Nehemia 6:1-19

6  En toe daar vir Sanbalʹlat+ en Tobiʹa+ en Gesem,+ die Arabier,+ en die res van ons vyande vertel is dat ek die muur herbou het+ en dat geen gaping daarin oorgebly het nie (hoewel ek tot dié tyd toe nog nie die deure+ in die poorte ingesit het nie),+  het Sanbalʹlat en Gesem onmiddellik na my gestuur en gesê: “Kom tog, en laat ons volgens afspraak byeenkom+ in die dorpies van die valleivlakte van Ono.”+ Maar hulle het planne beraam om my kwaad aan te doen.+  Ek het dus boodskappers na hulle toe gestuur+ en gesê: “Dit is ’n groot werk waarmee ek besig is,+ en ek kan nie afkom nie. Waarom moet die werk ophou terwyl ek dit laat staan en na julle toe moet afkom?”+  Hulle het egter dieselfde woord vier keer na my toe gestuur, en ek het hulle met dieselfde woord bly antwoord.  Uiteindelik het Sanbalʹlat+ ’n vyfde keer sy dienaar met dieselfde woord na my toe gestuur, met ’n oop brief in sy hand.  Daarin het geskrywe gestaan: “Onder die nasies is daar gehoor, en Gesem+ sê dit, dat jy en die Jode planne beraam om in opstand te kom.+ Daarom bou jy die muur; en jy word hulle koning,+ volgens hierdie woorde.  En jy het selfs profete aangestel om van jou in die hele Jerusalem uit te roep en te sê: ‘Daar is ’n koning in Juda!’ En nou, sulke dinge sal vir die koning vertel word. Kom dan nou tog, en laat ons saam beraadslaag.”+  Ek het egter na hom gestuur en gesê: “Dinge soos dié waarvan jy praat, het nie gebeur nie,+ maar jy versin dit in jou eie hart.”+  Want hulle almal het ons probeer bang maak en gesê: “Hulle hande+ sal ophou met die werk sodat dit nie gedoen sal word nie.” Maar versterk dan nou my hande.+ 10  En ek het ingegaan in die huis van Semaʹja, die seun van Delaʹja, die seun van Mehetaʹbel, terwyl hy hom toegesluit het.+ En hy het gesê: “Laat ons volgens afspraak byeenkom+ in die huis van die ware God, binne-in die tempel,+ en laat ons die deure van die tempel toemaak; want hulle kom om u dood te maak, ja, in die nag+ kom hulle om u dood te maak.” 11  Maar ek het gesê: “Sou ’n man soos ek vlug?+ En wie is daar soos ek wat in die tempel sou kon ingaan en bly lewe?+ Ek sal nie ingaan nie!” 12  Toe het ek ondersoek ingestel, en kyk, dit was nie God+ wat hom gestuur het nie, maar hy het hierdie profesie teen my gespreek+ omdat Tobiʹa en Sanbalʹlat+ hom gehuur het.+ 13  Om dié rede is hy gehuur,+ sodat ek bang sou word+ en so sou maak en ek beslis sou sondig+ en dit beslis ’n slegte reputasie+ by hulle sou word, sodat hulle my sou kon smaad.+ 14  Dink tog, o my God, aan+ Tobiʹa+ en Sanbalʹlat volgens hierdie dade van elkeen, en ook aan die profetes+ Noadʹja en die res van die profete wat my voortdurend probeer bang maak het. 15  Eindelik is die muur+ op die vyf-en-twintigste dag van Elul voltooi, in twee-en-vyftig dae. 16  En toe al ons vyande+ dit hoor en al die nasies rondom ons dit sien, het hulle dadelik grootliks in hulle eie oë gedaal, en hulle het te wete gekom dat dit deur ons God+ is dat hierdie werk gedoen is. 17  In daardie dae het ook die edeles+ van Juda hulle briewe talryk laat word, dié wat na Tobiʹa+ gegaan het en dié van Tobiʹa wat na hulle gekom het. 18  Want baie in Juda was met ’n eed aan hom verbonde, omdat hy ’n skoonseun was van Seganʹja, die seun van Arag;+ en sy seun Joʹhanan het die dogter van Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, geneem. 19  Ook het hulle voortdurend goeie dinge van hom voor my gesê.+ En my woorde het hulle voortdurend aan hom oorgedra. Tobiʹa het briewe gestuur om my bang te maak.+

Voetnote