Nehemia 8:1-18

8  En die hele volk het soos een man bymekaargekom+ op die openbare plein+ wat voor die Waterpoort+ was. Toe het hulle vir Esra,+ die kopiïs, gesê om die boek+ van die wet van Moses,+ wat Jehovah Israel beveel het,+ te bring.  Daarop het die priester+ Esra op die eerste dag van die sewende maand+ die wet gebring voor die gemeente+ van manne sowel as vroue en almal wat genoeg begrip gehad het om te luister.+  En hy het daaruit voorgelees+ voor die openbare plein wat voor die Waterpoort was, van dagbreek+ af tot die middaguur toe, voor die manne en die vroue en die ander wat begrip gehad het; en die ore+ van die hele volk was op die wetboek gerig.+  En Esra, die kopiïs, het op ’n houtverhoog bly staan,+ wat hulle vir die geleentheid gemaak het; en langs hom aan sy regterhand het Mattitʹja en Sema en Anaʹja en Uriʹa en Hilkiʹa en Maäseʹja gestaan, en aan sy linkerhand Pedaʹja en Miʹsael en Malkiʹa+ en Hasum+ en Has-Baddaʹna, Sagariʹa en Mesulʹlam.  En Esra het die boek voor die oë van die hele volk oopgemaak,+ want hy het hoër as die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.+  Toe het Esra Jehovah, die ware God, die groot God, geloof,+ waarop die hele volk geantwoord het: “Amen! Amen!”+ terwyl hulle hulle hande opgehef het.+ Hulle het toe laag gebuig+ en hulle voor Jehovah neergewerp met hulle gesig na die aarde.+  En Jeʹsua en Bani en Serebʹja,+ Jamin, Akkub, Sabʹbetai, Hodiʹa, Maäseʹja, Keliʹta, Asarʹja, Joʹsabad,+ Hanan, Pelaʹja,+ ja, die Leviete, het die wet aan die volk verduidelik,+ terwyl die volk bly staan het.+  En hulle het bly voorlees+ uit die boek, uit die wet van die ware God; dit is uitgelê en betekenis is daaraan gegee; en hulle het wat voorgelees is, deurentyd verstaanbaar gemaak.+  En Nehemiʹa,+ dit wil sê die Tirsaʹta,+ en die priester Esra,+ die kopiïs, en die Leviete wat die volk onderrig het, het vir die hele volk gesê: “Hierdie dag is heilig vir Jehovah julle God.+ Moenie treur of huil nie.”+ Want die hele volk het gehuil toe hulle die woorde van die wet hoor.+ 10  En hy het verder vir hulle gesê: “Gaan, eet die vettighede en drink die soetighede, en stuur porsies+ aan die een vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig vir ons Here, en moenie bedroef voel nie, want die vreugde van Jehovah is julle vesting.” 11  En die Leviete het die hele volk die swye opgelê en gesê: “Wees stil! want hierdie dag is heilig; en moenie bedroef wees nie.” 12  Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies+ uit te stuur en hulle grootliks te verheug,+ want hulle het die woorde verstaan wat aan hulle bekend gemaak is.+ 13  En op die tweede dag het die hoofde van die vaderhuise van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die kopiïs, bymekaargekom, ja, om insig in die woorde van die wet te verkry.+ 14  Toe het hulle in die wet wat Jehovah deur middel van Moses+ beveel het, geskrywe gevind dat die kinders van Israel gedurende die fees in die sewende maand+ in hutte moet woon,+ 15  en dat hulle ’n aankondiging moet doen+ en ’n oproep deur al hulle stede en deur die hele Jerusalem+ moet laat gaan wat lui: “Gaan uit na die bergstreek+ en bring olyfblare+ en die blare van wildeolyfbome en mirteblare en palmblare en die blare van digte bome om hutte te maak, volgens wat geskrywe staan.” 16  En die volk het uitgegaan en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy eie dak+ en in hulle binnehowe en in die voorhowe+ van die huis van die ware God en op die openbare plein+ van die Waterpoort+ en op die openbare plein van die Eʹfraimspoort.+ 17  So het die hele gemeente van dié wat uit die gevangenskap teruggekom het, hutte gemaak en in die hutte gaan woon; want die kinders van Israel het nie so gedoen van die dae van Josua, die seun van Nun,+ af tot daardie dag toe nie, sodat daar baie groot blydskap was.+ 18  En dag na dag is daar uit die wetboek van die ware God voorgelees,+ van die eerste dag tot die laaste dag; en hulle het die fees sewe dae lank gehou, en op die agtste dag was daar ’n plegtige vergadering, volgens die reël.+

Voetnote