Openbaring 11:1-19

11  En ’n riet soos ’n staf+ is vir my gegee terwyl hy gesê het: “Staan op en meet die tempelheiligdom+ van God en die altaar en dié wat daarin aanbid.  Maar wat die voorhof betref wat buitekant+ die tempelheiligdom is, werp dit heeltemal uit en moet dit nie meet nie, want dit is aan die nasies gegee,+ en hulle sal die heilige stad+ twee-en-veertig maande+ lank met die voete vertrap.  En ek sal my twee+ getuies duisend-tweehonderd-en-sestig dae laat profeteer,+ geklee in saklinne.”+  Hulle word deur die twee olyfbome+ en die twee lampstaanders+ gesimboliseer en staan voor die Here van die aarde.+  En as iemand hulle kwaad wil aandoen, gaan vuur uit hulle mond uit en verteer hulle vyande;+ en as iemand hulle kwaad sal wil aandoen, moet hy op hierdie manier doodgemaak word.  Hulle het die gesag om die hemel toe te sluit+ sodat geen reën sal val+ gedurende die dae wat hulle profeteer nie, en hulle het gesag oor die waters, om dit in bloed+ te verander en om die aarde met allerhande plae te tref so dikwels as hulle wil.  En wanneer hulle hulle getuienis klaar gegee het, sal die wilde dier wat uit die afgrond opkom,+ teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.+  En hulle lyke sal op die breë straat van die groot stad lê wat in geestelike sin Sodom+ en Egipte genoem word, waar hulle Here ook aan die paal gehang is.+  En mense uit die volke en stamme en tale en nasies+ sal drie en ’n half dae+ na hulle lyke kyk, en hulle laat nie toe dat hulle lyke in ’n graf neergelê word nie. 10  En dié wat op die aarde woon, is bly+ oor hulle en is vrolik, en hulle sal aan mekaar geskenke stuur,+ want hierdie twee profete het dié wat op die aarde woon, gepynig. 11  En ná die drie en ’n half dae+ het lewensgees van God af in hulle ingegaan,+ en hulle het op hulle voete gaan staan, en groot vrees het op dié geval wat hulle gesien het. 12  En hulle het ’n harde stem+ uit die hemel vir hulle hoor sê: “Kom op hierheen.”+ En hulle het in die wolk tot in die hemel opgegaan, en hulle vyande het hulle gesien. 13  En in daardie uur het daar ’n groot aardbewing plaasgevind, en ’n tiende+ van die stad het geval; en seweduisend persone is deur die aardbewing doodgemaak, en die res het bang geword en heerlikheid aan die God van die hemel gegee.+ 14  Die tweede wee is verby.+ Kyk! Die derde wee kom gou. 15  En die sewende engel het op sy trompet geblaas.+ En daar het harde stemme in die hemel gekom wat sê: “Die koninkryk van die wêreld het die koninkryk van ons Here+ en van sy Christus geword,+ en hy sal vir ewig en altyd as koning heers.”+ 16  En die vier-en-twintig ouderlinge+ wat voor God op hulle trone gesit het, het op hulle gesig geval+ en God aanbid+ 17  en gesê: “Ons dank u,+ Jehovah God, die Almagtige,+ die Een wat is+ en wat was, want u het u groot krag opgeneem+ en as koning begin heers.+ 18  Maar die nasies se gramskap het ontvlam, en u eie gramskap het gekom, en die vasgestelde tyd vir die dooies om geoordeel te word en om aan u slawe, die profete,+ en aan die heiliges en aan dié wat u naam vrees, klein en groot,+ hulle beloning te gee,+ en om die verderwers van die aarde+ te verderf.”+ 19  En die tempelheiligdom van God wat in die hemel is,+ is oopgemaak, en die ark+ van sy verbond is in sy tempelheiligdom+ gesien. En daar het weerligstrale en stemme en donderslae en ’n aardbewing en ’n groot hael gekom.

Voetnote