Numeri 12:1-16

12  En Mirjam en Aäron het teen Moses begin praat weens die Kussitiese vrou wat hy geneem het, want hy het ’n Kussitiese vrou geneem.+  En hulle het bly sê: “Praat Jehovah net deur Moses alleen? Het hy nie ook deur ons gepraat nie?”+ En Jehovah het geluister.+  En die man Moses was verreweg die sagmoedigste+ van al die mense wat op die oppervlak van die aarde was.  Toe het Jehovah meteens vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Gaan uit, julle drie, na die tent van samekoms.” Toe het hulle drie uitgegaan.  Daarna het Jehovah in die wolkkolom neergedaal+ en by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam geroep. Hierop het hulle twee uitgegaan.  En hy het gesê: “Hoor asseblief my woorde. As iemand onder julle ’n profeet van Jehovah word, sal ek my in ’n visioen+ aan hom bekend maak. In ’n droom+ sal ek met hom praat.  So is dit nie met my kneg Moses nie!+ Aan hom is my hele huis toevertrou.+  Mond tot mond praat ek met hom,+ en toon so vir hom dinge, en nie deur raaisels nie;+ en hy aanskou die voorkoms van Jehovah.+ Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te praat nie?”+  En Jehovah se toorn het teen hulle ontvlam, en hy het weggegaan. 10  En die wolk het van die tent af weggetrek, en kyk! Mirjam is met melaatsheid getref, wit soos sneeu.+ Toe het Aäron na Mirjam toe gedraai, en kyk! sy is met melaatsheid getref.+ 11  Onmiddellik het Aäron vir Moses gesê: “Verskoon my, my heer! Moet ons asseblief nie die sonde toereken waarin ons dwaas opgetree het en wat ons gepleeg het nie!+ 12  Moet haar asseblief nie soos ’n dooie laat bly,+ wie se vlees half verteer is wanneer hy uit sy moeder se skoot kom nie!” 13  En Moses het tot Jehovah begin roep en gesê: “O God, asseblief! Genees haar, asseblief!”+ 14  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “As haar vader haar reg in haar gesig sou spoeg,+ sou sy nie sewe dae lank verneder wees nie? Laat sy sewe dae lank buite die kamp+ onder kwarantyn geplaas word,+ en laat sy daarna opgeneem word.”+ 15  Gevolglik is Mirjam sewe dae lank buite die kamp onder kwarantyn geplaas,+ en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem is nie. 16  En daarna het die volk van Haʹserot+ af weggetrek en in die wildernis Paran+ kamp opgeslaan.

Voetnote