Numeri 7:1-89

7  En op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig het,+ het hy dit gesalf+ en dit geheilig met al sy toebehore, asook die altaar met al sy voorwerpe. So het hy dit gesalf en geheilig.+  Toe het die owerstes van Israel,+ die hoofde van die huis van hulle vaders, ’n offergawe aangebied,+ aangesien hulle die owerstes van die stamme was en oor die geregistreerdes gestaan het,  en hulle het hulle offer voor Jehovah gebring: ses tentwaens en twaalf beeste, ’n wa vir twee owerstes en ’n bul vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel aangebied.  Hierop het Jehovah vir Moses gesê:  “Aanvaar dit van hulle, aangesien dit gebruik moet word om die diens van die tent van samekoms te verrig, en jy moet dit aan die Leviete gee, elkeen na gelang van sy diens.”  Toe het Moses die waens en die beeste aanvaar en dit aan die Leviete gegee.  Twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee na gelang van hulle diens,+  en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Meraʹri gegee na gelang van hulle diens,+ onder die hand van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.+  Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie, want die diens van die heiligdom het op hulle gerus.+ Wat hulle moes dra, het hulle op die skouer gedra.+ 10  En die owerstes het hulle offergawe by die inwyding+ van die altaar aangebied, op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar aangebied. 11  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Die een owerste op die een dag en die ander owerste op die ander dag—so moet hulle hulle offer vir die inwyding van die altaar aanbied.”+ 12  En die een wat op die eerste dag sy offer aangebied het, was Nagson,+ die seun van Amminaʹdab, van die stam Juda. 13  En sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 14  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk;+ 15  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 16  een boklam as ’n sondoffer;+ 17  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Amminaʹdab.+ 18  Op die tweede dag het Netaʹnel,+ die seun van Suar, die owerste van Isʹsaskar, ’n offergawe aangebied. 19  Hy het as sy offer aangebied: een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 20  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 21  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 22  een boklam as ’n sondoffer;+ 23  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Netaʹnel, die seun van Suar. 24  Op die derde dag was dit die owerste van die seuns van Seʹbulon, Eliʹab,+ die seun van Helon. 25  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer; 26  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 27  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 28  een boklam as ’n sondoffer;+ 29  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Eliʹab, die seun van Helon.+ 30  Op die vierde dag was dit die owerste van die seuns van Ruben, Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 31  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 32  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 33  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 34  een boklam as ’n sondoffer;+ 35  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Eliʹsur, die seun van Sedeʹür.+ 36  Op die vyfde dag was dit die owerste van die seuns van Siʹmeon, Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 37  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 38  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 39  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 40  een boklam as ’n sondoffer;+ 41  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Seluʹmiël, die seun van Suriʹsaddai.+ 42  Op die sesde dag was dit die owerste van die seuns van Gad, Elʹjasaf,+ die seun van Deʹhuel. 43  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 44  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk;+ 45  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 46  een boklam as ’n sondoffer;+ 47  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Elʹjasaf, die seun van Deʹhuel.+ 48  Op die sewende dag was dit die owerste van die seuns van Eʹfraim, Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 49  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 50  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 51  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 52  een boklam as ’n sondoffer;+ 53  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Elisaʹma, die seun van Ammiʹhud.+ 54  Op die agtste dag was dit die owerste van die seuns van Manasʹse, Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 55  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 56  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk;+ 57  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 58  een boklam as ’n sondoffer;+ 59  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Gamaʹliël, die seun van Pedaʹsur.+ 60  Op die negende dag was dit die owerste+ van die seuns van Benjamin, Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 61  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 62  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 63  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 64  een boklam as ’n sondoffer;+ 65  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Abiʹdan, die seun van Gideoʹni.+ 66  Op die tiende dag was dit die owerste van die seuns van Dan, Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 67  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 68  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk; 69  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 70  een boklam as ’n sondoffer;+ 71  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammiʹsaddai.+ 72  Op die elfde dag was dit die owerste van die seuns van Aser, Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 73  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 74  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk;+ 75  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 76  een boklam as ’n sondoffer;+ 77  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Paʹgiël, die seun van Ogran.+ 78  Op die twaalfde dag was dit die owerste van die seuns van Nafʹtali, Ahiʹra,+ die seun van Enan. 79  Sy offer was een silwerskottel, waarvan die gewig honderd-en-dertig sikkels was, een silwerbak van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom, albei vol fynmeel met olie bevogtig as ’n graanoffer;+ 80  een goue beker van tien sikkels, vol reukwerk;+ 81  een jong bul, een ram, een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 82  een boklam as ’n sondoffer;+ 83  en as ’n gemeenskapsoffer+ twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud ramlammers. Dit was die offer van Ahiʹra, die seun van Enan.+ 84  Dít was die inwydingsoffer+ van die altaar van die kant van die owerstes+ van Israel op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke,+ twaalf goue bekers; 85  honderd-en-dertig sikkels was elke silwerskottel, en sewentig elke bak, sodat al die silwer van die houers tweeduisend-vierhonderd sikkels was volgens die sikkel van die heiligdom;+ 86  die twaalf goue bekers+ vol reukwerk was tien sikkels vir elke beker volgens die sikkel van die heiligdom, sodat al die goud van die bekers honderd-en-twintig sikkels was; 87  al die vee vir die brandoffer+ was twaalf bulle, twaalf ramme, twaalf jaaroud ramlammers en hulle graanoffers,+ en twaalf boklammers as ’n sondoffer;+ 88  en al die vee van die gemeenskapsoffer+ was vier-en-twintig bulle, sestig ramme, sestig bokramme, sestig jaaroud ramlammers. Dit was die inwydingsoffer+ van die altaar nadat dit gesalf is.+ 89  En wanneer Moses in die tent van samekoms ingegaan het om met hom te praat,+ dan het hy die stem met hom hoor praat van bokant die deksel+ af wat op die ark van die getuienis was, tussen die twee gerubs uit;+ en hy het met hom gepraat.

Voetnote