Numeri 34:1-29

34  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Gee bevel aan die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Julle gaan die land Kanaän+ in. Dit is die land wat julle as erfdeel sal toeval,+ die land Kanaän volgens sy grense.+  “‘En julle suidekant moet van die wildernis Sin af langs Edom wees,+ en julle suidelike grens moet van die verste punt van die Soutsee+ af wees, aan die oostekant.  En julle grens moet suid van die opdraand van Akrabʹbim+ van rigting verander en oorloop na Zin, en die eindpunt daarvan moet suid van Kaʹdes-Barneʹa+ wees; en dit moet na Hasar-Addar+ gaan en oorloop na Asmon.  En by Asmon moet die grens van rigting verander na die stroomvallei van Egipte+ toe, en die eindpunt daarvan moet by die See wees.+  “‘Wat die westelike grens+ betref, dit moet vir julle die Groot See en die kusland wees. Dit moet julle westelike grens word.  “‘En dít moet julle noordelike grens word: Van die Groot See af moet julle julle grenslyn na die berg Hor+ trek.  Van die berg Hor af moet julle die grenslyn tot by die ingang van Hamat+ trek, en die eindpunt van die grens moet by Sedad+ wees.  En die grens moet na Sifron loop, en die eindpunt daarvan moet Hasar-Enan+ wees. Dit moet julle noordelike grens word. 10  “‘Dan moet julle julle oostelike grenslyn van Hasar-Enan af na Sefam trek. 11  En van Sefam af moet die grens afloop na Ribla, oos van Ajin, en die grens moet afloop en aan die oostelike hang van die Kinneʹretsee+ raak. 12  En die grens moet afloop na die Jordaan, en die eindpunt daarvan moet die Soutsee+ wees. Dit sal julle land+ word volgens sy grense rondom.’” 13  Toe het Moses die kinders van Israel beveel en gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot as ’n besitting onder julle sal verdeel,+ net soos Jehovah beveel het om aan die nege en ’n half stamme te gee.+ 14  Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens die huis van hulle vaders en die stam van die kinders van die Gadiete volgens die huis van hulle vaders het reeds hulle erfdeel geneem, en die halwe stam van Manasʹse het reeds hulle s’n geneem.+ 15  Die twee en ’n half stamme het reeds hulle erfdeel geneem in die Jordaanstreek by Jerigo, ooswaarts, teen die sonsopgang.”+ 16  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 17  “Dít is die name van die manne wat die land vir julle as ’n besitting moet verdeel: die priester Eleaʹsar+ en Josua, die seun van Nun.+ 18  En julle moet uit elke stam een owerste neem om die land as ’n besitting te verdeel.+ 19  En dít is die name van die manne: Van die stam Juda+ Kaleb, die seun van Jefunʹne;+ 20  en van die stam van die kinders van Siʹmeon+ Seʹmuel, die seun van Ammiʹhud; 21  van die stam Benjamin+ Eliʹdad, die seun van Kislon; 22  en van die stam van die kinders van Dan+ ’n owerste, Bukki, die seun van Jogli; 23  van die kinders van Josef,+ van die stam van die kinders van Manasʹse+ ’n owerste, Hanʹniël, die seun van Efod; 24  en van die stam van die kinders van Eʹfraim+ ’n owerste, Keʹmuel, die seun van Siftan; 25  en van die stam van die kinders van Seʹbulon+ ’n owerste, Eliʹsafan, die seun van Parnag; 26  en van die stam van die kinders van Isʹsaskar+ ’n owerste, Palʹtiël, die seun van Assan; 27  en van die stam van die kinders van Aser+ ’n owerste, Ahiʹhud, die seun van Seloʹmi; 28  en van die stam van die kinders van Nafʹtali+ ’n owerste, Pedaʹel, die seun van Ammiʹhud.” 29  Dit is hulle aan wie Jehovah bevel gegee het om die kinders van Israel grondbesitters in die land Kanaän te maak.+

Voetnote