Numeri 17:1-13

17  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke vaderhuis een staf+ van al hulle owerstes,+ volgens die huis van hulle vaders, twaalf stawwe. Jy moet die naam van elkeen op sy staf skryf.  En Aäron se naam moet jy op Levi se staf skryf, want daar is een staf vir die hoof van die huis van hulle vaders.  En jy moet hulle in die tent van samekoms voor die Getuienis+ neersit, waar ek my gereeld voor julle stel.+  En die man wat ek sal uitkies,+ sy staf sal bot, en ek sal beslis die murmureringe+ van die kinders van Israel teen my, wat hulle teen julle murmureer,+ laat stil word.”  Toe het Moses met die kinders van Israel gepraat, en al hulle owerstes het vir hom ’n staf vir elke owerste gegee, ’n staf vir elke owerste volgens die huis van hulle vaders, twaalf stawwe;+ en Aäron se staf was tussen hulle stawwe.+  Daarna het Moses die stawwe voor Jehovah in die tent van die Getuienis+ neergesit.  En die volgende dag toe Moses in die tent van die Getuienis ingaan, kyk! daar het Aäron se staf vir die huis van Levi gebot, en dit het knoppe en bloeisels voortgebring en ryp amandels gedra.  Moses het toe al die stawwe wat voor Jehovah was, na al die kinders van Israel uitgebring, en hulle het gekyk en elke man sy staf geneem. 10  Daarna het Jehovah vir Moses gesê: “Sit Aäron se staf+ terug voor die Getuienis as iets wat bewaar moet word as ’n teken+ vir die kinders van opstandigheid,+ sodat hulle murmureringe teen my kan ophou, dat hulle nie sterf nie.” 11  Dadelik het Moses gedoen net soos Jehovah hom beveel het. Hy het net so gedoen. 12  En die kinders van Israel het vir Moses begin sê: “Nou sal ons sekerlik sterf, ons sal sekerlik vergaan, ons almal sal sekerlik vergaan.+ 13  Elkeen wat nader kom,+ wat naby Jehovah se tabernakel kom, sal sterf!+ Moet die uiteinde vir ons dan wees dat ons so sterf?”+

Voetnote