Numeri 16:1-50

16  En Korag,+ die seun van Jishar,+ die seun van Kehat,+ die seun van Levi,+ het opgestaan, saam met Datan+ en Abiʹram,+ die seuns van Eliʹab,+ en On, die seun van Pelet, die seuns van Ruben.+  En hulle het voor Moses opgestaan, hulle en tweehonderd-en-vyftig man van die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat uit die samekoms opgeroep was, manne van naam.  Toe het hulle teen Moses en Aäron bymekaargekom+ en vir hulle gesê: “Dit is nou genoeg, want die hele vergadering, hulle almal, is heilig,+ en Jehovah is in hulle midde.+ Waarom moet julle julle dan bo die gemeente van Jehovah verhef?”+  Toe Moses dit hoor, het hy onmiddellik op sy gesig geval.  Daarna het hy met Korag en met sy hele vergadering gepraat en gesê: “Môreoggend sal Jehovah bekend maak wie aan hom behoort+ en wie heilig is+ en wie nader moet kom na hom toe,+ en wie hy ook al uitkies,+ sal nader kom na hom toe.  Doen dít: Neem vir julle vuurbakke,+ Korag en sy hele vergadering,+  en sit môre vuur daarin en plaas reukwerk daarop voor Jehovah, en die man wat Jehovah sal uitkies,+ hy is die heilige. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!”+  En Moses het verder vir Korag gesê: “Luister asseblief, kinders van Levi.  Is dit vir julle so ’n kleinigheid dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgesonder het+ om julle te laat nader kom na hom toe, ten einde die diens van Jehovah se tabernakel te verrig en voor die vergadering te staan om hulle te dien,+ 10  en dat hy jou en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou laat nader kom? Moet julle dan ook nog die priesterskap probeer verkry?+ 11  Daarom is jy en jou hele vergadering wat bymekaarkom, teen Jehovah.+ Wat Aäron betref, wat is hy dat julle teen hom sou murmureer?”+ 12  Later het Moses gestuur om Datan en Abiʹram,+ die seuns van Eliʹab, te laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie opkom nie!+ 13  Is dit so ’n kleinigheid dat jy ons uit ’n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die wildernis te laat sterf,+ dat jy ook tot die uiterste die vors oor ons probeer speel?+ 14  Soos sake staan, het jy ons nie in ’n land ingebring wat oorloop van melk en heuning,+ om aan ons lande en wingerde as erfdeel te gee nie. Wil jy die oë van dié manne uitsteek? Ons sal nie opkom nie!” 15  Hierop het Moses baie kwaad geword en vir Jehovah gesê: “Moenie u aangesig tot hulle graanoffer wend nie.+ Nie een esel het ek van hulle weggeneem nie, en ook het ek nie een van hulle kwaad aangedoen nie.”+ 16  Toe het Moses vir Korag+ gesê: “Jy en jou hele vergadering, wees môre voor Jehovah teenwoordig,+ jy en hulle en Aäron. 17  En neem elkeen sy vuurbak, en julle moet reukwerk daarop plaas en elkeen sy vuurbak voor Jehovah aanbied, tweehonderd-en-vyftig vuurbakke, en jy en Aäron elkeen sy vuurbak.” 18  Toe het hulle elkeen sy vuurbak geneem en vuur daarop gesit en reukwerk daarop geplaas en by die ingang van die tent van samekoms saam met Moses en Aäron gaan staan. 19  Toe Korag die hele vergadering+ teen hulle bymekaargebring het by die ingang van die tent van samekoms, het Jehovah se heerlikheid aan die hele vergadering verskyn.+ 20  Jehovah het toe met Moses en Aäron gepraat en gesê: 21  “Skei julle af+ van hierdie vergadering, sodat ek hulle in ’n oomblik kan uitroei.”+ 22  Toe het hulle op hulle gesig geval en gesê: “O God, die God van die geeste van elke soort vlees,+ sal net een man sondig en u verontwaardig raak teenoor die hele vergadering?”+ 23  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê: 24  “Praat met die vergadering en sê: ‘Maak dat julle wegkom rondom die wonings van Korag, Datan en Abiʹram!’”+ 25  Daarna het Moses opgestaan en na Datan en Abiʹram toe gegaan, en die ouer manne+ van Israel het saam met hom gegaan. 26  Toe het hy met die vergadering gepraat en gesê: “Gee asseblief pad voor die tente van hierdie goddelose manne en moenie aan enigiets raak wat aan hulle behoort nie,+ sodat julle nie in al hulle sondes weggevee word nie.” 27  Onmiddellik het hulle gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abiʹram, en Datan en Abiʹram het uitgekom en by die ingang van hulle tente gaan staan,+ saam met hulle vrouens en hulle seuns en hulle kindertjies. 28  Toe het Moses gesê: “Hieraan sal julle weet dat Jehovah my gestuur het om al hierdie dade te doen,+ dat dit nie uit my eie hart is nie:+ 29  As hierdie mense volgens die dood van alle mense sterf en hulle met die straf van alle mense gestraf word,+ dan is dit nie Jehovah wat my gestuur het nie.+ 30  Maar as Jehovah iets nuuts skep+ en die grond sy mond oopmaak en hulle verswelg+ met alles wat aan hulle behoort en hulle lewend in Sjeool afdaal,+ dan sal julle vir seker weet dat hierdie manne Jehovah met minagting bejeën het.”+ 31  En net toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, het die grond wat onder hulle was, begin oopskeur.+ 32  En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle en hulle huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed verswelg.+ 33  So het hulle, en alles wat aan hulle behoort het, lewend in Sjeool afgedaal, en die aarde het hulle bedek,+ sodat hulle uit die midde van die gemeente vergaan het.+ 34  En al die Israeliete wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geskreeu, want hulle het begin sê: “Ons is bang dat die aarde ons miskien verswelg!”+ 35  En ’n vuur het van Jehovah af uitgegaan+ en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk geoffer het.+ 36  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê: 37  “Sê vir Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurbakke+ uit die brand moet opneem, ‘En strooi die vuur daar oorkant; want dit is heilig, 38  ja, die vuurbakke van dié wat teen hulle eie siel gesondig het.+ En hulle moet dun metaalplate daarvan maak as ’n oortreksel vir die altaar,+ want hulle het dit voor Jehovah aangebied, sodat dit heilig geword het; en dit moet vir die kinders van Israel as ’n teken dien.’”+ 39  Toe het die priester Eleaʹsar die kopervuurbakke geneem,+ wat dié wat verbrand is, aangebied het, en hulle het dit plat geslaan as ’n oortreksel vir die altaar, 40  as ’n gedagtenis vir die kinders van Israel, sodat geen vreemde+ man, wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nader sou kom om reukwerk voor Jehovah te laat rook nie,+ en sodat niemand soos Korag en sy vergadering sou word nie,+ net soos Jehovah vir hom deur middel van Moses gesê het. 41  En die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron begin murmureer+ en gesê: “Julle, julle het Jehovah se volk doodgemaak.” 42  En toe die vergadering teen Moses en Aäron bymekaargekom het, het hulle hulle na die tent van samekoms gedraai; en kyk! die wolk het dit bedek, en Jehovah se heerlikheid het begin verskyn.+ 43  En Moses en Aäron het tot voor die tent van samekoms gekom.+ 44  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 45  “STAAN OP uit die midde van hierdie vergadering, sodat ek hulle in ’n oomblik kan uitroei.”+ Hierop het hulle op hulle gesig geval.+ 46  Daarna het Moses vir Aäron gesê: “Neem die vuurbak en sit vuur van die altaar daarin+ en plaas reukwerk daarop en gaan gou na die vergadering toe en doen versoening vir hulle,+ want verontwaardiging het van die aangesig van Jehovah uitgegaan.+ Die plaag het begin!” 47  Aäron het dit dadelik geneem, net soos Moses gesê het, en tussen die gemeente in gehardloop; en kyk! die plaag het onder die volk begin. Toe het hy die reukwerk daarop geplaas en vir die volk versoening begin doen. 48  En hy het tussen die dooies en die lewendes bly staan.+ Uiteindelik is die plaag gestuit.+ 49  En dié wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, benewens dié wat weens Korag gesterf het. 50  Toe Aäron uiteindelik na Moses by die ingang van die tent van samekoms terugkeer, was die plaag gestuit.

Voetnote