Numeri 36:1-13

36  En die hoofde van die vaderhuise van die familie van die kinders van Giʹlead, die seun van Magir,+ die seun van Manasʹse, van die families van die kinders van Josef, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die hoofde van die vaderhuise van die kinders van Israel, gepraat  en gesê: “Jehovah het my heer beveel om die land deur die lot aan die kinders van Israel as erfdeel te gee;+ en my heer is deur Jehovah beveel om die erfdeel van ons broer Selofʹhad aan sy dogters te gee.+  As enigeen van die seuns van die ander stamme van die kinders van Israel hulle as vrouens sou kry, dan sal die vroue se erfdeel aan die erfdeel van ons vaders onttrek word en by die erfdeel van die stam gevoeg word waaraan hulle sal behoort, sodat dit aan ons erfdeel wat deur die lot toegewys is, onttrek sal word.+  En as die Jubeljaar+ vir die kinders van Israel aanbreek, dan sal die vroue se erfdeel by die erfdeel van die stam gevoeg word waaraan hulle sal behoort; sodat hulle erfdeel aan die erfdeel van die stam van ons vaders onttrek sal word.”  Toe het Moses die kinders van Israel op bevel van Jehovah gebied en gesê: “Die stam van die kinders van Josef praat reg.  Dít is die woord wat Jehovah aangaande die dogters van Selofʹhad beveel het+ deur te sê: ‘Hulle mag die vrouens word van wie dit goed is in hulle oë. Hulle moet net die vrouens word van die familie van die stam van hulle vaders.+  En geen erfdeel van die kinders van Israel mag van stam tot stam oorgaan nie, want die kinders van Israel moet elkeen aan die erfdeel van die stam van sy voorvaders vashou.  En elke dogter wat ’n erflike besitting uit die stamme van die kinders van Israel kry, moet die vrou word van iemand uit die familie van die stam van haar vader,+ sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy voorvaders in besit kan kry.  En geen erfdeel mag van een stam op ’n ander stam oorgaan nie, want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen aan sy erfdeel vashou.’” 10  Net soos Jehovah Moses beveel het, so het die dogters van Selofʹhad gedoen.+ 11  Gevolglik het Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selofʹhad,+ die vrouens geword van die seuns van hulle vader se broers. 12  Hulle het die vrouens geword van manne uit die families van die kinders van Manasʹse, die seun van Josef, sodat hulle erfdeel by die stam van die familie van hulle vader kon bly. 13  Dit is die gebooie+ en die regterlike beslissings wat Jehovah die kinders van Israel deur middel van Moses beveel het in die woestynvlaktes van Moab aan die Jordaan by Jeʹrigo.+

Voetnote