Numeri 30:1-16

30  Toe het Moses met die stamhoofde+ van die kinders van Israel gepraat en gesê: “Dít is die woord wat Jehovah beveel het:  As ’n man ’n gelofte aan Jehovah doen+ of ’n eed sweer+ waardeur hy sy siel tot ’n onthoudingsgelofte verbind,+ mag hy sy woord nie breek nie.+ Volgens alles wat uit sy mond uitgegaan het, moet hy doen.+  “En as ’n vrou ’n gelofte aan Jehovah doen+ of sy haar tot ’n onthoudingsgelofte verbind in die huis van haar vader in haar jeug,  en haar vader haar gelofte of haar onthoudingsgelofte hoor waartoe sy haar siel verbind het en haar vader teenoor haar stilbly, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthoudingsgelofte+ waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees.  Maar as haar vader haar verbied het op die dag dat hy al haar geloftes of haar onthoudingsgeloftes gehoor het waartoe sy haar siel verbind het, sal dit nie van krag wees nie, maar Jehovah sal haar vergewe, omdat haar vader haar verbied het.+  “Maar as sy enigsins aan ’n man behoort, en haar gelofte is op haar+ of die ondeurdagte belofte van haar lippe waartoe sy haar siel verbind het,  en haar man dit hoor en teenoor haar stilbly op die dag dat hy dit hoor, dan sal haar geloftes van krag wees, of haar onthoudingsgeloftes waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees.+  Maar as haar man haar verbied+ op die dag dat hy dit hoor, dan het hy haar gelofte wat op haar was of die ondeurdagte belofte van haar lippe waartoe sy haar siel verbind het, nietig verklaar, en Jehovah sal haar vergewe.+  “Wat die gelofte van ’n weduwee of ’n geskeide vrou betref, alles waartoe sy haar siel verbind het, sal vir haar van krag wees. 10  “As sy egter in die huis van haar man ’n gelofte gedoen het of haar siel deur ’n eed tot ’n onthoudingsgelofte+ verbind het, 11  en haar man dit gehoor het en teenoor haar stilgebly het, het hy haar nie verbied nie; en al haar geloftes sal van krag wees, of enige onthoudingsgelofte waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees. 12  Maar as haar man dit heeltemal nietig verklaar het op die dag dat hy enige woord van haar lippe as haar geloftes of as ’n onthoudingsgelofte van haar siel gehoor het, sal dit nie van krag wees nie.+ Haar man het dit nietig verklaar, en Jehovah sal haar vergewe.+ 13  Enige gelofte of enige eed ten opsigte van ’n onthoudingsgelofte om die siel te kasty,+ haar man moet dit bekragtig of haar man moet dit nietig verklaar. 14  Maar as haar man van dag tot dag heeltemal stilbly teenoor haar, dan het hy al haar geloftes of al haar onthoudingsgeloftes wat op haar is, bekragtig.+ Hy het dit bekragtig omdat hy teenoor haar stilgebly het op die dag dat hy dit gehoor het. 15  En as hy dit heeltemal nietig verklaar ’n ruk nadat hy dit gehoor het, dan dra hy haar oortreding.+ 16  “Dit is die voorskrifte wat Jehovah Moses beveel het oor die verhouding tussen ’n man en sy vrou,+ tussen ’n vader en sy dogter in haar jeug in die huis van haar vader.”+

Voetnote