Numeri 25:1-18

25  En Israel het in Sittim gebly.+ Toe het die volk onsedelike gemeenskap met die dogters van Moab begin hou.+  En die vroue het die volk na die offerandes van hulle gode kom uitnooi,+ en die volk het begin eet en hulle voor hulle gode neergebuig.+  So het Israel hom aan die Baäl van Peor verbind;+ en die toorn van Jehovah het teen Israel ontvlam.+  Jehovah het derhalwe vir Moses gesê: “Neem al die hoofde van die volk en vertoon hulle voor Jehovah+ na die son toe, sodat die brandende toorn van Jehovah van Israel kan wyk.”  Toe het Moses vir die regters van Israel gesê:+ “Maak elkeen van julle sy manne dood+ wat hulle aan die Baäl van Peor verbind het.”  Maar kyk! ’n man+ van die kinders van Israel het gekom, en hy het ’n Midianitiese vrou+ naby sy broers gebring voor Moses se oë en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle by die ingang van die tent van samekoms gehuil het.  Toe Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy dadelik uit die midde van die vergadering opgestaan en ’n lans in sy hand geneem.  Vervolgens het hy agter die man van Israel aan gegaan tot in die gewelfde tent en hulle albei deurboor, die man van Israel en die vrou, deur haar geslagsdele. Daarop is die plaag onder die kinders van Israel gestuit.+  En dié wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.+ 10  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 11  “Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, het my gramskap van die kinders van Israel afgewend+ deurdat hy hoegenaamd geen mededinging teen my onder hulle geduld het nie,+ sodat ek die kinders van Israel in my aandrang op uitsluitlike toegewydheid+ nie uitgeroei het nie. 12  Sê derhalwe: ‘Kyk, ek gee hom my vredesverbond. 13  En dit moet vir hom en sy nageslag ná hom dien as die verbond van ’n priesterskap tot onbepaalde tyd,+ omdat hy geen mededinging teen sy God geduld het nie+ en vir die kinders van Israel versoening gedoen het.’”+ 14  Terloops, die naam van die Israelitiese man wat doodgemaak is, wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, was Simri, die seun van Salu, ’n owerste+ van ’n vaderhuis van die Simeoniete. 15  En die naam van die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, was Kosbi, die dogter van Sur;+ hy was ’n hoof van die stamgroepe van ’n vaderhuis in Miʹdian.+ 16  Later het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 17  “Laat die Midianiete geteister word, en julle moet hulle verslaan,+ 18  want hulle teister julle met hulle listige dade+ wat hulle op listige wyse teen julle gepleeg het in die aangeleentheid van Peor+ en in die aangeleentheid van Kosbi,+ die dogter van ’n owerste van Midian, hulle suster, wat doodgemaak is+ op die dag van die plaag weens die aangeleentheid van Peor.”+

Voetnote