Numeri 9:1-23

9  En Jehovah het met Moses gepraat in die wildernis Siʹnai in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipteland, in die eerste maand,+ en gesê:  “Die kinders van Israel moet die pasgaoffer+ op die vasgestelde tyd+ daarvoor berei.  Op die veertiende dag in hierdie maand, tussen die twee aande,+ moet julle dit op die vasgestelde tyd daarvoor berei. Volgens al die insettinge en al die gebruiklike prosedures daarvoor moet julle dit berei.”+  Daarop het Moses vir die kinders van Israel gesê dat hulle die pasgaoffer moet berei.  Toe het hulle die pasgaoffer in die eerste maand berei, op die veertiende dag van die maand, tussen die twee aande, in die wildernis Siʹnai. Volgens alles wat Jehovah Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.+  En daar was manne wat deur ’n mensesiel onrein geword het,+ sodat hulle nie die pasgaoffer op daardie dag kon berei nie. Daarom het hulle op dié dag voor Moses en Aäron verskyn.+  Toe het dié manne vir hom gesê: “Ons is onrein deur ’n mensesiel. Waarom moet ons daarvan weerhou word om die offer+ vir Jehovah op die vasgestelde tyd daarvoor onder die kinders van Israel aan te bied?”  Hierop het Moses vir hulle gesê: “Bly hier staan, en laat ek hoor wat Jehovah aangaande julle beveel.”+  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 10  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Al sou iemand van julle of van julle geslagte deur ’n siel onrein wees+ of op ’n ver reis wees, moet ook hy die pasgaoffer vir Jehovah berei. 11  In die tweede maand,+ op die veertiende dag, tussen die twee aande, moet hulle dit berei. Met ongesuurde koeke en bitter kruie moet hulle dit eet.+ 12  Hulle mag niks daarvan tot die oggend toe laat oorbly nie,+ en hulle mag geen been daarvan breek nie.+ Volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit berei.+ 13  Maar as die man rein was of nie op reis was nie en nagelaat het om die pasgaoffer te berei, dan moet dié siel uit sy volk uitgeroei word,+ want hy het die offer van Jehovah nie op die vasgestelde tyd daarvoor aangebied nie. Dié man moet verantwoording doen vir sy sonde.+ 14  “‘En as ’n inwonende vreemdeling as ’n vreemdeling by julle woon, moet ook hy die pasgaoffer vir Jehovah berei.+ Volgens die insetting van die pasga en volgens die gebruiklike prosedure daarvoor moet hy dit doen.+ Daar moet een insetting vir julle wees, vir die inwonende vreemdeling sowel as vir die boorling van die land.’”+ 15  En op die dag toe die tabernakel opgerig is,+ het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis bedek,+ maar in die aand het iets wat soos vuur gelyk het,+ oor die tabernakel gebly tot die oggend toe. 16  Só het dit voortdurend gebly: Die wolk het dit bedags bedek, en die vuurverskynsel snags.+ 17  En wanneer die wolk van die tent af opgetrek het, het die kinders van Israel onmiddellik daarna weggetrek,+ en op die plek waar die wolk vertoef het, daar het die kinders van Israel kamp opgeslaan.+ 18  Op bevel van Jehovah het die kinders van Israel weggetrek, en op bevel van Jehovah het hulle kamp opgeslaan.+ Al die dae dat die wolk oor die tabernakel vertoef het, het hulle kamp daar gebly. 19  En wanneer die wolk baie dae oor die tabernakel bly staan het, dan het die kinders van Israel hulle verpligting teenoor Jehovah nagekom, dat hulle nie moet wegtrek nie.+ 20  En soms het die wolk ’n paar dae oor die tabernakel gebly. Op bevel+ van Jehovah het hulle kamp daar gebly, en op bevel van Jehovah het hulle weggetrek. 21  En soms het die wolk+ van die aand tot die oggend gebly; en die wolk het in die oggend opgetrek, en hulle het weggetrek. Of dit bedags of snags was dat die wolk opgetrek het, hulle het dan weggetrek.+ 22  Of die wolk twee dae of ’n maand of meer dae oor die tabernakel bly staan het deur daaroor te vertoef, die kinders van Israel se kamp het daar gebly en hulle het nie weggetrek nie, maar wanneer dit opgetrek het, het hulle weggetrek.+ 23  Op bevel van Jehovah het hulle kamp opgeslaan, en op bevel van Jehovah het hulle weggetrek. Hulle het hulle verpligting+ teenoor Jehovah nagekom op bevel van Jehovah deur middel van Moses.+

Voetnote