Numeri 15:1-41

15  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Wanneer julle uiteindelik in die land van julle woonplekke kom, wat ek aan julle gee,+  en julle ’n vuuroffer aan Jehovah moet bring,+ ’n brandoffer+ of ’n offerande om ’n spesiale gelofte te vervul, of vrywillig,+ of tydens julle seisoenfeeste,+ ten einde ’n rustige geur vir Jehovah te berei,+ uit die beeste of uit die kleinvee;  dan moet die een wat sy offer aanbied, vir Jehovah ’n graanoffer van ’n tiende van ’n efa fynmeel aanbied,+ bevogtig met ’n kwart hin olie.  En jy moet ’n kwart hin wyn as ’n drankoffer bring,+ saam met die brandoffer of vir die offerande van elke ramlam.  Of vir ’n ram moet jy ’n graanoffer van twee tiendes fynmeel bring, bevogtig met ’n derde van ’n hin olie.  En jy moet ’n derde van ’n hin wyn as ’n drankoffer aanbied, as ’n rustige geur vir Jehovah.  “‘Maar as jy ’n bul uit die kudde as ’n brandoffer+ of ’n offerande bring om ’n spesiale gelofte+ te vervul of as gemeenskapsoffers aan Jehovah,+  dan moet jy saam met die bul uit die kudde ’n graanoffer+ van drie tiendes fynmeel aanbied, bevogtig met ’n half hin olie. 10  En jy moet ’n half hin wyn as ’n drankoffer aanbied,+ as ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah. 11  So moet dit gedoen word vir elke bul of vir elke ram of vir elkeen onder die ramlammers of onder die bokke. 12  Ongeag die getal wat julle offer, julle moet so doen vir elkeen volgens hulle getal. 13  Elke boorling moet hierdie dinge so offer wanneer hy ’n vuuroffer van ’n rustige geur vir Jehovah aanbied.+ 14  “‘En as daar ’n inwonende vreemdeling as ’n vreemdeling by julle woon of iemand wat reeds geslagte lank onder julle is, en hy ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah moet bring, dan moet hy net so doen soos julle moet doen.+ 15  Julle wat van die gemeente is en die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling woon, moet een insetting hê.+ Dit moet ’n insetting tot onbepaalde tyd vir julle geslagte wees. Die inwonende vreemdeling moet net soos julle voor Jehovah wees.+ 16  Daar moet een wet en een regterlike beslissing vir julle en vir die inwonende vreemdeling wees wat as ’n vreemdeling by julle woon.’”+ 17  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê: 18  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Wanneer julle in die land kom waarheen ek julle bring,+ 19  moet julle, wanneer julle van die brood van die land eet,+ ’n bydrae aan Jehovah gee. 20  Julle moet ’n bydrae van die eerstelinge+ van julle growwe meel as ringvormige koeke gee. Soos die bydrae van ’n dorsvloer, so moet julle dit bydra. 21  ’n Deel van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle as ’n bydrae aan Jehovah gee in al julle geslagte. 22  “‘En as julle ’n fout begaan en nie al hierdie gebooie uitvoer+ wat Jehovah tot Moses gespreek het nie, 23  alles wat Jehovah julle deur middel van Moses beveel het van die dag af dat Jehovah dit beveel het en daarna, vir julle geslagte, 24  dan moet die hele vergadering, as dit ver van die oë van die vergadering onopsetlik gedoen is, een jong bul bring as ’n brandoffer vir ’n rustige geur aan Jehovah, en die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort volgens die gebruiklike prosedure,+ en een boklam as ’n sondoffer.+ 25  En die priester moet vir die hele vergadering van die kinders van Israel versoening doen,+ en dit sal hulle vergewe word; want dit was ’n fout,+ en hulle het as hulle offer ’n vuuroffer aan Jehovah gebring en hulle sondoffer voor Jehovah vir hulle fout. 26  En dit sal die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word,+ asook die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder hulle woon, want dit was ’n fout van die kant van die hele volk. 27  “‘En as enige siel onopsetlik sondig,+ dan moet hy ’n bokooi in haar eerste jaar as ’n sondoffer aanbied.+ 28  En die priester moet versoening doen vir die siel wat deur ’n sonde onopsetlik ’n fout voor Jehovah begaan het, om daarvoor versoening te doen, en dit sal hom vergewe word.+ 29  Wat die boorling onder die kinders van Israel betref en die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder hulle woon, daar moet een wet vir julle wees oor iets wat onopsetlik gedoen word.+ 30  “‘Maar die siel wat iets moedswillig doen,+ of hy ’n boorling of ’n inwonende vreemdeling is, deur Jehovah te smaad,+ dié siel moet in daardie geval uitgeroei word onder sy volk uit.+ 31  Omdat dit Jehovah se woord is wat hy verag het+ en sy gebod is wat hy verbreek het,+ moet dié siel vir seker uitgeroei word.+ Sy oortreding is op hom.’”+ 32  Terwyl die kinders van Israel nog in die wildernis was, het hulle eenkeer ’n man gekry wat op die sabbatdag stukke hout bymekaarmaak.+ 33  Toe het dié wat hom gekry het terwyl hy die stukke hout bymekaarmaak, hom na Moses en Aäron en die hele vergadering gebring. 34  En hulle het hom onder bewaking gestel,+ omdat daar nog nie duidelik verklaar is wat met hom gedoen moes word nie. 35  Na ’n ruk het Jehovah vir Moses gesê: “Die man moet vir seker doodgemaak word;+ die hele vergadering moet hom buite die kamp met klippe gooi.”+ 36  Gevolglik het die hele vergadering hom buite die kamp uitgebring en hom met klippe gegooi, sodat hy gesterf het, net soos Jehovah Moses beveel het. 37  En Jehovah het vir Moses gesê: 38  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê dat hulle vir hulle fraiingrande aan die some van hulle klere moet maak, in al hulle geslagte, en hulle moet ’n blou toutjie bo die fraiingrand van die soom aanbring:+ 39  ‘En dit moet vir julle as ’n fraiingrand dien, en julle moet dit sien en aan al die gebooie+ van Jehovah dink en dit uitvoer, en julle mag nie julle hart en julle oë volg,+ wat julle in onsedelike gemeenskap volg nie.+ 40  Die bedoeling is dat julle aan al my gebooie dink en dit beslis uitvoer en inderdaad heilig sal wees vir julle God.+ 41  Ek is Jehovah julle God, wat julle uit Egipteland uitgelei het om te bewys dat ek julle God is.+ Ek is Jehovah julle God.’”+

Voetnote