Numeri 21:1-35

21  En die Kanaäniet, die koning van Arad,+ wat in die Negeb+ gewoon het, het te hore gekom dat Israel met die pad van Aʹtarim gekom het, en hy het begin om teen Israel te veg en party van hulle as gevangenes weg te voer.  Gevolglik het Israel ’n gelofte aan Jehovah gedoen en gesê:+ “As u hierdie volk vir seker in my hand gee, dan sal ek hulle stede beslis aan vernietiging oorgee.”+  Toe het Jehovah na Israel se stem geluister en die Kanaäniete oorgegee; en hulle het hulle en hulle stede aan vernietiging oorgegee. Daarom het hulle die plek Horma genoem.+  Terwyl hulle verder getrek het van die berg Hor+ af met die pad van die Rooi See, sodat hulle om die land Edom kon trek,+ het die siel van die volk weens die pad moeg begin raak.  En die volk het teen God+ en Moses bly praat:+ “Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om in die wildernis te sterf?+ Want daar is geen brood en geen water nie,+ en ons siel het ’n afsku gekry van die veragtelike brood.”+  Toe het Jehovah giftige slange+ onder die volk ingestuur, en hulle het die volk bly byt, sodat baie mense van Israel gesterf het.+  Uiteindelik het die volk na Moses toe gekom en gesê: “Ons het gesondig,+ want ons het teen Jehovah en teen u gepraat. Doen vir ons voorspraak by Jehovah sodat hy die slange van ons verwyder.”+ En Moses het vir die volk voorspraak gedoen.+  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Maak vir jou ’n vurige slang en sit dit op ’n paal. En wanneer iemand gebyt is, dan moet hy daarna kyk en so bly lewe.”+  Moses het dadelik ’n koperslang+ gemaak en dit op die paal gesit;+ en as ’n slang iemand gebyt het en hy sy blik op die koperslang gerig het,+ dan het hy bly lewe.+ 10  Daarna het die kinders van Israel weggetrek en in Obot kamp opgeslaan.+ 11  Toe het hulle van Obot af weggetrek en in Ije-Abaʹrim kamp opgeslaan,+ in die wildernis wat teenoor die voorkant van Moab lê, teen die sonsopgang. 12  Daarvandaan het hulle weggetrek en by die Seredstroomvallei+ kamp opgeslaan. 13  Daarvandaan het hulle weggetrek en kamp opgeslaan in die streek van die Arnon,+ wat in die wildernis is wat van die grens van die Amoriete af strek; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete. 14  Daarom word in die boek van die Oorloë van Jehovah gesê: “Waheb in Sufa en die stroomvalleie van die Arnon, 15  en die monding van die stroomvalleie, wat in die rigting van die setel Ar+ afbuig en teen die grens van Moab aanleun.” 16  En daarvandaan verder na Beër.+ Dit is die put waarvan Jehovah vir Moses gesê het: “Versamel die volk, en laat ek vir hulle water gee.”+ 17  Toe het Israel hierdie lied gesing:+“Wel op, o put! BESING dit in wisselsang! 18  ’n Put—vorste het dit gegrawe. Die edeles van die volk het dit gedelf,Met ’n aanvoerderstaf,+ met hulle eie stawwe.” Daarna van die wildernis na Mattaʹna. 19  En van Mattaʹna na Nahaʹliël, en van Nahaʹliël na Bamot.+ 20  En van Bamot na die vallei wat in die gebied van Moab lê,+ by die top van Pisga,+ en dit kyk uit oor Jeʹsimon.+ 21  Israel het toe boodskappers na Sihon,+ die koning van die Amoriete, gestuur en gesê: 22  “Laat my deur u land trek. Ons sal nie na die lande of wingerde afdraai nie. Ons sal nie water uit putte drink nie. Op die koningsweg sal ons gaan totdat ons deur u gebied getrek het.”+ 23  En Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy gebied te trek nie,+ maar Sihon het al sy manskappe versamel en Israel in die wildernis tegemoetgetrek, en hy het by Jahas+ gekom en teen Israel begin veg. 24  Daarop het Israel hom met die skerpte van die swaard geslaan+ en sy land in besit geneem+ van die Arnon+ af tot by die Jabbok,+ naby die kinders van Ammon; want Jaser+ is die grens van die kinders van Ammon.+ 25  So het Israel al hierdie stede geneem, en Israel het in al die stede van die Amoriete+ begin woon, in Hesbon+ en al sy afhanklike dorpe. 26  Want Hesbon was die stad van Sihon.+ Hy was die koning van die Amoriete,+ en hy het vroeër teen die koning van Moab geveg en sy hele land tot by die Arnon+ uit sy hand geneem. 27  Daarom het die voordraers van spotgedigte gesê: “Kom na Hesbon.Laat die stad van Sihon gebou word en stewig gevestig wees. 28  Want ’n vuur het uit Hesbon uitgegaan,+ ’n vlam uit die stad van Sihon.Dit het Ar+ van Moab verteer, die eienaars van die hoogtes van die Arnon. 29  Wee jou, Moab! Jy sal beslis vergaan, o volk van Kamos!+Hy sal beslis sy seuns as vlugtelinge en sy dogters in gevangenskap aan Sihon, die koning van die Amoriete, gee. 30  Laat ons dus op hulle skiet.Hesbon sal beslis tot by Dibon+ vergaan,En die vroue tot by Nofag, die manne tot by Medeʹba.”+ 31  En Israel het in die land van die Amoriete+ begin woon. 32  Toe het Moses Jaser+ laat verken. En hulle het sy afhanklike dorpe ingeneem en die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdryf.+ 33  Daarna het hulle weggedraai en met die pad van Basan opgetrek.+ Hierop het Og,+ die koning van Basan, hulle tegemoetgetrek, hy en al sy manskappe, na die geveg by Edreʹï.+ 34  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie,+ want ek sal hom en sy hele volk en sy land beslis in jou hand gee;+ en jy moet met hom doen net soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.”+ 35  Toe het hulle hom en sy seuns en sy hele volk verslaan, totdat daar vir hom geen oorlewende oorgebly het nie;+ en hulle het sy land in besit geneem.+

Voetnote