Numeri 33:1-56

33  Dit was die skofte van die kinders van Israel wat deur die hand van Moses en Aäron+ volgens hulle leërs+ uit Egipteland uitgetrek het.+  En Moses het op bevel van Jehovah die vertrekplekke volgens hulle skofte bly opskryf; en dít was hulle skofte van die een vertrekplek na die ander:+  En hulle het van Ramses+ af weggetrek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand.+ Die dag net ná die pasga+ het die kinders van Israel met opgehefte hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek.+  Die hele tyd het die Egiptenaars dié begrawe wat Jehovah onder hulle getref het, dit wil sê al die eersgeborenes;+ en aan hulle gode het Jehovah strafgerigte voltrek.+  En die kinders van Israel het van Ramses+ af weggetrek en in Sukkot+ kamp opgeslaan.  Toe het hulle van Sukkot af weggetrek en in Etam+ kamp opgeslaan, wat aan die rand van die wildernis lê.  En hulle het van Etam af weggetrek en teruggedraai na Pi-Hagirot,+ wat voor Baäl-Sefon+ lê; en hulle het voor Migdol+ kamp opgeslaan.  Daarna het hulle van Pi-Hagirot af weggetrek en deur die see gegaan+ na die wildernis+ en drie dagreise ver in die wildernis van Etam+ getrek en by Mara+ kamp opgeslaan.  Toe het hulle van Mara af weggetrek en by Elim+ gekom. En in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome. En hulle het daar kamp opgeslaan. 10  En hulle het van Elim af weggetrek en by die Rooi See kamp opgeslaan. 11  Daarna het hulle van die Rooi See af weggetrek en in die wildernis Sin+ kamp opgeslaan. 12  Toe het hulle uit die wildernis Sin weggetrek en by Dofka kamp opgeslaan. 13  Later het hulle van Dofka af weggetrek en by Alus kamp opgeslaan. 14  Hulle het toe van Alus af weggetrek en in Reʹfidim+ kamp opgeslaan. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. 15  Daarna het hulle van Reʹfidim af weggetrek en in die wildernis Siʹnai+ kamp opgeslaan. 16  Daarna het hulle uit die wildernis Siʹnai weggetrek en by Kibʹrot-Hattaʹäwa+ kamp opgeslaan. 17  Toe het hulle van Kibʹrot-Hattaʹäwa af weggetrek en in Haʹserot+ kamp opgeslaan. 18  Daarna het hulle van Haʹserot af weggetrek en in Ritma kamp opgeslaan. 19  En hulle het van Ritma af weggetrek en in Rimmon-Peres kamp opgeslaan. 20  Toe het hulle van Rimmon-Peres af weggetrek en in Libna kamp opgeslaan. 21  Later het hulle van Libna af weggetrek en in Rissa kamp opgeslaan. 22  En hulle het van Rissa af weggetrek en in Kehelaʹta kamp opgeslaan. 23  Toe het hulle van Kehelaʹta af weggetrek en by die berg Sefer kamp opgeslaan. 24  Daarna het hulle van die berg Sefer af weggetrek en in Haʹrada kamp opgeslaan.+ 25  Toe het hulle van Haʹrada af weggetrek en in Makʹhelot kamp opgeslaan. 26  En hulle het van Makʹhelot af weggetrek+ en in Tahat kamp opgeslaan. 27  Daarna het hulle van Tahat af weggetrek en in Tera kamp opgeslaan. 28  Toe het hulle van Tera af weggetrek en in Mitka kamp opgeslaan. 29  Later het hulle van Mitka af weggetrek en in Hasmoʹna kamp opgeslaan. 30  En hulle het van Hasmoʹna af weggetrek en in Moʹserot kamp opgeslaan. 31  Toe het hulle van Moʹserot af weggetrek en in Beneʹ-Jaʹäkan+ kamp opgeslaan. 32  Daarna het hulle van Beneʹ-Jaʹäkan af weggetrek en in Hor-Hagʹgidgad kamp opgeslaan. 33  En hulle het van Hor-Hagʹgidgad af weggetrek en in Jotbaʹta+ kamp opgeslaan. 34  Later het hulle van Jotbaʹta af weggetrek en in Abroʹna kamp opgeslaan. 35  Toe het hulle van Abroʹna af weggetrek en in Eʹseon-Geʹber+ kamp opgeslaan. 36  Daarna het hulle van Eʹseon-Geʹber af weggetrek en in die wildernis Zin,+ dit wil sê Kades, kamp opgeslaan. 37  Later het hulle van Kades af weggetrek en by die berg Hor+ kamp opgeslaan, aan die grens van die land Edom. 38  En die priester Aäron het op bevel van Jehovah teen die berg Hor opgeklim en het daar gesterf in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.+ 39  En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het. 40  En die Kanaäniet, die koning van Arad,+ wat in die Negeb+ in die land Kanaän gewoon het, het te hore gekom dat die kinders van Israel aan die kom is. 41  Na verloop van tyd het hulle van die berg Hor+ af weggetrek en in Salʹmona kamp opgeslaan. 42  Daarna het hulle van Salʹmona af weggetrek en in Punon kamp opgeslaan. 43  En hulle het van Punon af weggetrek en in Obot+ kamp opgeslaan. 44  Toe het hulle van Obot af weggetrek en in Ije-Abaʹrim, aan die grens van Moab,+ kamp opgeslaan. 45  Later het hulle van Ijim af weggetrek en in Dibon-Gad+ kamp opgeslaan. 46  Daarna het hulle van Dibon-Gad af weggetrek en in Alʹmon-Diblataʹim kamp opgeslaan. 47  Toe het hulle van Alʹmon-Diblataʹim+ af weggetrek en in die Abaʹrimgebergte,+ voor Nebo,+ kamp opgeslaan. 48  Laastens het hulle van die Abaʹrimgebergte af weggetrek en in die woestynvlaktes van Moab+ aan die Jordaan by Jeʹrigo kamp opgeslaan. 49  En hulle kamp het by die Jordaan gebly van Bet-Jeʹsimot+ af tot by Abel-Sittim+, in die woestynvlaktes van Moab. 50  En Jehovah het met Moses gepraat in die woestynvlaktes van Moab aan die Jordaan by Jeʹrigo+ en gesê: 51  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Julle trek deur die Jordaan die land Kanaän in.+ 52  En julle moet al die inwoners van die land voor julle uit verdryf en al hulle klipfigure vernietig,+ en al hulle beelde van gegote metaal+ moet julle vernietig, en al hulle heilige hoogtes moet julle verwoes.+ 53  En julle moet die land in besit neem en daarin woon, want ek sal die land beslis aan julle gee om dit in besit te neem.+ 54  En julle moet die land deur die lot+ as ’n besitting onder julle verdeel, volgens julle families.+ Vir die een wat baie is, moet julle sy erfdeel groter maak, en vir die een wat min is, moet julle sy erfdeel kleiner maak.+ Waar die lot vir hom uitkom, daar sal dit syne word.+ Volgens die stamme van julle vaders moet julle vir julle grond in besit neem.+ 55  “‘Maar as julle die inwoners van die land nie voor julle uit verdryf nie,+ dan sal dié wat julle van hulle laat oorbly, beslis soos stekels in julle oë en soos dorings in julle sye word, en hulle sal julle inderdaad teister in die land waarin julle sal woon.+ 56  En net soos ek gedink het om aan hulle te doen, sal ek aan julle doen.’”+

Voetnote