Obadja 1:1-21

 Die visioen van Obadʹja: Só het die Soewereine Heer Jehovah oor Edom+ gesê: “’n Berig het ons van Jehovah gehoor, en ’n gesant is onder die nasies gestuur: ‘STAAN OP, en laat ons opstaan om teen hom oorlog te voer.’”+  “Kyk! Ek het jou klein gemaak onder die nasies.+ Jy word grootliks verag.+  Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg,+ jy wat in die skuilplekke van die krans woon,+ die hoogte waar hy bly, terwyl hy in sy hart sê: ‘Wie sal my na die aarde afbring?’  Al maak jy jou plek hoog soos die arend, of al word jou nes tussen die sterre geplaas, ek sal jou daarvandaan afbring”,+ is die woord van Jehovah.  “As diewe na jou toe kom, as plunderaars in die nag inkom, in watter mate sou jy dan tot swye gebring word?+ Sou hulle nie soveel steel as wat hulle wil nie? Of as druiweplukkers na jou toe kom, sou hulle dan nie van die oesoorblyfsels laat oorbly nie?+  Hoe is dié van Esau tog deursoek!+ Hoe is sy verborge skatte tog opgespoor!  Tot by die grens het hulle jou gestuur. Al die manne wat in ’n verbond met jou is, het jou bedrieg.+ Die manne wat in vrede met jou gelewe het, het die oorhand oor jou gekry.+ Dié wat saam met jou voedsel eet, sal ’n net span onder jou as iemand in wie daar geen onderskeidingsvermoë is nie.+  Sal dit nie in dié dag wees nie?” is die woord van Jehovah. “En ek sal beslis die wyses uit Edom vernietig+ en onderskeidingsvermoë uit die bergstreek van Esau.  En jou sterk manne sal verskrik word,+ o Teman,+ omdat elkeen deur ’n slagting+ uit die bergstreek van Esau uitgeroei sal word.+ 10  Weens die geweld teen jou broer Jakob+ sal skaamte jou bedek,+ en jy sal tot onbepaalde tyd uitgeroei moet word.+ 11  Die dag toe jy eenkant gestaan het, die dag toe vreemdelinge sy krygsmag in gevangenskap weggevoer het+ en toe uitlanders sy poort ingegaan+ en die lot oor Jerusalem gewerp het,+ was jy ook soos een van hulle. 12  “En jy behoort nie te kyk na wat te sien is op die dag van jou broer,+ op die dag van sy teëspoed nie; en jy behoort nie bly te wees oor die kinders van Juda op die dag dat hulle omkom nie;+ en jy behoort nie ’n groot mond te hê op die dag van hulle benoudheid nie. 13  Jy behoort nie in die poort van my volk te kom op die dag van hulle ongeluk nie.+ Jy, ja jy, behoort nie na sy rampspoed te kyk op die dag van sy ongeluk nie; en jy behoort nie ’n hand na sy rykdom uit te steek op die dag van sy ongeluk nie.+ 14  En jy behoort nie by die kruispad te staan om dié van hom wat ontkom het, uit te roei nie;+ en jy behoort nie sy oorlewendes op die dag van benoudheid+ uit te lewer nie. 15  Want die dag van Jehovah teen al die nasies is naby.+ Soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word.+ Jou soort behandeling sal op jou eie hoof terugkom.+ 16  Want soos julle op my heilige berg gedrink het, sal al die nasies voortdurend bly drink.+ En hulle sal beslis drink en insluk en word asof hulle nooit bestaan het nie. 17  “En op die berg Sion sal dié wees wat ontkom,+ en dit sal iets heiligs word;+ en die huis van Jakob sal hulle besittings in besit neem.+ 18  En die huis van Jakob sal ’n vuur word,+ en die huis van Josef ’n vlam, en die huis van Esau soos stoppels;+ en hulle sal hulle aan die brand steek en hulle verteer. En daar sal geen oorlewende vir die huis van Esau wees nie;+ want Jehovah het dit gespreek. 19  En hulle sal die Negeb in besit neem, ja, die bergstreek van Esau,+ en die Sjefeʹla, ja, van die Filistyne.+ En hulle sal die gebied van Eʹfraim+ en die gebied van Samariʹa+ in besit neem; en Benjamin sal Giʹlead+ in besit neem. 20  En wat die ballinge van hierdie skans+ betref, aan die kinders van Israel sal behoort wat die Kanaäniete+ tot by Sarfat+ besit het. En die ballinge van Jerusalem, wat in Sefaʹrad was, sal die stede van die Negeb in besit neem.+ 21  “En redders+ sal beslis tot op die berg Sion kom,+ om die bergstreek van Esau te oordeel;+ en die koningskap sal Jehovah s’n word.”+

Voetnote