Numeri 6:1-27

6  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel en jy moet vir hulle sê: ‘As ’n man of ’n vrou ’n spesiale gelofte aflê om as ’n Nasireʹër+ vir Jehovah te lewe,  moet hy hom van wyn en sterk drank onthou. Hy mag nie wynasyn of die asyn van sterk drank drink+ of enige sap drink wat van druiwe gemaak is nie, of vars of gedroogde druiwe eet nie.  Al die dae van sy Nasireʹërskap mag hy hoegenaamd niks eet wat van die wynstok gemaak word nie, nie eens die groen druiwe of die doppe nie.  “‘Al die dae van die gelofte van sy Nasireʹërskap mag geen skeermes oor sy kop gaan nie;+ totdat die dae vervul is dat hy vir Jehovah afgesonderd moet wees, moet hy heilig wees deur die lokke+ van die hare van sy kop te laat groei.  Al die dae dat hy hom vir Jehovah afgesonderd hou, mag hy nie by enige dooie siel kom nie.+  Nie eens vir sy vader of sy moeder of sy broer of sy suster mag hy hom verontreinig wanneer hulle sterf nie,+ want die teken van sy Nasireʹërskap vir sy God is op sy kop.  “‘Al die dae van sy Nasireʹërskap is hy heilig vir Jehovah.  Maar as iemand wat sterwend is, ewe skielik langs hom sterf,+ sodat hy die kop van sy Nasireʹërskap verontreinig het, dan moet hy sy kop skeer+ op die dag dat sy reiniging vasgestel word. Op die sewende dag moet hy dit skeer. 10  En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester toe bring by die ingang van die tent van samekoms.+ 11  En die priester moet een as ’n sondoffer+ en die ander as ’n brandoffer+ berei en vir hom versoening doen, aangesien hy gesondig het weens die dooie siel. Dan moet hy sy kop op dié dag heilig. 12  En hy moet as ’n Nasireʹër+ vir Jehovah lewe gedurende die dae van sy Nasireʹërskap, en hy moet ’n jong ram in sy eerste jaar as ’n skuldoffer bring;+ en die vorige dae moet nie getel word nie, omdat hy sy Nasireʹërskap verontreinig het. 13  “‘En dít is die wet oor die Nasireʹër: Op die dag dat die dae van sy Nasireʹërskap vervul is,+ moet hy na die ingang van die tent van samekoms gebring word. 14  En hy moet as sy offer aan Jehovah aanbied: een jong ram sonder gebrek, in sy eerste jaar, as ’n brandoffer+ en een ooilam sonder gebrek, in haar eerste jaar, as ’n sondoffer+ en een ram sonder gebrek as ’n gemeenskapsoffer,+ 15  en ’n mandjie ongesuurde ringvormige koeke van fynmeel,+ met olie bevogtig,+ en ongesuurde platkoeke met olie gesmeer,+ en die graanoffer+ en die drankoffers+ wat daarby behoort. 16  En die priester moet dit voor Jehovah aanbied en sy sondoffer en sy brandoffer+ bring. 17  En hy moet die ram as ’n gemeenskapsoffer+ aan Jehovah bring saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die graanoffer+ en die drankoffer bring wat daarby behoort. 18  “‘En die Nasireʹër moet die kop van sy Nasireʹërskap by die ingang van die tent van samekoms skeer,+ en hy moet die hare van die kop van sy Nasireʹërskap neem en dit op die vuur sit wat onder die gemeenskapsoffer is. 19  En die priester moet ’n gekookte+ blad van die ram en een ongesuurde ringvormige koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek+ neem en dit op die palms van die Nasireʹër sit nadat hy die teken van sy Nasireʹërskap laat afskeer het. 20  En die priester moet dit as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer beweeg.+ Dit is iets heiligs vir die priester, saam met die bors+ van die beweegoffer en die boud van die bydrae.+ En daarna mag die Nasireʹër wyn drink.+ 21  “‘Dit is die wet oor die Nasireʹër+ wat ’n gelofte doen—sy offer aan Jehovah in verband met sy Nasireʹërskap, afgesien van wat hy kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy doen, so moet hy handel weens die wet van sy Nasireʹërskap.’” 22  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 23  “Praat met Aäron en sy seuns en sê: ‘Só moet julle die kinders van Israel seën+ deur vir hulle te sê: 24  “Mag Jehovah jou seën+ en jou bewaar.+ 25  Mag Jehovah sy aangesig teenoor jou laat skyn,+ en mag hy aan jou guns betoon.+ 26  Mag Jehovah sy aangesig teenoor jou verhef+ en aan jou vrede skenk.’”+ 27  En hulle moet my naam+ op die kinders van Israel lê, sodat ek hulle kan seën.”+

Voetnote