Numeri 18:1-32

18  En Jehovah het vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou sal verantwoording doen vir ’n oortreding teen die heiligdom,+ en jy en jou seuns saam met jou sal verantwoording doen vir ’n oortreding teen julle priesterskap.+  En laat ook jou broers van die stam Levi, die stamgroep van jou vader, saam met jou nader kom, sodat hulle by jou kan aansluit en jou kan dien,+ jou sowel as jou seuns saam met jou, voor die tent van die Getuienis.+  En hulle moet hulle verpligting teenoor jou en hulle verpligting ten opsigte van die hele tent nakom.+ Maar naby die voorwerpe van die heiligdom en die altaar mag hulle nie kom nie, sodat hulle nie sterf nie,+ nie hulle of julle nie.  En hulle moet by jou aansluit en hulle verpligting ten opsigte van die tent van samekoms nakom wat al die dienswerk van die tent betref, en geen vreemdeling mag nader kom na julle toe nie.+  En julle moet julle verpligting ten opsigte van die heiligdom+ en julle verpligting ten opsigte van die altaar nakom,+ sodat daar verder geen verontwaardiging+ oor die kinders van Israel kom nie.  En ek, kyk! ek het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem+ as ’n geskenk vir julle,+ as gegewenes aan Jehovah om die diens van die tent van samekoms te verrig.+  En jy en jou seuns saam met jou moet julle priesterskap bewaar met betrekking tot alles wat met die altaar verband hou en wat binne die voorhangsel is;+ en julle moet diens verrig.+ As ’n diens wat ’n geskenk is, sal ek julle priesterskap gee, en die vreemdeling wat nader kom, moet doodgemaak word.”+  En Jehovah het verder met Aäron gepraat: “Kyk! Ek het die sorg van die bydraes wat aan my gegee word, aan jou opgedra.+ Van al die heilige dinge van die kinders van Israel het ek dit aan jou en aan jou seuns as ’n aandeel gegee, as ’n toegewese deel tot onbepaalde tyd.+  Uit die hoogheilige dinge, uit die vuuroffer, moet dít joune word: al hulle offers saam met al hulle graanoffers+ en al hulle sondoffers+ en al hulle skuldoffers,+ wat hulle aan my sal teruggee. Dit is iets hoogheiligs vir jou en vir jou seuns. 10  In ’n hoogheilige plek moet jy dit eet.+ Almal wat manlik is, moet dit eet.+ Dit moet iets heiligs vir jou word.+ 11  En dít behoort aan jou: die bydrae+ van hulle gawe saam met al die beweegoffers+ van die kinders van Israel. Ek het dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou gegee,+ as ’n toegewese deel tot onbepaalde tyd. Elkeen in jou huis wat rein is, mag dit eet.+ 12  “Al die beste van die olie en al die beste van die nuwe wyn en die graan, die eerstelinge daarvan,+ wat hulle aan Jehovah sal gee, dit het ek aan jou gegee.+ 13  Die eerste ryp vrugte van alles wat op hulle land is, wat hulle vir Jehovah sal bring, moet joune word.+ Elkeen in jou huis wat rein is, mag dit eet. 14  “Alles in Israel wat gewy is, moet joune word.+ 15  “Alles wat die moederskoot open,+ van elke soort vlees, wat hulle vir Jehovah sal aanbied, onder die mense en onder die diere, kom jou toe. Jy moet egter die eersgeborene van die mense vir seker loskoop;+ en die eersgeborene van die onrein diere moet jy loskoop.+ 16  En met ’n loskoopprys daarvoor moet jy dit vanaf ’n maand oud loskoop, volgens die geskatte waarde, vyf sikkels silwer volgens die sikkel van die heiligdom.+ Dit is twintig gera.+ 17  Maar die eersgebore bul of die eersgebore ramlam of die eersgebore bok moet jy nie loskoop nie.+ Hulle is iets heiligs. Hulle bloed+ moet jy op die altaar sprinkel, en hulle vet moet jy laat rook as ’n vuuroffer vir ’n rustige geur aan Jehovah.+ 18  En hulle vleis moet joune word. Soos die bors van die beweegoffer en soos die regterboud moet dit joune word.+ 19  Al die heilige bydraes,+ wat die kinders van Israel aan Jehovah sal bydra, het ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou gegee, as ’n toegewese deel tot onbepaalde tyd.+ Dit is ’n soutverbond tot onbepaalde tyd voor Jehovah, vir jou en jou nageslag saam met jou.”+ 20  En Jehovah het verder vir Aäron gesê: “In hulle land sal jy nie ’n erfdeel hê nie, en geen deel onder hulle sal joune word nie.+ Ek is jou deel en jou erfdeel onder die kinders van Israel.+ 21  “En kyk! aan die kinders van Levi het ek al die tiendes+ in Israel as ’n erfdeel gegee as beloning vir hulle diens wat hulle verrig, die diens van die tent van samekoms. 22  En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms en daardeur sonde op hulle laai sodat hulle sterf nie.+ 23  En die Leviete moet die diens van die tent van samekoms verrig, en húlle moet verantwoording doen vir hulle oortreding.+ Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd in julle geslagte dat hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel in besit moet kry nie.+ 24  Want die tiende van die kinders van Israel, wat hulle as ’n bydrae aan Jehovah sal bydra, het ek aan die Leviete as ’n erfdeel gegee. Daarom het ek vir hulle gesê: ‘Hulle moet geen erfdeel onder die kinders van Israel in besit kry nie.’”+ 25  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 26  “En jy moet met die Leviete praat, en jy moet vir hulle sê: ‘Julle sal van die kinders van Israel die tiende ontvang wat ek aan julle van hulle as julle erfdeel gegee het,+ en julle moet daarvan as ’n bydrae aan Jehovah ’n tiende van die tiende bydra.+ 27  En dit moet julle as julle bydrae toegereken word, soos die graan van die dorsvloer+ en soos die volle opbrengs van die wyn- of oliepers. 28  So moet julle ook ’n bydrae aan Jehovah uit al julle tiendes bydra wat julle van die kinders van Israel sal ontvang, en daarvan moet julle die bydrae aan Jehovah vir die priester Aäron gee. 29  Van alles wat aan julle geskenk word, moet julle elke soort bydrae aan Jehovah bydra, van die allerbeste daarvan,+ as iets heiligs daarvan.’ 30  “En jy moet vir hulle sê: ‘Wanneer julle die beste daarvan bydra,+ dan sal dit die Leviete beslis toegereken word as die opbrengs van die dorsvloer en as die opbrengs van die wyn- of oliepers. 31  En julle moet dit op elke plek eet, julle en julle huisgesin, want dit is julle loon as beloning vir julle diens in die tent van samekoms.+ 32  En julle moet geen sonde daarvoor op julle laai nie, deur die beste daarvan by te dra, en julle moet die heilige dinge van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterf nie.’”+

Voetnote