheilig, tot by die Hanaʹneltoring.+  En langs hulle het die manne van Jeʹrigo+ gebou. En langs hulle het Sakkur, die seun van Imri, gebou.  En die Vispoort+ is deur die seuns van Hasseʹnaä gebou; hulle het dit met balke gebou+ en toe sy deure,+ sy sluitbalke en sy grendels+ ingesit.  En langs hulle het Meʹremot,+ die seun van Uriʹa,+ die seun van Hakkos, herstelwerk gedoen, en langs hulle het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, die seun van Mesesaʹbel, herstelwerk gedoen; en langs hulle het Sadok, die seun van Baäna, herstelwerk gedoen.  En langs hulle het die Tekoïete+ herstelwerk gedoen; maar hulle vooraanstaandes+ het nie hulle nek gebuig in die diens van hulle here nie.  En die Poort van die Ou Stad+ is deur Joʹjada, die seun van Paseʹag, en Mesulʹlam, die seun van Besodʹja, herstel; hulle het dit met balke gebou en toe sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.+  En langs hulle het Melatʹja, die Gibeoniet,+ en Jadon, die Meronotiet,+ herstelwerk gedoen, manne van Giʹbeon+ en Mispa,+ wat onder die jurisdiksie van die goewerneur+ anderkant die Rivier+ was.  Langs hom het Usʹsiël, die seun van Harhaʹja, een van die goudsmede,+ herstelwerk gedoen; en langs hom het Hananʹja, ’n lid van die salfmengers,+ herstelwerk gedoen; en hulle het Jerusalem tot by die Breë Muur+ geplavei.  En langs hulle het Refaʹja, die seun van Hur, ’n vors van die helfte van die distrik Jerusalem, herstelwerk gedoen. 10  En langs hulle het Jedaʹja, die seun van Haruʹmaf, herstelwerk regoor sy eie huis+ gedoen; en langs hom het Hattus, die seun van Hasabneʹja, herstelwerk gedoen. 11  ’n Ander afgemete stuk is deur Malkiʹa, die seun van Harim,+ en Hassub, die seun van Pahat-Moab,+ herstel, en ook die Bakoondtoring.+ 12  En langs hom het Sallum, die seun van Halloʹhes, ’n vors+ van die helfte van die distrik Jerusalem, herstelwerk gedoen, hy en sy dogters. 13  Die Valleipoort+ is deur Hanun en die inwoners van Sanoʹag+ herstel; hulle het dit gebou en toe sy deure,+ sy sluitbalke+ en sy grendels+ ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.+ 14  En die Aspoort is deur Malkiʹa, die seun van Regab, ’n vors van die distrik Bet-Hakkeʹrem,+ herstel; hy het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit. 15  En die Fonteinpoort+ is deur Sallun, die seun van Kolhoseʹ, ’n vors van die distrik Mispa,+ herstel; hy het dit gebou en dit oordek en sy deure,+ sy sluitbalke en sy grendels ingesit, en ook die muur van die Kanaaldam+ by die Koningstuin+ en tot by die Trap+ wat van die Stad van Dawid+ afloop. 16  Ná hom het Nehemiʹa, die seun van Asbuk, ’n vors van die helfte van die distrik Bet-Sur,+ herstelwerk gedoen tot regoor die Grafte+ van Dawid en tot by die aangelegde dam+ en tot by die Huis van die Sterkes.+ 17  Ná hom het die Leviete+ herstelwerk gedoen: Rehum, die seun van Bani;+ langs hom het Hasabʹja, ’n vors van die helfte van die distrik Kehiʹla,+ herstelwerk vir sy distrik gedoen. 18  Ná hom het hulle broers herstelwerk gedoen: Bawwai, die seun van Heʹnadad, ’n vors van die helfte van die distrik Kehiʹla. 19  En Eser, die seun van Jeʹsua,+ ’n vors van Mispa,+ het langs hom nog ’n afgemete stuk herstel regoor die opgang na die Wapenhuis by die Steunmuur.+ 20  Ná hom het Barug, die seun van Sabbai,+ vol geesdrif gewerk+ en nog ’n afgemete stuk herstel, van die Steunmuur af tot by die ingang van die huis van die hoëpriester Elʹjasib.+ 21  Ná hom het Meʹremot, die seun van Uriʹa,+ die seun van Hakkos, nog ’n afgemete stuk herstel, van die ingang van die huis van Elʹjasib af tot by die end van Elʹjasib se huis. 22  En ná hom het die priesters, manne van die Jordaandistrik,+ herstelwerk gedoen. 23  Ná hulle het Benjamin en Hassub herstelwerk regoor hulle eie huis gedoen. Ná hulle het Asarʹja, die seun van Maäseʹja, die seun van Ananʹja, herstelwerk naby sy eie huis gedoen. 24  Ná hom het Binʹnuï, die seun van Heʹnadad, nog ’n afgemete stuk herstel, van die huis van Asarʹja af tot by die Steunmuur+ en tot by die hoek. 25  Ná hom het Palal, die seun van Usai, herstelwerk gedoen regoor die Steunmuur en die toring wat van die Huis van die Koning+ uitsteek, die boonste een wat by die Voorhof van die Lyfwag+ behoort. Ná hom was Pedaʹja, die seun van Paros.+ 26  En die Neʹtinim+ het in Ofel+ gewoon; hulle het herstelwerk gedoen tot regoor die Waterpoort+ aan die oostekant en die toring wat uitsteek. 27  Ná hulle het die Tekoïete+ nog ’n afgemete stuk herstel, van regoor die groot toring wat uitsteek tot by die Ofelmuur. 28  Bokant die Perdepoort+ het die priesters herstelwerk gedoen, elkeen regoor sy eie huis. 29  Ná hulle het Sadok,+ die seun van Immer, herstelwerk regoor sy eie huis gedoen. En ná hom het Semaʹja, die seun van Seganʹja, die bewaker van die Oospoort,+ herstelwerk gedoen. 30  Ná hom het Hananʹja, die seun van Selemʹja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, nog ’n afgemete stuk herstel. Ná hom het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, herstelwerk regoor sy eie saal+ gedoen. 31  Ná hom het Malkiʹa, ’n lid van die gilde van die goudsmede,+ herstelwerk gedoen tot by die huis van die Neʹtinim+ en die handelaars,+ regoor die Inspeksiepoort en tot by die dakvertrek van die hoek. 32  En tussen die dakvertrek van die hoek en die Skaappoort+ het die goudsmede en die handelaars herstelwerk gedoen.

Voetnote