Nehemia 5:1-19

5  Daar het egter ’n groot geroep+ van die volk en hulle vrouens teen hulle Joodse broers ontstaan.+  En daar was dié wat gesê het: “Ons verpand ons seuns en ons dogters sodat ons graan kan kry en kan eet en bly lewe.”+  En daar was dié wat gesê het: “Ons verpand ons lande en ons wingerde en ons huise+ sodat ons tydens die voedseltekort graan kan kry.”  En daar was dié wat gesê het: “Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen+ vir die koning se skatting.+  En nou, ons vlees is dieselfde as die vlees van ons broers;+ ons seuns is dieselfde as hulle seuns, maar kyk, ons maak ons seuns en ons dogters tot slawe,+ en van ons dogters is reeds tot slawe gemaak; en daar is geen krag in ons hande terwyl ons lande en ons wingerde aan ander behoort nie.”  En ek het baie kwaad geword toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.  Toe het my hart in my oorleg gepleeg, en ek het die edeles en die onderheersers begin verwyt+ en vir hulle gesê: “Woekerrente+ eis julle, elkeen van sy broer.” Verder het ek ’n groot vergadering weens hulle belê.+  En ek het vir hulle gesê: “Ons het ons Joodse broers wat aan die nasies verkoop was, teruggekoop+ sover dit in ons vermoë was; en sal julle terselfdertyd julle broers verkoop,+ en moet hulle aan ons verkoop word?” Hierop was hulle sprakeloos, en hulle het geen woord gevind nie.+  En ek het verder gesê: “Wat julle doen, is nie goed nie.+ Moet julle nie in die vrees+ van ons God+ wandel weens die smaad+ van die nasies, ons vyande, nie?+ 10  En ook ek, my broers en my dienaars leen aan hulle geld en graan. Laat ons asseblief ophou om so teen rente uit te leen.+ 11  Gee asseblief vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfboorde en hulle huise aan hulle terug,+ en die honderdste van die geld en die graan, die nuwe wyn en die olie wat julle as rente van hulle eis.” 12  Hierop het hulle gesê: “Ons sal dit teruggee+ en van hulle niks terugvra nie.+ Ons sal handel presies soos u sê.”+ Toe het ek die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.+ 13  Ook het ek my boesem uitgeskud en toe gesê: “Mag die ware God elke man wat hierdie woord nie uitvoer nie, so uitskud uit sy huis en uit sy eiendom wat hy bekom het; en mag hy so uitgeskud en leeg word.” Hierop het die hele gemeente gesê: “Amen!”+ En hulle het Jehovah begin loof.+ En die volk het volgens hierdie woord gehandel.+ 14  Nog iets: Van die dag af dat hy my aangestel het om hulle goewerneur+ te word in die land van Juda, van die twintigste+ jaar af tot die twee-en-dertigste+ jaar van koning Artasasʹta,+ twaalf jaar lank, het ek en my broers nie die brood geëet wat die goewerneur toekom nie.+ 15  Wat die vorige goewerneurs betref wat voor my was, hulle het dit swaar gemaak vir die volk, en hulle het elke dag veertig sikkels silwer vir brood en wyn van hulle geneem. Ook het hulle dienaars die volk oorheers.+ Wat my betref, ek het weens die vrees vir God+ nie so gedoen nie.+ 16  En boonop het ek met die werk aan hierdie muur gehelp,+ en ons het geen grond bekom nie;+ en al my dienaars is daar bymekaargebring vir die werk. 17  En die Jode en die onderheersers, honderd-en-vyftig man, en dié wat uit die nasies rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.+ 18  Wat dit betref wat elke dag berei is: een bul, ses uitgesoekte skape en voëls is vir my berei, en een keer elke tien dae allerhande soorte wyn+ in oorvloed. En daarby het ek die brood wat die goewerneur toekom, nie geëis nie, omdat die diens op hierdie volk swaar was. 19  Dink tog, o my God, tot my voordeel,+ aan alles wat ek ten behoewe van hierdie volk gedoen het.+

Voetnote