Numeri 31:1-54

31  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê:  “Neem wraak+ vir die kinders van Israel op die Midianiete.+ Daarna sal jy tot jou volk versamel word.”+  Toe het Moses met die volk gepraat en gesê: “Rus manne uit julle midde toe vir die leër, sodat hulle teen Miʹdian kan optree om Jehovah se wraak op Miʹdian uit te oefen.+  Duisend van elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die leër stuur.”  Gevolglik is daar uit die duisende+ van Israel duisend van elke stam aangewys, twaalfduisend toegerus vir die leër.+  Toe het Moses hulle uitgestuur, duisend van elke stam, na die leër, hulle en Piʹnehas,+ die seun van die priester Eleaʹsar, na die leër, en die heilige voorwerpe en die trompette+ om die seine te gee, was in sy hand.  En hulle het oorlog teen Miʹdian gevoer, net soos Jehovah Moses beveel het, en hulle het almal wat manlik is, doodgemaak.+  En behalwe die ander wat hulle omgebring het, het hulle ook die konings van Miʹdian doodgemaak, naamlik Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Miʹdian;+ en hulle het Biʹleam,+ die seun van Beor, met die swaard doodgemaak.  Maar die kinders van Israel het die vroue van Miʹdian en hulle kindertjies gevange weggevoer;+ en al hulle mak diere en al hulle vee en al hulle middele vir lewensonderhoud het hulle geplunder. 10  En al hulle stede waarin hulle hulle gevestig het en al hulle ommuurde kampe het hulle met vuur verbrand.+ 11  En hulle het al die roof+ en al die buit, mense en mak diere, geneem. 12  En hulle het die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleaʹsar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring, na die kamp, na die woestynvlaktes van Moab,+ wat aan die Jordaan by Jeʹrigo is. 13  Toe het Moses en die priester Eleaʹsar en al die owerstes van die vergadering hulle buite die kamp tegemoetgegaan. 14  En Moses het toornig geword op die manne wat oor die strydkragte+ aangestel was, die hoofde oor duisend en die hoofde oor honderd wat van die krygsveldtog af gekom het. 15  Toe het Moses vir hulle gesê: “Het julle al die vroue laat lewe?+ 16  Kyk! Dit is hulle wat, deur Biʹleam se woord, die kinders van Israel beweeg het om ontrouheid teenoor Jehovah te pleeg+ in die aangeleentheid van Peor,+ sodat die plaag oor die vergadering van Jehovah gekom het.+ 17  Maak dan nou almal dood wat manlik is onder die kindertjies, en maak elke vrou dood wat gemeenskap met ’n man gehad het deur by ’n man te lê.+ 18  En laat al die kindertjies onder die vroue, wat nie die daad geken het om by ’n man te lê nie, vir julle lewe.+ 19  Wat julle betref, slaan vir sewe dae kamp op buite die kamp. Elkeen wat ’n siel doodgemaak het+ en elkeen wat geraak het aan iemand wat omgebring is+—julle moet julle op die derde dag en op die sewende dag reinig,+ julle en julle gevangenes. 20  En elke kleed en elke voorwerp van vel en alles wat van bokhaar gemaak is en elke houtvoorwerp moet julle vir julle van sonde reinig.”+ 21  Die priester Eleaʹsar het toe vir die manne van die leër wat na die geveg uitgetrek het, gesê: “Dít is die wetsinsetting wat Jehovah Moses beveel het: 22  ‘Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood, 23  alles wat met vuur verwerk word,+ moet julle deur die vuur laat gaan, en dit sal rein wees. Maar dit moet deur die reinigingswater+ van sonde gereinig word. En alles wat nie met vuur verwerk word nie, moet julle deur die water laat gaan.+ 24  En julle moet julle klere op die sewende dag was en rein wees, en daarna mag julle in die kamp inkom.’”+ 25  En Jehovah het vir Moses gesê: 26  “Neem die volle getal op van wat gebuit is, die gevangenes, mense sowel as mak diere, jy en die priester Eleaʹsar en die hoofde van die vaderhuise van die vergadering. 27  En jy moet die buit in twee verdeel tussen dié wat aan die geveg deelgeneem het, wat die veldtog onderneem het, en die res van die vergadering.+ 28  En van die krygsmanne wat die veldtog onderneem het, moet jy as belasting+ vir Jehovah een siel uit vyfhonderd neem, van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee. 29  Uit hulle helfte moet julle dit neem, en jy moet dit aan die priester Eleaʹsar gee as Jehovah se bydrae.+ 30  En uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een uit vyftig neem, van die mense, van die beeste, van die esels en van die kleinvee, van elke soort mak dier, en jy moet dit aan die Leviete gee,+ wat die verpligting ten opsigte van Jehovah se tabernakel nakom.”+ 31  En Moses en die priester Eleaʹsar het gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.  32  En die buit, die res van die roofgoed wat die manskappe van die veldtog as roofgoed geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee 33  en twee-en-sewentigduisend beeste 34  en een-en-sestigduisend esels. 35  Wat mensesiele+ betref uit die vroue wat nie die daad geken het om by ’n man te lê nie,+ al die siele was twee-en-dertigduisend. 36  En die helfte wat die deel was van dié wat die veldtog onderneem het, was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee in getal. 37  En die belasting+ vir Jehovah uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig. 38  En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die belasting daarop vir Jehovah was twee-en-sewentig. 39  En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die belasting daarop vir Jehovah was een-en-sestig. 40  En die mensesiele was sestienduisend, en die belasting daarop vir Jehovah was twee-en-dertig siele. 41  Toe het Moses die belasting as Jehovah se bydrae aan die priester Eleaʹsar gegee,+ net soos Jehovah Moses beveel het.+ 42  En uit die helfte wat aan die kinders van Israel behoort het, wat Moses afgeskei het van wat aan die manne behoort het wat oorlog gevoer het: 43  Die vergadering se helfte uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd, 44  en uit die beeste, ses-en-dertigduisend, 45  en die esels, dertigduisend-vyfhonderd, 46  en mensesiele, sestienduisend. 47  Toe het Moses uit die helfte wat aan die kinders van Israel behoort het, die een geneem wat uit vyftig geneem moes word, van mense en van mak diere, en hulle aan die Leviete gegee,+ wat die verpligting ten opsigte van Jehovah se tabernakel nakom,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 48  En die manne wat oor die duisende van die leër aangestel was,+ die hoofde oor duisend en die hoofde oor honderd,+ het na Moses toe gekom 49  en vir Moses gesê: “U knegte het die volle getal opgeneem van die krygsmanne wat onder ons bevel is en van ons is nie een as vermis gemeld nie.+ 50  Laat elkeen van ons dus wat hy gevind het, as ’n offer vir Jehovah aanbied:+ goue voorwerpe, enkelkettinkies en armbande, seëlringe,+ oorringe en vrouesierade,+ om vir ons siel versoening te doen voor Jehovah.” 51  Toe het Moses en die priester Eleaʹsar die goud, al die juwele, van hulle aanvaar.+ 52  En al die goud van die bydrae wat hulle vir Jehovah bygedra het, het sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels beloop, van die hoofde oor duisend en die hoofde oor honderd. 53  Elkeen van die manne van die leër het vir hom roofgoed geneem.+ 54  En Moses en die priester Eleaʹsar het die goud van die hoofde oor duisend en oor honderd aanvaar en dit in die tent van samekoms ingebring om die kinders van Israel voor Jehovah in gedagtenis te bring.+

Voetnote