Numeri 27:1-23

27  Toe het die dogters van Selofʹhad,+ die seun van Hefer, die seun van Giʹlead, die seun van Magir, die seun van Manasʹse,+ van die families van Manasʹse, die seun van Josef, nader gekom. En dít was die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa.+  En hulle het voor Moses en voor die priester Eleaʹsar+ en voor die owerstes en die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms gaan staan en gesê:  “Ons vader het in die wildernis gesterf,+ en tog was hy nie onder die vergadering, dit wil sê dié wat teen Jehovah versamel het in die vergadering van Korag nie,+ maar hy het weens sy eie sonde gesterf;+ en hy het geen seuns gehad nie.  Waarom sou die naam van ons vader uit sy familie weggeneem word omdat hy geen seun gehad het nie?+ Gee tog vir ons ’n besitting onder ons vader se broers.”+  Daarop het Moses hulle saak voor Jehovah gebring.+  Jehovah het toe vir Moses gesê:  “Die dogters van Selofʹhad het gelyk. Jy moet hulle vir seker ’n erflike besitting onder hulle vader se broers gee, en jy moet hulle vader se erfdeel op hulle laat oorgaan.+  En met die kinders van Israel moet jy praat en sê: ‘As iemand sterf sonder dat hy ’n seun het, dan moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.  En as hy geen dogter het nie, dan moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. 10  En as hy geen broers het nie, dan moet julle sy erfdeel aan sy vader se broers gee. 11  En as sy vader geen broers het nie, dan moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee+ wat naaste aan hom is van sy familie, en hy moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel dien as ’n insetting ingevolge ’n regterlike beslissing, net soos Jehovah Moses beveel het.’” 12  Daarna het Jehovah vir Moses gesê: “Klim op teen hierdie Abaʹrimgebergte+ en sien die land wat ek beslis aan die kinders van Israel sal gee.+ 13  Wanneer jy dit gesien het, dan sal jy tot jou volk versamel word,+ ja jy, net soos jou broer Aäron versamel is,+ 14  aangesien julle in die wildernis Zin, toe die vergadering rusie gemaak het,+ in opstand gekom het teen my bevel om my by die waters voor hulle oë te heilig.+ Dit is die waters van Meʹriba+ by Kades+ in die wildernis Zin.”+ 15  Toe het Moses met Jehovah gepraat en gesê: 16  “Laat Jehovah, die God van die geeste+ van elke soort vlees,+ ’n man oor die vergadering aanstel+ 17  wat voor hulle sal uitgaan en wat voor hulle sal inkom en wat hulle sal uitlei en wat hulle sal inlei,+ sodat Jehovah se vergadering nie word soos skape wat geen herder het nie.”+ 18  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ’n man in wie gees is,+ en jy moet hom die hand oplê;+ 19  en jy moet hom voor die priester Eleaʹsar en voor die hele vergadering laat staan, en jy moet voor hulle oë die bevel aan hom oordra.+ 20  En jy moet van jou waardigheid op hom lê,+ sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.+ 21  En hy moet voor die priester Eleaʹsar staan, en dié moet ten behoewe van hom voor Jehovah inligting inwin+ deur die beslissing van die Urim.+ Op sy bevel moet hulle uitgaan en op sy bevel moet hulle inkom, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.” 22  En Moses het gedoen net soos Jehovah hom beveel het. Gevolglik het hy Josua geneem en hom voor die priester Eleaʹsar+ en voor die hele vergadering laat staan 23  en hom die hande opgelê en die bevel aan hom oorgedra,+ net soos Jehovah deur middel van Moses gespreek het.+

Voetnote