Numeri 23:1-30

23  Toe het Biʹleam vir Balak gesê: “Bou vir my op hierdie plek sewe altare+ en maak vir my op hierdie plek sewe bulle en sewe ramme gereed.”  Balak het dadelik gedoen net soos Biʹleam gesê het. Daarna het Balak en Biʹleam ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.+  En Biʹleam het vir Balak gesê: “Bly staan by jou brandoffer+ en laat my gaan. Miskien sal Jehovah met my in aanraking kom en my ontmoet.+ In daardie geval sal ek jou beslis alles meedeel wat hy my toon.” En hy het na ’n kaal heuwel gegaan.  Toe God met Biʹleam in aanraking kom,+ het hy vir Hom gesê: “Ek het die sewe altare in rye geplaas, en ek het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.”+  Gevolglik het Jehovah ’n woord in die mond van Biʹleam gelê+ en gesê: “Keer terug na Balak, en dit moet jy sê.”+  En hy het na hom toe teruggekeer, en kyk! hy en al die vorste van Moab het by sy brandoffer gestaan.  Toe het hy sy spreuk+ aangehef en gesê: “Uit Aram+ het Balak, die koning van Moab, my probeer lei,Uit die berge van die ooste:‘Kom tog, vervloek Jakob tog vir my.Ja, kom tog, veroordeel Israel.’+   Hoe sou ek dié kon vervloek wat God nie vervloek het nie?+En hoe sou ek dié kon veroordeel wat Jehovah nie veroordeel het nie?+   Want van die top van die rotse af sien ek hulle,En van die heuwels af aanskou ek hulle.Kyk, as ’n volk bly hulle afgesonderd woon,+En onder die nasies reken hulle hulleself nie.+ 10  Wie het die stofdeeltjies van Jakob getel,+En wie het ’n kwart van Israel bereken?Laat my siel die dood van die regskapenes sterf,+En laat my einde later soos hulle s’n wees.”+ 11  Hierop het Balak vir Biʹleam gesê: “Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vervloek, en kyk, jy het hulle tot die uiterste toe geseën.”+ 12  En hy het geantwoord en gesê: “Moet ek nie sorg dat ek alles sê wat Jehovah in my mond lê nie?”+ 13  Toe het Balak vir hom gesê: “Kom tog asseblief saam met my na ’n ander plek van waar jy hulle kan sien. Net die buitenste rand van hulle sal jy sien,+ en jy sal hulle almal nie sien nie. En vervloek hulle daarvandaan vir my.”+ 14  Toe het hy hom na die veld Sofim geneem, na die top van Pisga,+ en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.+ 15  Daarna het hy vir Balak gesê: “Bly staan hier by jou brandoffer, en laat ek daar met hom in aanraking kom.” 16  Toe het Jehovah met Biʹleam in aanraking gekom en ’n woord in sy mond gelê en gesê:+ “Keer terug na Balak toe,+ en dit moet jy sê.” 17  En hy het by hom gekom, en kyk! hy het by sy brandoffer gestaan, en die vorste van Moab by hom. Toe het Balak vir hom gesê: “Wat het Jehovah gesê?” 18  Hierop het hy sy spreuk aangehef en gesê:+ “Staan op, Balak, en luister.Luister tog na my, o seun van Sippor.+ 19  God is nie ’n mens dat hy leuens sou vertel nie,+Ook nie ’n mensekind dat hy sou spyt voel nie.+Het hy dit gesê en sal hy dit nie doen nie,En het hy gespreek en sal hy dit nie uitvoer nie?+ 20  Kyk! Ek is gehaal om te seën,En Hy het geseën,+ en ek sal dit nie herroep nie.+ 21  Hy het geen towerkrag+ teen Jakob aanskou nie,En geen moeilikheid het hy vir Israel gesien nie.Jehovah sy God is met hom,+En die luide begroeting van ’n koning is in sy midde. 22  God lei hulle uit Egipte uit.+Hy het ’n vinnige gang soos dié van ’n wilde bul.+ 23  Want daar is geen ongelukkige towerspreuk teen Jakob nie,+Ook geen waarsêery teen Israel nie.+Op dié tydstip kan daar van Jakob en Israel gesê word:‘Wat het God bewerk!’+ 24  Kyk, ’n volk sal opstaan soos ’n leeu,En soos die leeu sal hy hom verhef.+Hy sal nie gaan lê voordat hy prooi kan eet nie,En die bloed van gesneuweldes sal hy drink.”+ 25  Hierop het Balak vir Biʹleam gesê: “As jy hom aan die een kant glad nie kan vervloek nie, dan moet jy hom aan die ander kant glad nie seën nie.” 26  En Biʹleam het geantwoord en vir Balak gesê: “Het ek nie met jou gepraat en gesê: ‘Alles wat Jehovah sê, dit sal ek doen’ nie?”+ 27  Toe het Balak vir Biʹleam gesê: “Kom tog asseblief. Laat ek jou na nog ’n ander plek neem. Miskien sal dit reg wees in die oë van die ware God sodat jy hom daarvandaan beslis vir my sal vervloek.”+ 28  Daarop het Balak Biʹleam na die top van Peor geneem, wat oor Jeʹsimon uitkyk.+ 29  Toe het Biʹleam+ vir Balak gesê: “Bou vir my op hierdie plek sewe altare en maak vir my op hierdie plek sewe bulle en sewe ramme gereed.”+ 30  En Balak het gedoen net soos Biʹleam gesê het, en hy het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.+

Voetnote