Numeri 11:1-35

11  En die volk het soos mense geword wat iets slegs het om oor te kla voor die ore van Jehovah.+ Toe Jehovah dit hoor, het sy toorn ontvlam, en ’n vuur van Jehovah het begin om teen hulle te brand en party aan die rand van die kamp te verteer.+  Toe die volk na Moses begin roep, het hy smeekbedes tot Jehovah gedoen,+ en die vuur het doodgegaan.  En dié plek is Tabeʹra+ genoem, omdat ’n vuur van Jehovah teen hulle gebrand het.  En die gemengde skare+ wat onder hulle was, het aan ’n selfsugtige verlange uiting gegee,+ en ook die kinders van Israel het weer begin huil en gesê: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet?+  Ons onthou nog die vis wat ons verniet in Egipte geëet het,+ die komkommers en die waatlemoene en die preie en die uie en die knoffel!  Maar nou is ons siel uitgedroog. Daar is niks behalwe die manna voor ons oë nie.”+  Terloops, die manna+ was soos koljandersaad,+ en dit het soos balsemgom+ gelyk.  Die volk het versprei en dit opgetel+ en dit in handmeule gemaal of in ’n vysel fyngestamp, en hulle het dit in kookpotte gekook+ of ronde koeke daarvan gemaak, en die smaak daarvan was soos die smaak van ’n soet oliekoek.+  En wanneer die dou snags op die kamp geval het, het die manna daarop geval.+ 10  En Moses het die volk volgens hulle families hoor huil, elke man by die ingang van sy tent. En Jehovah se toorn het grootliks ontvlam,+ en dit was sleg in die oë van Moses.+ 11  Toe het Moses vir Jehovah gesê: “Waarom het u u kneg kwaad aangedoen, en waarom het ek geen guns in u oë gevind nie, dat u die las van hierdie hele volk op my lê?+ 12  Het ek met hierdie hele volk swanger geword? Het ek aan hulle geboorte gegee, sodat u vir my sê: ‘Dra hulle in jou boesem,+ soos die oppasser die suigeling dra’,+ na die land wat u aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het?+ 13  Waarvandaan kry ek vleis om aan hierdie hele volk te gee? Want hulle bly by my huil en sê: ‘Gee ons tog vleis, en laat ons eet!’ 14  Ek, ek alleen, kan hierdie hele volk nie dra nie, want hulle is te swaar vir my.+ 15  En as u so met my handel, maak my dan asseblief liewer dood+ as ek guns in u oë gevind het, en laat my nie my rampspoed aanskou nie.” 16  Hierop het Jehovah vir Moses gesê: “Versamel vir my sewentig manne van die ouer manne van Israel,+ van wie jy weet dat hulle ouer manne en beamptes van die volk is,+ en jy moet hulle na die tent van samekoms neem, en hulle moet daar by jou staan. 17  En ek sal moet neerdaal+ en daar met jou moet praat;+ en ek sal van die gees+ wat op jou is, moet wegneem en dit op hulle moet plaas, en hulle sal jou moet help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.+ 18  En vir die volk moet jy sê: ‘Heilig julle vir môre,+ aangesien julle beslis vleis sal eet, want julle het voor die ore van Jehovah gehuil+ en gesê: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet, want dit het goed gegaan met ons in Egipte?”+ En Jehovah sal beslis vir julle vleis gee, en julle sal inderdaad eet.+ 19  Julle sal eet, nie een dag of twee dae of vyf dae of tien dae of twintig dae nie, 20  maar ’n hele maand lank, totdat dit uit julle neusgate uitkom en dit vir julle ’n gruwel geword het,+ net omdat julle Jehovah, wat in julle midde is, verwerp het en julle voor hom begin huil en gesê het: “Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?”’”+ 21  Toe het Moses gesê: “Die volk onder wie ek is, is seshonderdduisend man+ te voet, en tog het u, ja u, gesê: ‘Vleis sal ek vir hulle gee, en hulle sal beslis ’n hele maand lank eet’! 22  Sal kleinvee en beeste vir hulle geslag word, sodat dit vir hulle genoeg is?+ Of sal al die visse van die see vir hulle gevang word, sodat dit vir hulle genoeg is?” 23  Hierop het Jehovah vir Moses gesê: “Is die hand van Jehovah te kort?+ Nou sal jy sien of wat ek sê, oor jou kom of nie.”+ 24  Daarna het Moses uitgegaan en die woorde van Jehovah tot die volk gespreek. En hy het sewentig manne uit die ouer manne van die volk versamel en hulle rondom die tent laat staan.+ 25  Toe het Jehovah in ’n wolk neergedaal+ en met hom gepraat+ en van die gees+ wat op hom was, weggeneem en dit op elkeen van die sewentig ouer manne geplaas. En toe die gees op hulle gaan rus, het hulle as profete opgetree; maar hulle het dit nie weer gedoen nie.+ 26  En twee van die manne het in die kamp agtergebly. Die naam van die een was Eldad en die naam van die ander was Medad. En die gees het op hulle gaan rus, aangesien hulle onder dié was wat opgeskryf was, maar hulle het nie uitgegaan na die tent nie. Toe het hulle as profete opgetree in die kamp. 27  En ’n jong man het gehardloop en dit vir Moses vertel en gesê: “Eldad en Medad tree as profete op in die kamp!” 28  Toe het Josua, die seun van Nun, die dienaar+ van Moses van sy jeug af, geantwoord en gesê: “My heer Moses, belet hulle dit!”+ 29  Moses het egter vir hom gesê: “Is jy jaloers oor my? Nee, ek wens dat Jehovah se hele volk profete was, want Jehovah sou sy gees op hulle plaas!”+ 30  Later het Moses na die kamp teruggekeer, hy en die ouer manne van Israel. 31  En ’n wind+ wat deur Jehovah gestuur is, het opgesteek en begin om kwartels van die see af voort te dryf+ en hulle bokant die kamp te laat val, ongeveer ’n dagreis na die een kant en ongeveer ’n dagreis na die ander kant toe, rondom die kamp, en ongeveer twee el bokant die oppervlak van die grond. 32  Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en hele nag en die hele volgende dag en die kwartels bly versamel. Hy wat die minste bymekaargemaak het, het tien homer+ versamel, en hulle het dit vir hulle wyd uitgesprei rondom die kamp. 33  Die vleis was nog tussen hulle tande,+ voordat dit gekou kon word, toe Jehovah se toorn teen die volk ontvlam het,+ en Jehovah het ’n baie groot slagting onder die volk teweeggebring.+ 34  Dié plek is Kibʹrot-Hattaʹäwa+ genoem, want daar het hulle die volk begrawe wat selfsugtige begeerte getoon het.+ 35  Van Kibʹrot-Hattaʹäwa af het die volk weggetrek na Haʹserot, en hulle het in Haʹserot+ gebly.

Voetnote