Numeri 10:1-36

10  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê:  “Maak vir jou twee silwertrompette.+ Jy moet dit van dryfwerk maak, en dit moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep+ en om die kampe te laat opbreek.  En hulle moet op albei blaas, en die hele vergadering moet hulle afspraak met jou nakom by die ingang van die tent van samekoms.+  En as hulle op net een blaas, dan moet die owerstes as hoofde van die duisende van Israel hulle afspraak met jou nakom.+  “En julle moet onegalig blaas, en die kampe van dié wat aan die oostekant kamp opgeslaan het,+ moet wegtrek.  En julle moet ’n tweede keer onegalig blaas, en die kampe van dié wat aan die suidekant kamp opgeslaan het,+ moet wegtrek. Hulle moet onegalig blaas elke keer wanneer een van hulle wegtrek.  “En wanneer die gemeente bymekaargeroep word, moet julle blaas,+ maar julle moenie onegalig blaas nie.  En Aäron se seuns, die priesters, moet op die trompette blaas,+ en die gebruik daarvan moet vir julle ’n insetting tot onbepaalde tyd in julle geslagte wees.  “En as julle in julle land oorlog begin voer teen die onderdrukker wat julle teister,+ dan moet julle ’n oorlogsinjaal op die trompette blaas,+ en daar sal beslis aan julle gedink word voor Jehovah julle God, en julle sal van julle vyande gered word.+ 10  “En op die dag van julle vreugde+ en in julle feestye+ en aan die begin van julle maande+ moet julle oor julle brandoffers+ en julle gemeenskapsoffers+ op die trompette blaas; en die gebruik daarvan moet dien om julle voor julle God in gedagtenis te bring. Ek is Jehovah julle God.”+ 11  En in die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste dag van die maand,+ het die wolk opgetrek van die tabernakel+ van die Getuienis af. 12  En die kinders van Israel het volgens hulle wyse van vertrek+ uit die wildernis Siʹnai begin wegtrek, en die wolk het in die wildernis Paran+ vertoef. 13  En hulle het die eerste keer begin wegtrek, volgens die bevel van Jehovah deur middel van Moses.+ 14  Die driestamafdeling van die kamp van die kinders van Juda het dus eerste weggetrek volgens hulle leërs,+ en oor sy leër was Nagson,+ die seun van Amminaʹdab. 15  En oor die leër van die stam van die kinders van Isʹsaskar was Netaʹnel,+ die seun van Suar. 16  En oor die leër van die stam van die kinders van Seʹbulon was Eliʹab, die seun van Helon.+ 17  En die tabernakel is afgebreek,+ en die seuns van Gerson+ en die seuns van Meraʹri,+ as draers van die tabernakel, het weggetrek. 18  En die driestamafdeling van die kamp van Ruben+ het volgens hulle leërs weggetrek, en oor sy leër was Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 19  En oor die leër van die stam van die kinders van Siʹmeon+ was Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 20  En oor die leër van die stam van die kinders van Gad was Elʹjasaf,+ die seun van Deʹhuel. 21  En die Kehatiete, as draers van die heiligdom,+ het weggetrek, aangesien die tabernakel teen die tyd van hulle koms reeds opgerig sou wees. 22  En die driestamafdeling van die kamp van die kinders van Eʹfraim+ het volgens hulle leërs weggetrek, en oor sy leër was Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 23  En oor die leër van die stam van die kinders van Manasʹse+ was Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 24  En oor die leër van die stam van die kinders van Benjamin+ was Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 25  En die driestamafdeling van die kamp van die kinders van Dan+ het weggetrek en die agterhoede gevorm+ vir al die kampe volgens hulle leërs, en oor sy leër was Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 26  En oor die leër van die stam van die kinders van Aser+ was Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 27  En oor die leër van die stam van die kinders van Nafʹtali+ was Ahiʹra,+ die seun van Enan. 28  Op dié wyse het die kinders van Israel volgens hulle leërs vertrek wanneer hulle weggetrek het.+ 29  Toe het Moses vir Hobab, die seun van Reʹhuel,+ die Midianiet, die skoonvader van Moses, gesê: “Ons vertrek na die plek waarvan Jehovah gesê het: ‘Ek sal dit aan julle gee.’+ Kom tog saam met ons, en ons sal beslis aan jou goed doen,+ want Jehovah het goeie dinge oor Israel gespreek.”+ 30  Maar hy het vir hom gesê: “Ek sal nie saamgaan nie, maar ek sal na my land+ en na my familielede gaan.” 31  Hierop het hy gesê: “Moet ons asseblief nie verlaat nie, want jy weet goed waar ons in die wildernis kan kamp opslaan, en daarom moet jy vir ons as oë dien. 32  En as jy saam met ons kom,+ ja, dan sal ons met die goedheid waarmee Jehovah aan ons goed sal doen, ook aan jou goed doen.” 33  Toe het hulle van die berg van Jehovah+ af drie dagreise ver getrek, en die ark van Jehovah se verbond+ het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle ’n rusplek uit te soek.+ 34  En Jehovah se wolk+ was bedags oor hulle wanneer hulle van die kampplek weggetrek het. 35  En wanneer die Ark weggetrek het, het Moses gesê: “Staan tog op, o Jehovah, en laat u vyande verstrooi word;+ en laat dié wat u intens haat, voor u wegvlug.”+ 36  En wanneer dit gerus het, het hy gesê: “Keer tog terug, o Jehovah, na die tienduisende duisendtalle van Israel.”+

Voetnote