Numeri 2:1-34

2  Jehovah het toe met Moses en Aäron gepraat en gesê:  “Die kinders van Israel moet kamp opslaan, elke man volgens sy driestamafdeling,+ volgens die tekens vir die huis van hulle vaders. Hulle moet rondom regoor die tent van samekoms kamp opslaan.  “En dié wat aan die oostekant kamp opslaan, teen die sonsopgang, moet die driestamafdeling van die kamp van Juda volgens hulle leërs wees, en die owerste van die kinders van Juda is Nagson,+ die seun van Amminaʹdab.  En sy leër en hulle geregistreerdes is vier-en-sewentigduisend-seshonderd.+  En dié wat langs hom kamp opslaan, moet die stam Isʹsaskar+ wees, en die owerste van die kinders van Isʹsaskar is Netaʹnel,+ die seun van Suar.  En sy leër en sy geregistreerdes is vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.+  En die stam Seʹbulon; en die owerste van die kinders van Seʹbulon is Eliʹab,+ die seun van Helon.  En sy leër en sy geregistreerdes is sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd.+  “Al die geregistreerdes van die kamp van Juda is honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërs. Hulle moet eerste wegtrek.+ 10  “Die driestamafdeling van die kamp van Ruben+ moet aan die suidekant volgens hulle leërs wees, en die owerste van die kinders van Ruben is Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 11  En sy leër en sy geregistreerdes is ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.+ 12  En dié wat langs hom kamp opslaan, moet die stam Siʹmeon wees, en die owerste van die kinders van Siʹmeon is Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 13  En sy leër en hulle geregistreerdes is nege-en-vyftigduisend-driehonderd.+ 14  En die stam Gad; en die owerste van die kinders van Gad is Elʹjasaf,+ die seun van Reʹhuel. 15  En sy leër en hulle geregistreerdes is vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.+ 16  “Al die geregistreerdes van die kamp van Ruben is honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërs, en hulle moet tweede wegtrek.+ 17  “Wanneer die tent van samekoms+ moet wegtrek, moet die kamp van die Leviete+ in die middel van die kampe wees. “Net soos hulle kamp moet opslaan, so moet hulle wegtrek,+ elkeen op sy plek, volgens hulle driestamafdelings. 18  “Die driestamafdeling van die kamp van Eʹfraim+ volgens hulle leërs moet aan die westekant wees, en die owerste van die kinders van Eʹfraim is Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 19  En sy leër en hulle geregistreerdes is veertigduisend-vyfhonderd.+ 20  En langs hom moet die stam Manasʹse+ wees, en die owerste van die kinders van Manasʹse is Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 21  En sy leër en hulle geregistreerdes is twee-en-dertigduisend-tweehonderd.+ 22  En die stam Benjamin;+ en die owerste van die kinders van Benjamin is Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 23  En sy leër en hulle geregistreerdes is vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.+ 24  “Al die geregistreerdes van die kamp van Eʹfraim is honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërs, en hulle moet derde wegtrek.+ 25  “Die driestamafdeling van die kamp van Dan moet aan die noordekant volgens hulle leërs wees, en die owerste van die kinders van Dan is Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 26  En sy leër en hulle geregistreerdes is twee-en-sestigduisend-sewehonderd.+ 27  En dié wat langs hom kamp opslaan, moet die stam Aser wees, en die owerste van die kinders van Aser is Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 28  En sy leër en hulle geregistreerdes is een-en-veertigduisend-vyfhonderd.+ 29  En die stam Nafʹtali;+ en die owerste van die kinders van Nafʹtali is Ahiʹra,+ die seun van Enan. 30  En sy leër en hulle geregistreerdes is drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.+ 31  “Al die geregistreerdes van die kamp van Dan is honderd-sewe-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste wegtrek+—volgens hulle driestamafdelings.” 32  Dit was die geregistreerdes van die kinders van Israel volgens die huis van hulle vaders; al die geregistreerdes van die kampe volgens hulle leërs was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+ 33  Maar die Leviete is nie onder die kinders van Israel geregistreer nie,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 34  En die kinders van Israel het gedoen volgens alles wat Jehovah Moses beveel het.+ So het hulle volgens hulle driestamafdelings kamp opgeslaan,+ en so het hulle weggetrek,+ elkeen volgens sy families, volgens die huis van sy vaders.

Voetnote