Openbaring 10:1-11

10  En ek het ’n ander sterk engel+ uit die hemel sien neerdaal, geklee met ’n wolk,+ en daar was ’n reënboog op sy kop, en sy gesig was soos die son,+ en sy voete+ was soos vuurpilare,  en hy het in sy hand ’n geopende boekrolletjie gehad. En hy het sy regtervoet op die see gesit, maar sy linkervoet op die aarde,+  en hy het met ’n harde stem uitgeroep net soos wanneer ’n leeu+ brul. En toe hy uitroep, het die sewe donderslae+ hulle eie stemme laat hoor.  En toe die sewe donderslae praat, het ek op die punt gestaan om te skryf; maar ek het ’n stem uit die hemel+ hoor sê: “Verseël die dinge+ wat die sewe donderslae gesê het, en moet dit nie neerskryf nie.”  En die engel wat ek op die see en op die aarde sien staan het, het sy regterhand na die hemel opgehef,+  en hy het gesweer by die Een wat vir ewig en altyd+ lewe,+ wat die hemel en die dinge daarin en die aarde+ en die dinge daarin en die see en die dinge daarin+ geskep het: “Daar sal geen uitstel+ meer wees nie;  maar in die dae wanneer die sewende engel+ homself laat hoor, wanneer hy op die punt staan om op sy trompet te blaas,+ word die heilige geheim+ van God ooreenkomstig die goeie nuus wat hy aan sy eie slawe, die profete, bekend gemaak het,+ inderdaad tot ’n einde gebring.”  En die stem+ wat ek uit die hemel gehoor het, praat weer met my en sê: “Gaan, neem die geopende boekrol wat in die hand van die engel is wat op die see en op die aarde staan.”+  En ek het na die engel toe gegaan en vir hom gesê om die boekrolletjie vir my te gee. En hy het vir my gesê: “Neem dit en eet dit op,+ en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.” 10  En ek het die boekrolletjie uit die hand van die engel geneem en dit opgeëet,+ en in my mond was dit soet soos heuning;+ maar toe ek dit opgeëet het, is my maag bitter gemaak. 11  En hulle sê vir my: “Jy moet weer met betrekking tot volke en nasies en tale en baie konings profeteer.”+

Voetnote