Numeri 19:1-22

19  En Jehovah het met Moses en Aäron gepraat en gesê:  “Dít is ’n wetsinsetting wat Jehovah beveel het deur te sê: ‘Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ’n rooi koei sonder gebrek+ moet bring, waaraan geen liggaamsgebrek is nie en waarop geen juk gekom het nie.+  En julle moet dit vir die priester Eleaʹsar gee, en hy moet dit buite die kamp uitlei, en dit moet voor hom geslag word.  Dan moet die priester Eleaʹsar van die bloed daarvan met sy vinger neem en van die bloed sewe keer in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms spat.+  En die koei moet voor sy oë verbrand word. Die vel en die vleis en die bloed daarvan, saam met die mis, moet verbrand word.+  En die priester moet sederhout+ en hisop+ en karmosynrooi+ stof neem en dit op die brandende koei gooi.  En die priester moet sy klere was en sy vlees in water bad, en daarna mag hy in die kamp inkom; maar die priester sal tot die aand toe onrein wees.  “‘En die een wat dit verbrand het, moet sy klere in water was en sy vlees in water bad,+ en hy sal tot die aand toe onrein wees.  “‘En ’n rein man moet die as+ van die koei bymekaarmaak en dit buite die kamp op ’n rein plek neersit; en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel dien as iets wat bewaar moet word vir die reinigingswater.+ Dit is ’n sondoffer. 10  En die een wat die as van die koei bymekaarmaak, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees.+ “‘En dit moet vir die kinders van Israel en die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder hulle woon, dien as ’n insetting tot onbepaalde tyd.+ 11  Wie aan die lyk van enige mensesiel raak,+ sal dan sewe dae onrein wees.+ 12  So iemand moet hom op die derde dag daarmee reinig,+ en op die sewende dag sal hy rein wees. Maar as hy hom nie op die derde dag reinig nie, dan sal hy nie op die sewende dag rein wees nie. 13  Elkeen wat aan ’n lyk, die siel van enige mens wat gesterf het, raak en wat hom nie reinig nie, het Jehovah se tabernakel verontreinig,+ en dié siel moet uit Israel uitgeroei word.+ Omdat die reinigingswater+ nie op hom gesprinkel is nie, bly hy onrein. Sy onreinheid is nog op hom.+ 14  “‘Dít is die wet as ’n mens in ’n tent sterf: Elkeen wat in die tent inkom, en elkeen wat in die tent is, sal sewe dae onrein wees. 15  En elke oop houer+ waarop daar geen deksel vasgebind is nie, is onrein. 16  En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat met die swaard omgebring is,+ of aan ’n lyk of ’n mensbeen+ of ’n graf, sal sewe dae onrein wees. 17  En vir die onreine moet hulle van die stof neem van die sondoffer wat verbrand is en in ’n houer lopende water daarop gooi. 18  Dan moet ’n rein man+ hisop+ neem en dit in die water doop en daarmee op die tent spat en op al die houers en die siele wat daar was en op hom wat aan die been of aan die een wat omgebring is of die lyk of die graf geraak het. 19  En die rein persoon moet daarmee op die derde dag en op die sewende dag op die onreine spat en moet hom op die sewende dag van sonde reinig;+ en hy moet sy klere was en in water bad, en hy sal in die aand rein wees. 20  “‘Maar die mens wat onrein is en wat hom nie reinig nie, wel, dié siel moet uitgeroei word+ onder die gemeente uit, want hy het Jehovah se heiligdom verontreinig. Die reinigingswater is nie op hom gesprinkel nie. Hy is onrein. 21  “‘En dit moet vir hulle as ’n insetting tot onbepaalde tyd dien, dat die een wat die reinigingswater spat, sy klere moet was,+ asook die een wat aan die reinigingswater raak. Hy sal tot die aand toe onrein wees. 22  En alles waaraan die onreine raak, sal onrein wees,+ en die siel wat daaraan raak, sal tot die aand toe onrein wees.’”+

Voetnote