Openbaring 1:1-20

1  ’n Openbaring+ deur Jesus Christus, wat God hom gegee het,+ om vir sy slawe+ die dinge te toon wat binnekort moet plaasvind.+ En hy het sy engel uitgestuur+ en dit deur hom in tekens+ aan sy slaaf Johannes+ oorgedra,  wat getuig het van die woord wat God gegee het+ en van die getuienis wat Jesus Christus gegee het,+ ja, van alles wat hy gesien het.  Gelukkig+ is hy wat die woorde van hierdie profesie hardop lees+ en dié wat dit hoor+ en wat die dinge onderhou wat daarin geskrywe staan;+ want die vasgestelde tyd is naby.+  Johannes aan die sewe gemeentes+ wat in die landstreek Asië is: Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê van “Die Een wat is en wat was en wat kom”,+ en van die sewe geeste+ wat voor sy troon is,  en van Jesus Christus, “die Getroue Getuie”,+ “Die eersgeborene uit die dode”+ en “Die Heerser van die konings van die aarde”.+ Aan hom wat ons liefhet+ en wat ons deur middel van sy eie bloed van ons sondes losgemaak het+  en hy het ons ’n koninkryk gemaak,+ priesters+ vir sy God en Vader—ja, aan hom die heerlikheid en die mag tot in ewigheid.+ Amen.  Kyk! Hy kom met die wolke,+ en elke oog sal hom sien,+ ook diegene wat hom deurboor het;+ en al die stamme van die aarde sal hulleself in droefheid slaan weens hom.+ Ja, Amen.  “Ek is die Alfa en die Omeʹga”,+ sê Jehovah God, “die Een wat is en wat was en wat kom,+ die Almagtige.”+  Ek, Johannes, julle broer en ’n deelgenoot met julle in die verdrukking+ en die koninkryk+ en volharding+ in gemeenskap met Jesus,+ het my op die eiland bevind wat Patmos genoem word, omdat ek oor God gepraat en van Jesus getuig het.+ 10  Deur inspirasie+ het ek my in die dag van die Here+ bevind,+ en ek het ’n sterk stem agter my gehoor,+ soos dié van ’n trompet, 11  wat gesê het: “Skryf wat jy sien+ in ’n boekrol en stuur dit aan die sewe gemeentes:+ in Eʹfese+ en in Smirna+ en in Perʹgamum+ en in Tiatiʹra+ en in Sardis+ en in Filadelʹfia+ en in Laodiseʹa.”+ 12  En ek het omgedraai om die stem te sien wat met my gepraat het, en toe ek omgedraai het, het ek sewe goue lampstaanders+ gesien, 13  en tussen die lampstaanders iemand soos ’n seun van die mens,+ geklee in ’n kleed wat tot op die voete hang, en om die bors omgord met ’n goue gordel. 14  Verder was sy kop en sy hare wit+ soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ’n vuurvlam;+ 15  en sy voete was soos fyn koper+ wanneer dit in ’n oond gloei; en sy stem+ was soos die geluid van baie waters. 16  En in sy regterhand het hy sewe sterre+ gehad, en uit sy mond het ’n skerp, lang tweesnydende swaard+ gekom, en sy aangesig was soos die son wanneer hy in sy krag skyn.+ 17  En toe ek hom sien, het ek asof dood voor sy voete neergeval. En hy het sy regterhand op my gelê en gesê: “Moenie bevrees wees nie.+ Ek is die Eerste+ en die Laaste,+ 18  en die lewende;+ en ek het doodgegaan,+ maar kyk! ek lewe vir ewig en altyd,+ en ek het die sleutels van die dood+ en van Haʹdes.+ 19  Skryf dan die dinge op wat jy gesien het, en die dinge wat is en die dinge wat hierna sal plaasvind.+ 20  Wat die heilige geheim betref van die sewe sterre+ wat jy op my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampstaanders:+ Die sewe sterre beteken die engele van die sewe gemeentes, en die sewe lampstaanders beteken sewe gemeentes.+

Voetnote