Numeri 4:1-49

4  Jehovah het toe met Moses en Aäron gepraat en gesê:  “Die volle getal van die seuns van Kehat+ moet opgeneem word uit die seuns van Levi, volgens hulle families in die huis van hulle vaders,  van dertig jaar+ en ouer, tot vyftig jaar,+ almal wat in die diensgroep intree+ om die werk in die tent van samekoms te doen.  “Dít is die diens van die seuns van Kehat in die tent van samekoms.+ Dit is iets hoogheiligs:  En Aäron en sy seuns moet ingaan wanneer die kamp opbreek, en hulle moet die voorhangsel wat as skerm dien,+ afhaal en die ark+ van die getuienis daarmee bedek.  En hulle moet ’n bedekking van robbevelle+ daaroor sit en ’n doek wat heeltemal blou is, daaroor uitsprei en sy draaghoute+ insteek.  “En oor die toonbroodtafel+ moet hulle ’n blou doek uitsprei, en hulle moet daarop die skottels+ en die bekers en die bakke+ en die kanne van die drankoffer neersit; en die altydblywende brood+ moet daarop bly lê.  En hulle moet ’n karmosynrooi+ doek daaroor uitsprei, en hulle moet dit met ’n bedekking van robbevelle+ bedek en sy draaghoute+ insteek.  En hulle moet ’n blou doek neem en die lampstaander+ van die lig bedek, met sy lampe+ en sy snuiters+ en sy vuurbakkies+ en al sy oliehouers+ waarmee hulle gereeld daarby diens doen. 10  En hulle moet dit en al sy voorwerpe in ’n bedekking van robbevelle+ plaas en dit op ’n draagbaar sit. 11  En oor die goue altaar+ moet hulle ’n blou doek uitsprei, en hulle moet dit met ’n bedekking van robbevelle+ bedek en sy draaghoute+ insteek. 12  En hulle moet al die diensvoorwerpe+ neem waarmee hulle gereeld in die heiligdom diens doen, en hulle moet dit in ’n blou doek plaas en met ’n bedekking van robbevelle+ bedek en dit op ’n draagbaar sit. 13  “En hulle moet die vetterige as van die altaar+ verwyder en ’n doek van purperrooigekleurde wol daaroor uitsprei. 14  En hulle moet al sy voorwerpe daarop sit waarmee hulle gereeld daarby diens doen, die vuurbakke, die vurke en die skoppe en die bakke, al die voorwerpe van die altaar;+ en hulle moet ’n bedekking van robbevelle daaroor uitsprei en sy draaghoute+ insteek. 15  “En wanneer die kamp opbreek, moet Aäron en sy seuns klaarmaak met die bedekking van die heiligdom+ en al die voorwerpe+ van die heiligdom, en daarna moet die seuns van Kehat inkom om dit te dra,+ maar hulle mag nie aan die heiligdom raak nie,+ sodat hulle nie moet sterf nie. Hierdie dinge is die vrag van die seuns van Kehat in die tent van samekoms.+ 16  “En Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, het toesig+ oor die olie+ van die lig en die welriekende reukwerk+ en die voortdurende graanoffer+ en die salfolie,+ toesig oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, naamlik die heiligdom en sy voorwerpe.” 17  En Jehovah het verder met Moses en Aäron gepraat en gesê: 18  “Laat die stam van die families van die Kehatiete+ nie onder die Leviete uitgeroei word nie. 19  Maar doen dít vir hulle, sodat hulle inderdaad kan bly lewe en nie sterf wanneer hulle nader kom na die hoogheilige dinge+ nie. Aäron en sy seuns moet ingaan, en hulle moet aan elkeen van hulle sy diens en sy vrag toewys. 20  En hulle mag nie ingaan om die heilige dinge selfs net vir ’n oomblik te sien nie, sodat hulle nie moet sterf nie.”+ 21  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 22  “Die volle getal van die seuns van Gerson+ moet opgeneem word, ja, van hulle volgens die huis van hulle vaders, volgens hulle families. 23  Van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar, moet jy hulle registreer,+ almal wat kom om in die diensgroep in te tree om diens in die tent van samekoms te verrig. 24  Dit is die diens van die families van die Gersoniete ten opsigte van die dienswerk en die drawerk.+ 25  En hulle moet die tentdoeke+ van die tabernakel en die tent van samekoms+ dra, sy bedekking+ en die bedekking van robbevelle+ wat daar bo-oor is, en die skerm+ van die ingang van die tent van samekoms, 26  en die behangsels+ van die voorhof en die skerm van die ingang+ van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle tenttoue en al hulle diensvoorwerpe, en alles waarmee daar gereeld werk gedoen word. So moet hulle dien. 27  Op bevel van Aäron en sy seuns+ moet al die dienswerk van die seuns van die Gersoniete+ plaasvind met betrekking tot al hulle vragte en al hulle dienswerk, en julle moet hulle al hulle vragte toewys as ’n verpligting. 28  Dit is die diens van die families van die seuns van die Gersoniete+ in die tent van samekoms, en hulle verpligte diens is onder die hand van Iʹtamar,+ die seun van die priester Aäron. 29  “Wat die seuns van Meraʹri+ betref, jy moet hulle registreer volgens hulle families in die huis van hulle vaders. 30  Van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar, moet jy hulle registreer, almal wat in die diensgroep intree om die diens van die tent van samekoms te verrig.+ 31  En dít is hulle plig, hulle vrag,+ volgens al hulle dienswerk in die tent van samekoms: die paneelrame+ van die tabernakel en sy stawe+ en sy pilare+ en sy voetstukke,+ 32  en die pilare+ van die voorhof rondom en hulle voetstukke+ en hulle tentpenne+ en hulle tenttoue tesame met al hulle toerusting en hulle hele bediening. En die toerusting wat hulle plig is, moet julle aan hulle by name as hulle vrag toewys.+ 33  Dit is die diens van die families van die seuns van Meraʹri+ volgens al hulle dienswerk in die tent van samekoms, onder die hand van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.”+ 34  En Moses en Aäron en die owerstes+ van die vergadering het die seuns van die Kehatiete+ geregistreer volgens hulle families en volgens die huis van hulle vaders, 35  van dertig+ jaar en ouer, tot vyftig jaar,+ almal wat in die diensgroep ingetree het vir die diens in die tent van samekoms.+ 36  En hulle geregistreerdes volgens hulle families was tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.+ 37  Dit is die geregistreerdes+ van die families van die Kehatiete, almal wat in die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron op bevel van Jehovah, deur middel van Moses, geregistreer het. 38  Wat die geregistreerdes van die seuns van Gerson+ betref, volgens hulle families en volgens die huis van hulle vaders, 39  van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar, almal wat in die diensgroep ingetree het vir die diens in die tent van samekoms,+ 40  hulle geregistreerdes volgens hulle families, volgens die huis van hulle vaders, was tweeduisend-seshonderd-en-dertig.+ 41  Dit was die geregistreerdes van die families van die seuns van Gerson, almal wat in die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron op bevel van Jehovah geregistreer het.+ 42  Wat die geregistreerdes van die families van die seuns van Meraʹri betref, volgens hulle families, volgens die huis van hulle vaders, 43  van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar, almal wat in die diensgroep ingetree het vir die diens in die tent van samekoms,+ 44  hulle geregistreerdes volgens hulle families was drieduisend-tweehonderd.+ 45  Dit was die geregistreerdes van die families van die seuns van Meraʹri, wat Moses en Aäron op bevel van Jehovah, deur middel van Moses, geregistreer het.+ 46  Al die geregistreerdes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel as Leviete geregistreer het volgens hulle families en volgens die huis van hulle vaders, 47  van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar,+ almal wat gekom het om die swaar diens te verrig en die diens om vragte in die tent van samekoms te dra, + 48  hulle geregistreerdes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.+ 49  Op bevel van Jehovah is hulle deur middel van Moses geregistreer, elkeen volgens sy diens en sy vrag; en hulle is geregistreer net soos Jehovah Moses beveel het.+

Voetnote