Numeri 8:1-26

8  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê:  “Praat met Aäron, en jy moet vir hom sê: ‘Wanneer jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe op die ruimte aan die voorkant van die lampstaander skyn.’”+  En Aäron het so begin doen. Hy het die lampe daarvan opgesteek vir die ruimte aan die voorkant van die lampstaander,+ net soos Jehovah Moses beveel het.  En dit is hoe die lampstaander gemaak is. Dit was dryfwerk van goud. Tot aan sy kante en tot aan sy bloeisels was dit dryfwerk.+ Volgens die visioen+ wat Jehovah aan Moses getoon het, so het hy die lampstaander gemaak.  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit, en jy moet hulle reinig.+  En só moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Spat ontsondigingswater op hulle,+ en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele vlees laat gaan+ en moet hulle klere was+ en hulleself reinig.+  Dan moet hulle ’n jong bul+ neem en die graanoffer+ van fynmeel met olie bevogtig wat daarby behoort, en jy moet ’n ander jong bul as ’n sondoffer neem.+  En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat kom en die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom.+ 10  En jy moet die Leviete voor Jehovah laat kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete+ lê.+ 11  En Aäron moet die Leviete as ’n beweegoffer+ van die kinders van Israel voor Jehovah heen en weer laat beweeg, en hulle moet daar wees om die diens van Jehovah te verrig.+ 12  “Dan moet die Leviete hulle hande op die kop van die bulle lê.+ Bring daarna die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer aan Jehovah, om vir die Leviete versoening te doen.+ 13  En jy moet die Leviete voor Aäron en sy seuns stel en hulle as ’n beweegoffer aan Jehovah heen en weer laat beweeg. 14  En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, en die Leviete moet myne word.+ 15  En daarna moet die Leviete ingaan om by die tent van samekoms diens te doen.+ So moet jy hulle reinig en hulle as ’n beweegoffer heen en weer laat beweeg.+ 16  Want hulle is gegewenes, wat aan my gegee is onder die kinders van Israel uit.+ In die plek van dié wat alle moederskote open, al die eersgeborenes van die kinders van Israel,+ sal ek hulle vir my neem. 17  Want elke eersgeborene onder die kinders van Israel is myne, onder die mense en onder die diere.+ Op die dag toe ek elke eersgeborene in Egipteland getref het,+ het ek hulle vir my geheilig.+ 18  En ek sal die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel neem.+ 19  En ek sal die Leviete as gegewenes aan Aäron en sy seuns gee onder die kinders van Israel uit,+ om die diens van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig+ en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat geen plaag onder die kinders van Israel kom+ omdat die kinders van Israel nader kom na die heiligdom nie.” 20  En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het so met die Leviete gedoen. Ooreenkomstig alles wat Jehovah Moses aangaande die Leviete beveel het, so het die kinders van Israel met hulle gedoen. 21  En die Leviete het hulleself gereinig+ en hulle klere gewas, waarna Aäron hulle as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer laat beweeg het.+ Toe het Aäron vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.+ 22  Eers daarna het die Leviete ingegaan om hulle diens in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig.+ Net soos Jehovah Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen. 23  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê: 24  “Dít is van toepassing op die Leviete: Van vyf-en-twintig jaar en ouer moet hy kom om in die groep in te tree in die diens van die tent van samekoms. 25  Maar ná die ouderdom van vyftig jaar moet hy hom aan die diensgroep onttrek en nie meer dien nie. 26  En hy moet sy broers in die tent van samekoms dien in die nakoming van die verpligting, maar hy mag geen diens verrig nie. So moet jy met die Leviete doen ten opsigte van hulle verpligtinge.”+

Voetnote