Nehemia 7:1-73

7  En toe die muur herbou is,+ het ek dadelik die deure ingesit.+ Toe is die poortwagters+ en die sangers+ en die Leviete+ aangestel.  En ek het my broer Hanaʹni+ oor Jerusalem aangestel, asook Hananʹja, die vors van die Kasteel,+ want hy was so ’n betroubare+ man en het die ware God meer as baie ander gevrees.+  Toe het ek vir hulle gesê: “Die poorte+ van Jerusalem moenie oopgemaak word voordat die son warm word nie; en terwyl hulle daar staan, moet hulle die deure toemaak en dit grendel.+ En stel wagte op uit die inwoners van Jerusalem, elkeen op sy eie wagpos en elkeen regoor sy eie huis.”+  En die stad was uitgestrek en groot, en daar was min mense daarin,+ en daar was geen huise gebou nie.  Maar my God het dit in my hart gegee+ om die edeles en die landvoogde en die volk bymekaar te bring sodat hulle hulle in die geslagsregisters kon laat inskryf.+ Toe het ek die boek van die geslagsregister+ gevind van dié wat eerste opgetrek het en daarin geskrywe gevind:  Dit is die kinders van die regsgebied+ wat opgetrek het uit die gevangenskap+ van die ballinge wat Nebukadneʹsar,+ die koning van Babilon, in ballingskap weggevoer het+ en wat later na Jerusalem en na Juda teruggekeer het, elkeen na sy eie stad;+  dié wat saam met Serubbaʹbel,+ Jeʹsua,+ Nehemiʹa, Asarʹja, Raämʹja, Nahamaʹni, Morʹdegai,+ Bilsan, Mispeʹret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het. Die getal van die manne van die volk Israel:  Die kinders van Paros:+ tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;  die kinders van Sefatʹja:+ driehonderd-twee-en-sewentig; 10  die kinders van Arag:+ seshonderd-twee-en-vyftig; 11  die kinders van Pahat-Moab,+ van die kinders van Jeʹsua en Joab:+ tweeduisend-agthonderd-en-agtien; 12  die kinders van Elam:+ duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig; 13  die kinders van Sattu:+ agthonderd-vyf-en-veertig; 14  die kinders van Sakkai:+ sewehonderd-en-sestig; 15  die kinders van Binʹnuï:+ seshonderd-agt-en-veertig; 16  die kinders van Bebai:+ seshonderd-agt-en-twintig; 17  die kinders van Asgad:+ tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig; 18  die kinders van Adoniʹkam:+ seshonderd-sewe-en-sestig; 19  die kinders van Bigwai:+ tweeduisend-sewe-en-sestig; 20  die kinders van Adin:+ seshonderd-vyf-en-vyftig; 21  die kinders van Ater,+ van Hiskiʹa: agt-en-negentig; 22  die kinders van Hasum:+ driehonderd-agt-en-twintig; 23  die kinders van Besaï:+ driehonderd-vier-en-twintig; 24  die kinders van Harif:+ honderd-en-twaalf; 25  die kinders van Giʹbeon:+ vyf-en-negentig; 26  die manne van Betlehem+ en Netoʹfa:+ honderd-agt-en-tagtig; 27  die manne van Aʹnatot:+ honderd-agt-en-twintig; 28  die manne van Bet-Asmaʹwet:+ twee-en-veertig; 29  die manne van Kirʹjat-Jeaʹrim,+ Kefiʹra+ en Beʹërot:+ sewehonderd-drie-en-veertig; 30  die manne van Rama+ en Geba:+ seshonderd-een-en-twintig; 31  die manne van Migmas:+ honderd-twee-en-twintig; 32  die manne van Bet-El+ en Ai:+ honderd-drie-en-twintig; 33  die manne van die ander Nebo:+ twee-en-vyftig; 34  die kinders van die ander Elam:+ duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig; 35  die kinders van Harim:+ driehonderd-en-twintig; 36  die kinders van Jeʹrigo:+ driehonderd-vyf-en-veertig; 37  die kinders van Lod,+ Hadid+ en Ono:+ sewehonderd-een-en-twintig; 38  die kinders van Seʹnaä:+ drieduisend-negehonderd-en-dertig. 39  Die priesters: Die kinders van Jedaʹja,+ van die huis van Jeʹsua: negehonderd-drie-en-sewentig; 40  die kinders van Immer:+ duisend-twee-en-vyftig; 41  die kinders van Pasgur:+ duisend-tweehonderd-sewe-en-veertig; 42  die kinders van Harim:+ duisend-en-sewentien. 43  Die Leviete: Die kinders van Jeʹsua, van Kadʹmiël,+ van die kinders van Hodeʹwa:+ vier-en-sewentig. 44  Die sangers:+ Die kinders van Asaf:+ honderd-agt-en-veertig. 45  Die poortwagters:+ Die kinders van Sallum,+ die kinders van Ater, die kinders van Talmon,+ die kinders van Akkub,+ die kinders van Hatiʹta, die kinders van Sobai:+ honderd-agt-en-dertig. 46  Die Neʹtinim:+ Die kinders van Siha, die kinders van Hasuʹfa, die kinders van Tabʹbaot,+ 47  die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon,+ 48  die kinders van Lebaʹna, die kinders van Hagaʹba,+ die kinders van Salmai, 49  die kinders van Hanan,+ die kinders van Giddel, die kinders van Gahar, 50  die kinders van Reaʹja,+ die kinders van Resin,+ die kinders van Nekoʹda, 51  die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paseʹag, 52  die kinders van Besai,+ die kinders van die Meüniete, die kinders van Nefuʹsesim,+ 53  die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakuʹfa, die kinders van Harhur,+ 54  die kinders van Baslit, die kinders van Mehiʹda, die kinders van Harsa,+ 55  die kinders van Barkos, die kinders van Siʹsera, die kinders van Temag,+ 56  die kinders van Nesiʹag, die kinders van Hatiʹfa.+ 57  Die kinders van die knegte van Salomo:+ Die kinders van Sotai, die kinders van Sofeʹret, die kinders van Periʹda,+ 58  die kinders van Jaʹäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel,+ 59  die kinders van Sefatʹja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogeʹret-Hassebaʹim, die kinders van Amon.+ 60  Al die Neʹtinim+ en die kinders van die knegte van Salomo was driehonderd-twee-en-negentig. 61  En dít was diegene wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer,+ en hulle kon nie die huis van hulle vaders en hulle herkoms aangee, of hulle van Israel was nie: 62  die kinders van Delaʹja, die kinders van Tobiʹa, die kinders van Nekoʹda:+ seshonderd-twee-en-veertig. 63  En van die priesters:+ die kinders van Habaʹja, die kinders van Hakkos,+ die kinders van Barsilʹlai,+ wat ’n vrou uit die dogters van die Gileadiet Barsilʹlai+ geneem het en na hulle naam genoem is. 64  Dit was hulle wat hulle register gesoek het om hulle afstamming in die openbaar te bewys, en dit is nie gevind nie,+ sodat hulle as onrein van die priesterskap uitgesluit is.+ 65  Gevolglik het die Tirsaʹta+ vir hulle gesê dat hulle nie van die hoogheilige dinge mag eet+ voordat die priester met Urim+ en Tummim+ opgestaan het nie. 66  Die hele gemeente as een groep was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,+ 67  buiten hulle slawe+ en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewe-en-dertig;+ en hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers+ en sangeresse+ gehad. 68  Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig, hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig.+ 69  Die kamele was vierhonderd-vyf-en-dertig. Die esels+ was sesduisend-sewehonderd-en-twintig.+ 70  En daar was party van die hoofde+ van die vaderhuise+ wat vir die werk gegee het.+ Die Tirsaʹta+ self het vir die skat duisend goue dragmas, vyftig bakke, vyfhonderd-en-dertig priestergewade+ gegee. 71  En daar was van die hoofde van die vaderhuise wat vir die skat van die werk twintigduisend goue dragmas en tweeduisend-tweehonderd silwerminas gegee het.+ 72  En wat die res van die volk gegee het, was twintigduisend goue dragmas en tweeduisend silwerminas en sewe-en-sestig priestergewade. 73  En die priesters+ en die Leviete en die poortwagters en die sangers+ en party van die volk en die Neʹtinim+ en die hele Israel het in hulle stede gaan woon.+ Toe die sewende maand aanbreek,+ was die kinders van Israel in hulle stede.+

Voetnote