Numeri 14:1-45

14  Toe het die hele vergadering hulle stem verhef, en die hele nag deur het die volk onophoudelik hulle stem laat hoor en gehuil.+  En al die kinders van Israel het teen Moses en Aäron begin murmureer,+ en die hele vergadering het teen hulle begin sê: “As ons maar in Egipteland gesterf het, of as ons maar in hierdie wildernis gesterf het!  En waarom bring Jehovah ons na hierdie land om deur die swaard te val?+ Ons vrouens en ons kindertjies sal roofgoed word.+ Is dit nie vir ons beter om na Egipte terug te keer nie?”+  Hulle het selfs vir mekaar gesê: “Laat ons ’n hoof aanstel, en laat ons na Egipte terugkeer!”+  Hierop het Moses en Aäron op hulle gesig geval+ voor die hele gemeente van die vergadering van die kinders van Israel.  En Josua, die seun van Nun,+ en Kaleb, die seun van Jefunʹne,+ wat van dié was wat die land verken het, het hulle klere geskeur,+  en hulle het vir die hele vergadering van die kinders van Israel gesê: “Die land waardeur ons getrek het om dit te verken, is ’n baie, baie goeie land.+  As Jehovah behae in ons het,+ dan sal hy ons beslis in hierdie land bring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+  Moet net nie teen Jehovah in opstand kom nie;+ en julle, julle moenie die mense van die land vrees nie,+ want hulle is brood vir ons. Hulle beskutting het van hulle gewyk,+ en Jehovah is met ons.+ Moet hulle nie vrees nie.”+ 10  Die hele vergadering het egter daarvan gepraat om hulle met klippe te gooi.+ En Jehovah se heerlikheid het bokant die tent van samekoms aan al die kinders van Israel verskyn.+ 11  Uiteindelik het Jehovah vir Moses gesê: “Hoe lank+ sal hierdie volk my met minagting bejeën,+ en hoe lank sal hulle geen geloof in my stel nie, ondanks al die tekens wat ek onder hulle verrig het?+ 12  Laat ek hulle met die pes tref en hulle verdryf, en laat ek jou ’n groter en magtiger nasie as hulle maak.”+ 13  Maar Moses het vir Jehovah gesê: “Dan sal die Egiptenaars sekerlik hoor dat u deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het.+ 14  En hulle sal dit sekerlik aan die inwoners van hierdie land vertel. Hulle het gehoor dat u, Jehovah, in die midde van hierdie volk is,+ dat u van aangesig tot aangesig verskyn het.+ U is Jehovah, en u wolk staan oor hulle, en u trek voor hulle uit, bedags in die wolkkolom en snags in die vuurkolom.+ 15  As u hierdie volk soos een man doodmaak,+ dan sal die nasies wat van u roem gehoor het, beslis sê: 16  ‘Omdat Jehovah nie hierdie volk in die land kon bring wat hy aan hulle met ’n eed beloof het nie, het hy hulle in die wildernis doodgemaak.’+ 17  Laat u krag dan nou asseblief groot word,+ o Jehovah, net soos u gespreek het deur te sê: 18  ‘Jehovah, wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid,+ wat ongeregtigheid en oortreding vergewe,+ maar hy sal geensins vrystelling van straf gee nie,+ want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.’+ 19  Vergewe asseblief die oortreding van hierdie volk ooreenkomstig die grootheid van u liefderyke goedhartigheid, en net soos u hierdie volk van Egipte af tot nou toe vergewe het.”+ 20  Toe het Jehovah gesê: “Ek vergewe volgens jou woord.+ 21  En daarenteen sal die hele aarde, so waar as ek lewe, met die heerlikheid van Jehovah gevul word.+ 22  Maar al die manne wat my heerlikheid+ en my tekens+ gesien het wat ek in Egipte en in die wildernis verrig het, en my nogtans nou al tien keer op die proef gestel het+ en na my stem nie geluister het nie,+ 23  sal nooit die land sien wat ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat my met minagting bejeën, sal dit nie sien nie.+ 24  Wat my kneg Kaleb+ betref, omdat hy ’n ander gees het en hy my volkome bly volg het,+ sal ek hom beslis in die land bring waarheen hy gegaan het, en sy nageslag sal dit in besit neem.+ 25  Terwyl die Amalekiete en die Kanaäniete+ in die laagvlakte woon, moet julle môre wegdraai en wegtrek om na die wildernis te trek met die pad van die Rooi See.”+ 26  En Jehovah het met Moses en Aäron gepraat en gesê: 27  “Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou om so teen my te murmureer?+ Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen my murmureer.+ 28  Sê vir hulle: ‘“So waar as ek lewe”, is die woord van Jehovah, “waarlik, net soos julle voor my ore gespreek het, so sal ek aan julle doen!+ 29  In hierdie wildernis sal julle lyke val,+ ja, al julle geregistreerdes van julle volle getal, van twintig jaar en ouer, julle wat teen my gemurmureer het.+ 30  Julle sal nie in die land ingaan waaroor ek my hand in ’n eed opgehef het+ om daar by julle te woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunʹne, en Josua, die seun van Nun.+ 31  “‘“En julle kindertjies wat julle gesê het roofgoed sal word,+ ook dié sal ek beslis inbring, en hulle sal inderdaad die land leer ken wat julle verwerp het.+ 32  Maar julle lyke sal in hierdie wildernis val.+ 33  En julle kinders sal veertig jaar lank herders in die wildernis+ wees, en hulle sal verantwoording moet doen vir julle dade van hoerery,+ totdat julle lyke in die wildernis tot ’n einde kom.+ 34  Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae,+ ’n dag vir ’n jaar, ’n dag vir ’n jaar,+ sal julle verantwoording doen vir julle oortredings, veertig jaar lank,+ aangesien julle moet weet wat dit beteken as ek my van julle afkeer.+ 35  “‘“Ek, Jehovah, het gespreek, waarlik, ek sal dit aan hierdie hele bose vergadering doen,+ dié wat teen my bymekaargekom het: In hierdie wildernis sal hulle aan hulle einde kom, en daar sal hulle sterf.+ 36  En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat by hulle terugkeer die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte berig teen die land te versprei,+ 37  ja, die manne wat die slegte berig oor die land versprei het, sal deur die plaag voor Jehovah sterf.+ 38  Maar Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefunʹne, sal beslis bly lewe van dié manne wat die land gaan verken het.”’”+ 39  Toe Moses hierdie woorde tot al die kinders van Israel spreek, het die volk baie begin treur.+ 40  Wat meer is, hulle het die oggend vroeg opgestaan en na die top van die berg probeer opklim en gesê: “Hier is ons, en ons moet optrek na die plek wat Jehovah genoem het. Want ons het gesondig.”+ 41  Maar Moses het gesê: “Waarom oortree julle die bevel van Jehovah?+ Maar dit sal nie slaag nie. 42  Moenie optrek nie, want Jehovah is nie in julle midde nie, sodat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.+ 43  Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle;+ en julle sal beslis deur die swaard val, want julle het julle daarvan afgekeer om Jehovah te volg, en daarom sal Jehovah nie meer met julle wees nie.”+ 44  Hulle het hulle egter aangematig om na die top van die berg op te trek,+ maar die ark van Jehovah se verbond en Moses het nie uit die kamp gewyk nie.+ 45  Toe het die Amalekiete+ en die Kanaäniete wat in daardie gebergte gewoon het, afgekom en hulle begin verslaan en hulle tot by Horma+ verstrooi.

Voetnote