Numeri 32:1-42

32  En die kinders van Ruben+ en die kinders van Gad+ het baie vee gehad, ja, ’n groot klomp. En toe het hulle die land Jaser+ en die land Giʹlead gesien, en kyk! die plek was ’n plek vir vee.  Die kinders van Gad en die kinders van Ruben het derhalwe gekom en vir Moses en die priester Eleaʹsar en vir die owerstes van die vergadering gesê:  “Aʹtarot+ en Dibon+ en Jaser en Nimra+ en Hesbon+ en Eleaʹle+ en Sebam en Nebo+ en Beon,+  die land wat Jehovah voor die vergadering van Israel verslaan het,+ is ’n land vir vee, en u knegte het vee.”+  En hulle het verder gesê: “As ons guns in u oë gevind het, laat hierdie land dan aan u knegte as ’n besitting gegee word. Moet ons nie deur die Jordaan laat trek nie.”+  Toe het Moses vir die kinders van Gad en die kinders van Ruben gesê: “Moet julle broers gaan oorlog voer terwyl julle hier bly?+  En waarom sou julle die kinders van Israel die moed ontneem om deur te trek na die land wat Jehovah hulle beslis sal gee?  So het julle vaders gedoen+ toe ek hulle van Kaʹdes-Barneʹa af gestuur het+ om die land te bekyk.  Toe hulle na die Eskolstroomvallei opgetrek+ en die land bekyk het, het hulle die kinders van Israel die moed ontneem om in die land in te trek wat Jehovah hulle vir seker sou gee.+ 10  Daarom het Jehovah se toorn op daardie dag ontvlam sodat hy gesweer+ en gesê het: 11  ‘Die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar en ouer,+ sal die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het,+ nie sien nie, want hulle het my nie volkome gevolg nie, 12  behalwe Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, die Kenissiet, en Josua,+ die seun van Nun, want hulle het Jehovah volkome gevolg.’ 13  Daarom het Jehovah se toorn teen Israel ontvlam en het hy hulle veertig jaar lank in die wildernis laat rondswerf,+ totdat die hele geslag wat kwaad gedoen het in die oë van Jehovah, aan hulle einde gekom het.+ 14  En kyk, julle het in die plek van julle vaders opgestaan as die nageslag van sondige mense, om die brandende toorn van Jehovah teen Israel verder te vergroot.+ 15  As julle julle daarvan afkeer om hom te volg,+ dan sal hy hulle beslis weer eens langer in die wildernis laat bly,+ en julle sal verderflik teen hierdie hele volk gehandel het.”+ 16  Later het hulle na hom toe gekom en gesê: “Laat ons hier klipkrale vir ons vee bou en stede vir ons kindertjies. 17  Maar ons sal in slagorde toegerus voor die kinders van Israel uit trek,+ totdat ons hulle na hulle plek gebring het, terwyl ons kindertjies in die stede met verskansings moet woon, uit die gesig van die inwoners van die land. 18  Ons sal nie na ons huise terugkeer voordat die kinders van Israel vir hulle grond in besit geneem het nie, elkeen sy eie erfdeel.+ 19  Want ons sal nie ’n erfdeel saam met hulle ontvang van die ander kant van die Jordaan af en verder nie, omdat ons ons erfdeel aan hierdie kant van die Jordaan teen die sonsopgang gekry het.”+ 20  Hierop het Moses vir hulle gesê: “As julle dit doen, as julle julle voor Jehovah vir die oorlog toerus+ 21  en elke toegeruste man van julle voor Jehovah deur die Jordaan trek, totdat hy sy vyande voor hom uit verdryf het+ 22  en die land voor Jehovah onderwerp is,+ en julle daarná terugkeer,+ dan sal julle inderdaad vry van skuld wees teenoor Jehovah en teenoor Israel; en hierdie land sal julle s’n word as ’n besitting voor Jehovah.+ 23  Maar as julle nie so doen nie, dan sal julle beslis teen Jehovah sondig.+ Weet dan dat julle sonde julle sal inhaal.+ 24  Bou vir julle stede vir julle kindertjies en klipkrale vir julle kleinvee, en julle moet doen wat uit julle mond uitgegaan het.”+ 25  Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben vir Moses gesê: “U knegte sal doen net soos my heer beveel.+ 26  Ons kindertjies, ons vrouens, ons vee en al ons mak diere sal daar in die stede van Giʹlead bly,+ 27  maar u knegte, elkeen wat vir die leër toegerus is,+ sal voor Jehovah oortrek vir die oorlog, net soos my heer sê.” 28  Toe het Moses aangaande hulle aan die priester Eleaʹsar en aan Josua, die seun van Nun, en aan die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel bevel gegee. 29  En Moses het vir hulle gesê: “As die kinders van Gad en die kinders van Ruben, almal wat vir die oorlog toegerus is,+ saam met julle voor Jehovah deur die Jordaan trek, en die land voor julle onderwerp is, dan moet julle aan hulle die land Giʹlead as ’n besitting gee.+ 30  Maar as hulle nie toegerus saam met julle oortrek nie, dan moet hulle hulle onder julle in die land Kanaän vestig.”+ 31  Hierop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord en gesê: “Wat Jehovah vir u knegte gesê het, so sal ons doen.+ 32  Ons sal toegerus voor Jehovah na die land Kanaän oortrek,+ en ons erflike besitting sal ons s’n wees aan hierdie kant van die Jordaan.”+ 33  Toe het Moses aan hulle, dit wil sê aan die kinders van Gad+ en aan die kinders van Ruben+ en aan die halwe stam van Manasʹse,+ die seun van Josef, die koninkryk van Sihon,+ die koning van die Amoriete, gegee, asook die koninkryk van Og,+ die koning van Basan, die land wat by die stede daarvan behoort in die gebiede, en die stede van die land rondom. 34  En die kinders van Gad het Dibon+ gebou en Aʹtarot+ en Aʹroër,+ 35  en Atrot-Sofan en Jaser+ en Jogʹbeha,+ 36  en Bet-Nimra+ en Bet-Haran,+ stede met verskansings,+ en klipkrale vir kleinvee.+ 37  En die kinders van Ruben het Hesbon+ gebou en Eleaʹle+ en Kirjataʹim,+ 38  en Nebo+ en Baäl-Meon+—hulle name is verander—en Sibma; en hulle het die name van die stede wat hulle gebou het, na hulle eie name genoem. 39  En die seuns van Magir,+ die seun van Manasʹse, het na Giʹlead opgetrek en dit ingeneem en die Amoriete verdryf wat daarin was. 40  Daarom het Moses Giʹlead aan Magir, die seun van Manasʹse, gegee, en hy het daarin gaan woon.+ 41  En Jaïr, die seun van Manasʹse, het opgetrek en hulle tentdorpe ingeneem, en hy het hulle Hawwot-Jaïr genoem.+ 42  En Nobag het opgetrek en Kenat+ en sy afhanklike dorpe ingeneem; en hy het dit Nobag, na sy eie naam, genoem.

Voetnote