Numeri 24:1-25

24  Toe Biʹleam sien dat dit goed was in die oë van Jehovah om Israel te seën, het hy nie soos die ander kere weggegaan+ om ongelukkige voortekens+ te soek nie, maar hy het sy gesig na die wildernis gekeer.  Toe Biʹleam sy oë opslaan en Israel volgens sy stamme sien woon,+ het die gees van God op hom gekom.+  Hy het derhalwe sy spreuk aangehef+ en gesê: “Die woord van Biʹleam, die seun van Beor,En die woord van die man met die geopende oog,+   Die woord van die een wat die woorde van God hoor,+Wat ’n visioen van die Almagtige gesien het+Terwyl hy met geopende oë neerval:+   Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!+   Soos stroomvalleie het hulle hulle ver uitgestrek,+Soos tuine by die rivier.+Soos aalwynplante wat Jehovah geplant het,Soos seders by die waters.+   Water bly uit sy twee leeremmers drup,En sy saad is by baie waters.+Ook sal sy koning+ hoër as Agag wees,+En sy koninkryk sal verhef word.+   God lei hom uit Egipte uit;Hy het die vinnige gang van ’n wilde bul.+Hy sal die nasies, sy onderdrukkers, verteer,+En hulle gebeente sal hy kou,+ en hy sal hulle met sy pyle verbrysel.+   Hy het gebuig, hy het soos die leeu gaan lê,En, soos ’n leeu, wie durf hom opjaag?+Dié wat jou seën, is die geseëndes,+En dié wat jou vervloek, is die vervloektes.”+ 10  Daarop het Balak se toorn teen Biʹleam ontvlam en het hy sy hande geklap,+ en Balak het vir Biʹleam gesê: “Ek het jou geroep om my vyande te vervloek,+ en kyk! jy het hulle nou al drie keer tot die uiterste toe geseën. 11  En maak dan nou dat jy wegkom na jou plek. Ek het by myself gesê dat ek jou vir seker gaan eer,+ maar kyk! Jehovah het jou die eer ontsê.” 12  Hierop het Biʹleam vir Balak gesê: “Het ek nie ook met jou boodskappers wat jy na my toe gestuur het, gepraat en gesê nie: 13  ‘Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek sal die bevel van Jehovah nie kan oortree om iets goeds of slegs uit my eie hart te doen nie. Alles wat Jehovah sê, dit sal ek sê’?+ 14  En nou, kyk, ek gaan weg na my volk toe. Kom tog, laat ek jou meedeel+ wat hierdie volk jou volk later, aan die einde van die dae, sal aandoen.”+ 15  Toe het hy sy spreuk aangehef+ en gesê: “Die woord van Biʹleam, die seun van Beor,En die woord van die man met die geopende oog,+ 16  Die woord van die een wat die woorde van God hoor,+En die een wat die kennis van die Allerhoogste ken—’n Visioen van die Allerhoogste het hy gesien+Terwyl hy met geopende oë neerval:+ 17  Ek sal hom sien,+ maar nie nou nie;Ek sal hom aanskou, maar nie van naby nie.’n Ster+ sal beslis uit Jakob te voorskyn tree,En ’n septer sal inderdaad uit Israel opkom.+En hy sal beslis die slape van Moab se hoof verpletter+En die skedel van al die kinders van oorlogsrumoer. 18  En Edom moet ’n besitting word,+Ja, Seïr+ moet die besitting van sy vyande word,+Terwyl Israel sy moed toon. 19  En uit Jakob sal iemand gaan oorwin,+En hy moet elke oorlewende uit die stad vernietig.”+ 20  Toe hy Aʹmalek sien, het hy sy spreuk voortgesit en gesê:+ “Aʹmalek was die eerste van die nasies,+Maar sy uiteinde sal wees dat hy vergaan.”+ 21  Toe hy die Keniete+ sien, het hy sy spreuk voortgesit en gesê: “Blywend is jou woonplek, en op die krans is jou woning geplaas. 22  Maar daar sal iemand kom om Kajin+ te verbrand.Hoe lank sal dit wees voordat Assiʹrië jou gevange wegvoer?”+ 23  En hy het sy spreuk voortgesit en gesê:“Wee! Wie sal bly lewe wanneer God dit veroorsaak?+ 24  En daar sal skepe van die kus van Kittim af wees,+En hulle sal Assiʹrië beslis teister,+En hulle sal Eber inderdaad teister.Maar ook hy sal uiteindelik vergaan.” 25  Daarna het Biʹleam opgestaan en weggegaan en na sy plek teruggekeer.+ En Balak het ook weggegaan.

Voetnote