Numeri 29:1-40

29  “‘En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Géén swaar werk mag julle doen nie.+ Dit moet vir julle ’n dag van trompetgeskal wees.+  En julle moet as ’n brandoffer vir ’n rustige geur aan Jehovah offer: een jong bul, een ram, sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek;+  en hulle graanoffer van fynmeel met olie bevogtig, drie tiendes van ’n maat vir die bul, twee tiendes vir die ram,+  en een tiende vir elke ramlam van die sewe ramlammers;+  en een jong bokram as ’n sondoffer om vir julle versoening te doen;+  benewens die maandelikse brandoffer+ en die graanoffer+ wat daarby behoort en die voortdurende brandoffer+ en die graanoffer wat daarby behoort,+ saam met hulle drankoffers,+ volgens die gebruiklike prosedure daarvoor, as ’n rustige geur, ’n vuuroffer aan Jehovah.+  “‘En op die tiende van hierdie sewende maand moet julle ’n heilige byeenkoms hou,+ en julle moet julle siel kasty.+ Géén werk mag julle doen nie.+  En julle moet as ’n brandoffer aan Jehovah, as ’n rustige geur, aanbied: een jong bul, een ram, sewe jaaroud ramlammers.+ Hulle moet vir julle sonder gebrek wees.+  En as hulle graanoffer van fynmeel met olie bevogtig, drie tiendes van ’n maat vir die bul, twee tiendes vir die een ram,+ 10  ’n tiende vir elke ramlam van die sewe ramlammers;+ 11  een boklam as ’n sondoffer, benewens die sondoffer van versoening+ en die voortdurende brandoffer en die graanoffer wat daarby behoort, saam met hulle drankoffers.+ 12  “‘En op die vyftiende dag van die sewende maand+ moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Géén swaar werk mag julle doen nie,+ en julle moet sewe dae lank ’n fees vir Jehovah vier.+ 13  En julle moet as ’n brandoffer,+ ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah, aanbied: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers. Hulle moet sonder gebrek wees.+ 14  En as hulle graanoffer van fynmeel met olie bevogtig, drie tiendes van ’n maat vir elke bul van die dertien bulle, twee tiendes vir elke ram van die twee ramme,+ 15  en ’n tiende vir elke ramlam van die veertien ramlammers;+ 16  en een boklam as ’n sondoffer, benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort.+ 17  “‘En op die tweede dag twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 18  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure;+ 19  en een boklam as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer en die graanoffer wat daarby behoort, saam met hulle drankoffers.+ 20  “‘En op die derde dag elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 21  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure; 22  en een bok as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 23  “‘En op die vierde dag tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 24  hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure;+ 25  en een boklam as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer+ met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort.+ 26  “‘En op die vyfde dag nege bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 27  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure;+ 28  en een bok as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort.+ 29  “‘En op die sesde dag agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 30  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure;+ 31  en een bok as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffers wat daarby behoort.+ 32  “‘En op die sewende dag sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 33  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bulle, die ramme en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure daarvoor;+ 34  en een bok as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort.+ 35  “‘En op die agtste dag moet julle ’n plegtige vergadering hou.+ Géén swaar werk mag julle doen nie.+ 36  En julle moet as ’n brandoffer, ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah, aanbied: een bul, een ram, sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek;+ 37  en hulle graanoffer+ en hulle drankoffers+ vir die bul, die ram en die ramlammers, volgens hulle getal, volgens die gebruiklike prosedure;+ 38  en een bok as ’n sondoffer,+ benewens die voortdurende brandoffer met die graanoffer en die drankoffer wat daarby behoort.+ 39  “‘Dit moet julle op julle seisoenfeeste+ aan Jehovah offer, benewens julle gelofteoffers+ en julle vrywillige gawes+ as julle brandoffers+ en julle graanoffers+ en julle drankoffers+ en julle gemeenskapsoffers.’”+ 40  En Moses het met die kinders van Israel gepraat volgens alles wat Jehovah Moses beveel het.+

Voetnote