Numeri 28:1-31

28  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Beveel die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Julle moet sorg dat julle my offer, my brood,+ vir my vuuroffers as ’n rustige geur vir my,+ op die vasgestelde tye daarvoor+ vir my aanbied.’  “En jy moet vir hulle sê: ‘Dít is die vuuroffer wat julle vir Jehovah moet aanbied: twee jaaroud ramlammers sonder gebrek elke dag, as ’n voortdurende brandoffer.+  Die een ramlam moet jy in die oggend offer, en die ander ramlam moet jy tussen die twee aande offer,+  saam met ’n tiende van ’n efa+ fynmeel as ’n graanoffer,+ bevogtig met ’n kwart hin uitgestampte olie;+  dit is die voortdurende brandoffer,+ wat by die berg Siʹnai as ’n rustige geur gebring is, ’n vuuroffer aan Jehovah,+  saam met die drankoffer wat daarby behoort,+ ’n kwart hin vir elke ramlam.+ Giet die drankoffer van sterk drank+ aan Jehovah in die heiligdom uit.  En jy moet die ander ramlam tussen die twee aande offer. Met dieselfde graanoffer as in die oggend en met dieselfde drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit as ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah bring.+  “‘Op die sabbatdag+ moet daar egter twee jaaroud ramlammers sonder gebrek wees en twee tiendes van ’n maat fynmeel as ’n graanoffer, met olie bevogtig, saam met die drankoffer wat daarby behoort, 10  as ’n sabbatsbrandoffer op sy sabbat, saam met die voortdurende brandoffer+ en die drankoffer wat daarby behoort.+ 11  “‘En aan die begin van julle maande moet julle as ’n brandoffer vir Jehovah aanbied: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek,+ 12  en drie tiendes van ’n maat fynmeel as ’n graanoffer,+ met olie bevogtig, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as ’n graanoffer, met olie bevogtig, vir die een ram,+ 13  en ’n tiende fynmeel as ’n graanoffer, met olie bevogtig, vir elke ramlam, as ’n brandoffer, ’n rustige geur,+ ’n vuuroffer aan Jehovah. 14  En as hulle drankoffers moet daar ’n halwe+ hin wyn vir ’n bul en ’n derde+ van ’n hin vir die ram en ’n kwart+ hin vir ’n ramlam wees. Dit is die maandelikse brandoffer in sy maand vir die maande van die jaar.+ 15  Ook moet een boklam+ as ’n sondoffer aan Jehovah gebring word, benewens die voortdurende brandoffer met die drankoffer wat daarby behoort.+ 16  “‘En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, sal Jehovah se pasga wees.+ 17  En op die vyftiende dag van hierdie maand sal daar ’n fees wees. Sewe dae moet ongesuurde koeke geëet word.+ 18  Op die eerste dag moet daar ’n heilige byeenkoms wees.+ Géén swaar werk mag julle doen nie.+ 19  En julle moet as ’n vuuroffer, ’n brandoffer+ aan Jehovah, twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud ramlammers aanbied.+ Hulle moet sonder gebrek vir julle wees.+ 20  En as hulle graanoffers+ van fynmeel met olie bevogtig moet julle drie tiendes van ’n maat vir ’n bul en twee tiendes+ vir die ram bring. 21  Jy moet ’n tiende+ vir elke ramlam van die sewe ramlammers bring; 22  en een sondofferbok om vir julle versoening te doen.+ 23  Benewens die oggendbrandoffer, wat as die voortdurende+ brandoffer+ dien, moet julle dit offer. 24  Julle moet dit elke dag gedurende die sewe dae as brood offer,+ ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.+ Saam met die voortdurende brandoffer moet dit gebring word, en die drankoffer wat daarby behoort. 25  En op die sewende dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Géén swaar werk mag julle doen nie.+ 26  “‘En op die dag van die eerste ryp vrugte,+ wanneer julle ’n nuwe graanoffer vir Jehovah aanbied, op julle fees van die weke,+ moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Géén swaar werk mag julle doen nie.+ 27  En julle moet as ’n brandoffer vir ’n rustige geur aan Jehovah aanbied: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud ramlammers;+ 28  en as hulle graanoffer van fynmeel met olie bevogtig, drie tiendes van ’n maat vir elke bul, twee tiendes+ vir die een ram, 29  ’n tiende+ vir elke ramlam van die sewe ramlammers; 30  een boklam om vir julle versoening te doen.+ 31  Benewens die voortdurende brandoffer en die graanoffer wat daarby behoort, moet julle hulle offer.+ Hulle moet vir julle sonder gebrek wees,+ saam met hulle drankoffers.+

Voetnote