Numeri 13:1-33

13  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê:  “Stuur vir jou manne uit sodat hulle die land Kanaän kan verken, wat ek aan die kinders van Israel gee.+ Julle moet een man vir elke stam van sy vaders uitstuur, elkeen ’n owerste+ onder hulle.”  Toe het Moses hulle op bevel van Jehovah van die wildernis Paran+ af uitgestuur. Al die manne was hoofde van die kinders van Israel.  En dít is hulle name: Van die stam Ruben: Samʹmua, die seun van Sakkur;  van die stam Siʹmeon: Safat, die seun van Hori;  van die stam Juda: Kaleb,+ die seun van Jefunʹne;  van die stam Isʹsaskar: Jigal, die seun van Josef;  van die stam Eʹfraim: Hoseʹa,+ die seun van Nun;  van die stam Benjamin: Palti, die seun van Rafu; 10  van die stam Seʹbulon: Gadʹdiël, die seun van Sodi; 11  van die stam Josef,+ vir die stam Manasʹse:+ Gaddi, die seun van Susi; 12  van die stam Dan: Ammiʹël, die seun van Gemalʹli; 13  van die stam Aser: Setur, die seun van Miʹgael; 14  van die stam Nafʹtali: Nagbi, die seun van Wofsi; 15  van die stam Gad: Geʹhuel, die seun van Magi. 16  Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken. En Moses het Hoseʹa, die seun van Nun, Joʹsua genoem.+ 17  Toe Moses hulle stuur om die land Kanaän te verken, het hy vir hulle gesê: “Trek hier op, die Negeb+ in, en julle moet na die bergstreek optrek.+ 18  En julle moet kyk hoe die land is+ en die mense wat daarin woon, of hulle sterk of swak is, of hulle min of baie is; 19  en hoe die land is waarin hulle woon, of dit goed of sleg is, en hoe die stede is waarin hulle woon, of dit kampe of vestings is; 20  en hoe die land is, of dit vet of skraal is,+ of daar bome in is of nie. En julle moet moedig wees+ en van die vrugte van die land saambring.” En die dae was die dae van die eerste ryp vrugte van die druiwe.+ 21  En hulle het opgetrek en die land verken van die wildernis Zin+ af tot by Rehob,+ teenoor die ingang van Hamat.+ 22  Toe hulle optrek, die Negeb in,+ het hulle by Hebron+ gekom. En Ahiʹman, Sesai en Talmai,+ dié wat vir Enak+ gebore is, was daar. Terloops, Hebron+ is sewe jaar voor Soan+ van Egipte gebou. 23  Toe hulle by die Eskolstroomvallei+ kom, het hulle daar ’n loot met een tros druiwe afgesny.+ En hulle het dit aan ’n draagstok op twee van die manne gedra, en ook van die granate+ en van die vye. 24  Hulle het dié plek die Eskolstroomvallei+ genoem, weens die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het. 25  Uiteindelik het hulle ná verloop van veertig dae+ teruggekeer van die verkenning van die land. 26  Toe het hulle gegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die wildernis Paran, by Kades.+ En hulle het aan hulle en die hele vergadering berig gebring en hulle die vrugte van die land gewys. 27  En hulle het aan hom berig gebring en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons uitgestuur het, en dit loop inderdaad oor van melk en heuning,+ en dít is sy vrugte.+ 28  Die feite is nietemin dat die mense wat in die land woon, sterk is, en die versterkte stede is baie groot;+ en ook het ons daar dié gesien wat vir Enak gebore is.+ 29  Die Amalekiete+ woon in die land van die Negeb,+ en die Hetiete en die Jebusiete+ en die Amoriete+ woon in die bergstreek, en die Kanaäniete+ woon by die see en aan die kant van die Jordaan.” 30  Toe het Kaleb+ die volk probeer stilmaak teenoor Moses en gesê: “Laat ons dadelik optrek, en ons sal dit sekerlik in besit neem, want ons kan gewis die oorhand daaroor kry.”+ 31  Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: “Ons kan nie teen die mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.”+ 32  En hulle het ’n slegte berig+ onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: “Die land waardeur ons getrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is manne wat buitengewoon groot is.+ 33  En daar het ons die Neʹfilim gesien, die kinders van Enak,+ wat van die Neʹfilim afkomstig is, sodat ons in ons eie oë soos sprinkane geword het, en so het ons ook in hulle oë geword.”+

Voetnote