Numeri 3:1-51

3  En dit was die geslagte van Aäron en Moses op die dag toe Jehovah met Moses op die berg Siʹnai gepraat het.+  En dít was die name van Aäron se seuns: Nadab, die eersgeborene, en Abiʹhu,+ Eleaʹsar+ en Iʹtamar.+  Dit was die name van Aäron se seuns, die gesalfde priesters wie se hand met mag gevul is om as priesters te dien.+  Nadab en Abiʹhu het egter voor Jehovah gesterf toe hulle in die wildernis Siʹnai onwettige vuur+ voor Jehovah geoffer het; en hulle het geen kinders gehad nie. Maar Eleaʹsar+ en Iʹtamar+ het voortgegaan om tesame met hulle vader Aäron as priesters te dien.  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê:  “Laat die stam Levi+ nader kom, en jy moet hulle voor die priester Aäron stel, en hulle moet hom dien.+  En hulle moet hulle verpligting teenoor hom en hulle verpligting teenoor die hele vergadering voor die tent van samekoms nakom, deur die diens van die tabernakel te verrig.  En hulle moet omsien na al die voorwerpe+ van die tent van samekoms, ja, na die verpligting van die kinders van Israel, deur die diens van die tabernakel te verrig.+  En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee. Hulle is gegewenes, wat aan hom gegee is uit die kinders van Israel.+ 10  En jy moet Aäron en sy seuns aanstel, en hulle moet hulle priesterskap vervul;+ en elke vreemdeling wat nader kom, moet doodgemaak word.”+ 11  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 12  “Kyk! Ek neem die Leviete onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes+ wat die moederskoot open onder die kinders van Israel; en die Leviete moet myne word. 13  Want elke eersgeborene is myne.+ Op die dag toe ek elke eersgeborene in Egipteland getref het,+ het ek elke eersgeborene in Israel vir my geheilig, mens sowel as dier.+ Hulle moet myne word. Ek is Jehovah.” 14  En Jehovah het verder met Moses in die wildernis Siʹnai gepraat+ en gesê: 15  “Registreer die seuns van Levi volgens die huis van hulle vaders, volgens hulle families. Almal wat manlik is, van ’n maand en ouer, moet jy registreer.”+ 16  En Moses het hulle op bevel van Jehovah begin registreer, net soos hy beveel is. 17  En dít was die seuns van Levi+ volgens hulle name: Gerson en Kehat en Meraʹri.+ 18  En dít was die name van die seuns van Gerson volgens hulle families: Libni en Siʹmeï.+ 19  En die seuns van Kehat+ volgens hulle families was Amram en Jishar,+ Hebron en Usʹsiël. 20  En die seuns van Meraʹri+ volgens hulle families was Magli+ en Musi.+ Dit was die families van die Leviete volgens die huis van hulle vaders. 21  Van Gerson was daar die familie van die Libniete+ en die familie van die Simeïete.+ Dit was die families van die Gersoniete. 22  Hulle geregistreerdes was volgens die getal van almal wat manlik was, van ’n maand en ouer.+ Hulle geregistreerdes was seweduisend-vyfhonderd.+ 23  Die families van die Gersoniete was agter die tabernakel.+ Hulle het aan die westekant kamp opgeslaan. 24  En die owerste van die vaderhuis vir die Gersoniete was Elʹjasaf, die seun van Lael. 25  En die plig van die seuns van Gerson+ in die tent van samekoms was die tabernakel en die tent,+ sy bedekking+ en die skerm+ vir die ingang van die tent van samekoms, 26  en die behangsels+ van die voorhof en die skerm+ vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy tenttoue+—sy hele bediening. 27  En van Kehat was daar die familie van die Amramiete en die familie van die Jishariete en die familie van die Hebroniete en die familie van die Ussiëliete. Dit was die families van die Kehatiete.+ 28  Onder die getal van almal wat manlik was, van ’n maand en ouer, was daar agtduisend-seshonderd, wat die verpligting ten opsigte van die heiligdom nagekom het.+ 29  Die families van die seuns van Kehat het aan die suidekant van die tabernakel kamp opgeslaan.+ 30  En die owerste van die vaderhuis vir die families van die Kehatiete was Eliʹsafan, die seun van Usʹsiël.+ 31  En hulle plig+ was die Ark+ en die tafel+ en die lampstaander+ en die altare+ en die voorwerpe+ van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die skerm+ en sy hele bediening. 32  En die owerste van die owerstes van die Leviete was Eleaʹsar,+ die seun van die priester Aäron, wat toesig gehad het oor dié wat die verpligting ten opsigte van die heiligdom nagekom het. 33  Van Meraʹri was daar die familie van die Magliete+ en die familie van die Musiete.+ Dit was die families van Meraʹri.+ 34  En hulle geregistreerdes volgens die getal van almal wat manlik was, van ’n maand en ouer, was sesduisend-tweehonderd.+ 35  En die owerste van die vaderhuis vir die families van Meraʹri was Suʹriël, die seun van Abiʹhail. Hulle het aan die noordekant van die tabernakel kamp opgeslaan.+ 36  En die plig wat die seuns van Meraʹri opgelê is, was toesig oor die paneelrame+ van die tabernakel en sy stawe+ en sy pilare+ en sy voetstukke en al sy voorwerpe+ en sy hele bediening,+ 37  en die pilare+ van die voorhof rondom en hulle voetstukke+ en hulle tentpenne en hulle tenttoue. 38  En dié wat kamp opgeslaan het voor die tabernakel aan die oostekant, voor die tent van samekoms teen die sonsopgang, was Moses en Aäron en sy seuns, dié wat die verpligting ten opsigte van die heiligdom nagekom het,+ as die verpligting ten behoewe van die kinders van Israel. En elke vreemdeling wat nader kom, sou doodgemaak word.+ 39  Al die geregistreerdes van die Leviete wat Moses en Aäron op bevel van Jehovah volgens hulle families geregistreer het, almal wat manlik was, van ’n maand en ouer, was twee-en-twintigduisend. 40  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Registreer al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ’n maand en ouer,+ en neem die getal van hulle name op. 41  En jy moet die Leviete vir my—ek is Jehovah—in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel neem,+ en die mak diere van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die mak diere van die kinders van Israel.”+ 42  En Moses het, net soos Jehovah hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geregistreer. 43  En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand en ouer, van hulle geregistreerdes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig. 44  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 45  “Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die mak diere van die Leviete in die plek van hulle mak diere; en die Leviete moet myne word.+ Ek is Jehovah. 46  En as die losprys+ vir die tweehonderd-drie-en-sewentig eersgeborenes van die kinders van Israel wat daar meer as die Leviete is,+ 47  moet jy vyf sikkels vir elke persoon neem.+ Volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem. ’n Sikkel is twintig gera.+ 48  En jy moet die geld vir Aäron en sy seuns gee as die losprys vir dié wat daar meer as hulle is.” 49  Toe het Moses die geld van die loskoopprys geneem van dié wat daar meer as die losprys van die Leviete was. 50  Van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend-driehonderd-vyf-en-sestig sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom. 51  Toe het Moses die geld van die losprys vir Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.

Voetnote