Numeri 1:1-54

1  En Jehovah het met Moses gepraat in die wildernis Siʹnai,+ in die tent van samekoms,+ op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland,+ en hy het gesê:  “NEEM die volle getal+ op van die hele vergadering van die kinders van Israel volgens hulle families, volgens die huis van hulle vaders, volgens die getal name, al die manne, kop vir kop,  van twintig jaar en ouer,+ elkeen wat in Israel in die leër uittrek.+ Julle moet hulle volgens hulle leërs registreer, jy en Aäron.  “En ’n aantal manne moet by julle wees, een man vir elke stam; elkeen is ’n hoof van die huis van sy vaders.+  En dít is die name van die manne wat by julle moet staan: Van Ruben:+ Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür;  van Siʹmeon:+ Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai;  van Juda:+ Nagson,+ die seun van Amminaʹdab;  van Isʹsaskar:+ Netaʹnel,+ die seun van Suar;  van Seʹbulon:+ Eliʹab,+ die seun van Helon; 10  van die kinders van Josef:+ van Eʹfraim:+ Elisaʹma, die seun van Ammiʹhud; van Manasʹse:+ Gamaʹliël, die seun van Pedaʹsur; 11  van Benjamin:+ Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni; 12  van Dan:+ Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai; 13  van Aser:+ Paʹgiël,+ die seun van Ogran; 14  van Gad:+ Elʹjasaf,+ die seun van Deʹhuel;+ 15  van Nafʹtali:+ Ahiʹra,+ die seun van Enan. 16  Dit is die geroepenes van die vergadering, die owerstes+ van die stamme van hulle vaders. Hulle is die hoofde van die duisende van Israel.”+ 17  Toe het Moses en Aäron hierdie manne geneem wat by name aangewys is. 18  En hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom, sodat hulle hulle afstamming+ kon laat bevestig volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer,+ kop vir kop, 19  net soos Jehovah Moses beveel het; en hy het hulle in die wildernis Siʹnai geregistreer.+ 20  En die seuns van Ruben, Israel se eersgeborene,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, kop vir kop, al die manne van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 21  hulle geregistreerdes van die stam Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.+ 22  Van die seuns van Siʹmeon,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, sy geregistreerdes volgens die getal name, kop vir kop, al die manne van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 23  hulle geregistreerdes van die stam Siʹmeon was nege-en-vyftigduisend-driehonderd.+ 24  Van die seuns van Gad,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 25  hulle geregistreerdes van die stam Gad+ was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.+ 26  Van die seuns van Juda,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 27  hulle geregistreerdes van die stam Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.+ 28  Van die seuns van Isʹsaskar,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 29  hulle geregistreerdes van die stam Isʹsaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.+ 30  Van die seuns van Seʹbulon,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 31  hulle geregistreerdes van die stam Seʹbulon was sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd.+ 32  Van die seuns van Josef: van die seuns van Eʹfraim,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 33  hulle geregistreerdes van die stam Eʹfraim+ was veertigduisend-vyfhonderd.+ 34  Van die seuns van Manasʹse,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 35  hulle geregistreerdes van die stam Manasʹse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.+ 36  Van die seuns van Benjamin,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 37  hulle geregistreerdes van die stam Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.+ 38  Van die seuns van Dan,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 39  hulle geregistreerdes van die stam Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.+ 40  Van die seuns van Aser,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 41  hulle geregistreerdes van die stam Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.+ 42  Van die seuns van Nafʹtali,+ hulle nakomelinge volgens hulle families in die huis van hulle vaders, volgens die getal name, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in die leër uittrek, 43  hulle geregistreerdes van die stam Nafʹtali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.+ 44  Dit is die geregistreerdes, wat Moses geregistreer het, tesame met Aäron en die owerstes van Israel, twaalf man. Elkeen van hulle het die huis van sy vaders verteenwoordig. 45  En al die geregistreerdes van die kinders van Israel volgens die huis van hulle vaders, van twintig jaar en ouer, elkeen wat in Israel in die leër uittrek, was, 46  ja, al die geregistreerdes was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+ 47  Maar die Leviete,+ volgens die stam van hulle vaders, is nie onder hulle geregistreer nie.+ 48  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê: 49  “Net die stam Levi mag jy nie registreer nie, en hulle volle getal mag jy nie onder die kinders van Israel opneem nie.+ 50  En jy moet die Leviete oor die tabernakel van die Getuienis+ aanstel en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort.+ Hulle moet die tabernakel en al sy voorwerpe dra,+ en hulle moet daarby diens doen;+ en rondom die tabernakel moet hulle kamp opslaan.+ 51  En wanneer die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek;+ en wanneer die tabernakel kamp opslaan, moet die Leviete dit oprig; en elke vreemdeling wat nader kom, moet doodgemaak word.+ 52  “En die kinders van Israel moet kamp opslaan elkeen volgens sy kamp, en elke man volgens sy driestamafdeling,+ volgens hulle leërs. 53  En die Leviete moet rondom die tabernakel van die Getuienis kamp opslaan, sodat geen verontwaardiging+ teen die vergadering van die kinders van Israel ontstaan nie; en die Leviete moet die diens ten opsigte van die tabernakel van die Getuienis waarneem.”+ 54  En die kinders van Israel het gedoen volgens alles wat Jehovah Moses beveel het. Hulle het net so gedoen.+

Voetnote