Nehemia 4:1-23

4  En toe Sanbalʹlat+ hoor dat ons die muur herbou, het hy kwaad geword+ en hom baie vererg, en hy het die Jode bly bespot.+  En hy het voor sy broers+ en die krygsmag van Samariʹa begin sê, ja, hy het begin sê: “Wat doen die magtelose Jode? Sal hulle op hulleself staatmaak? Sal hulle offerandes bring?+ Sal hulle binne ’n dag klaarmaak? Sal hulle die klippe uit die stowwerige puinhope+ lewend maak, al is dit verbrand?”  En Tobiʹa,+ die Ammoniet,+ was langs hom, en hy het gesê: “Wat hulle ook al bou, as ’n jakkals+ daarteen opspring, sal hy beslis hulle klipmuur omgooi.”  Hoor,+ o ons God, want ons het ’n voorwerp van veragting+ geword; en laat hulle smaad+ op hulle eie hoof terugkom, en gee hulle oor aan plundering in die land van gevangenskap.  En moenie hulle oortreding en hulle sonde voor u bedek nie.+ Laat dit nie uitgewis word nie, want hulle het die bouers aanstoot gegee.  En ons het aangehou om die muur te bou, en die hele muur is tot op die helfte van sy hoogte aanmekaargevoeg, en die volk het deurentyd ’n hart gehad om te werk.+  En toe Sanbalʹlat+ en Tobiʹa+ en die Arabiere+ en die Ammoniete+ en die Asdodiete+ hoor dat die herstelwerk aan die mure van Jerusalem gevorder het, want die gapings het begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.  En hulle almal het begin saamsweer+ om teen Jerusalem te kom veg en vir my steurnis te veroorsaak.  Maar ons het tot ons God gebid+ en weens hulle dag en nag ’n wag teen hulle uitgesit. 10  En Juda het begin sê: “Die krag van die lasdraer+ het gestruikel, en daar is baie puin;+ en ons kan nie aan die muur bou nie.” 11  Ook het ons teenstanders bly sê: “Hulle sal nie weet+ en hulle sal nie sien totdat ons reg tussen hulle inkom nie, en ons sal hulle beslis doodmaak en die werk stopsit.” 12  En wanneer die Jode wat naby hulle gewoon het, ingekom het, het hulle tien keer vir ons gesê: “Hulle sal opkom uit al die plekke waar julle na ons toe sal terugkeer.” 13  Daarom het ek manne uitgesit op die laagste dele van die plek agter die muur, op die oop plekke, en ek het die volk volgens families uitgesit met hulle swaarde,+ hulle lanse+ en hulle boë. 14  Toe ek hulle vrees sien, het ek onmiddellik opgestaan en vir die edeles+ en die onderheersers+ en die res van die volk gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie.+ Dink aan Jehovah, groot+ en vreesinboesemend;+ en veg vir julle broers,+ julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.” 15  En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, sodat die ware God hulle raad verydel het+ en ons almal na die muur teruggegaan het, elkeen na sy werk, 16  ja, van daardie dag af het die helfte van my jong manne+ die werk gedoen en het die helfte van hulle die lanse, die skilde en die boë en die pantsers+ gehou; en die vorste+ het agter die hele huis van Juda gestaan. 17  Wat die bouers aan die muur betref en dié wat die vrag van lasdraers gedra het, elkeen het met die een hand die werk gedoen terwyl die ander hand+ die werpspies+ vasgehou het. 18  En die bouers het elkeen sy swaard aan sy heup gegord gehad,+ terwyl hulle gebou het;+ en die horingblaser+ was langs my. 19  En ek het vir die edeles en die onderheersers+ en die res van die volk gesê: “Die werk is groot en uitgebreid, en ons is ver van mekaar af oor die muur versprei. 20  Op die plek waar julle die geluid van die horing hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom. Ons God sal vir ons veg.”+ 21  Terwyl ons die werk gedoen het, het die ander helfte van hulle die lanse gehou, van dagbreek af totdat die sterre uitgekom het. 22  Bowendien het ek in dié tyd vir die volk gesê: “Laat die manne, elkeen met sy dienaar, in Jerusalem oornag,+ en hulle moet snags vir ons ’n wag word en bedags werkers.” 23  Wat my+ en my broers+ en my dienaars+ betref en die manne van die wag+ wat agter my was, ons het nie ons klere uitgetrek nie; elkeen het sy werpspies+ in sy regterhand gehad.

Voetnote