Openbaring 12:1-17

12  En ’n groot teken+ is in die hemel gesien: ’n vrou+ geklee met die son, en die maan was onder haar voete, en op haar kop was ’n kroon van twaalf sterre,  en sy was swanger. En sy roep uit in haar pyne+ en in haar barensnood.  En nog ’n teken is in die hemel gesien, en kyk! ’n groot vuurkleurige draak+ met sewe koppe en tien horings en op sy koppe sewe krone;  en sy stert+ sleep ’n derde van die sterre+ van die hemel saam, en hy het hulle na die aarde neergeslinger.+ En die draak het voor die vrou+ bly staan wat op die punt gestaan het om geboorte te gee,+ sodat hy, wanneer sy geboorte gegee het, haar kind kon verslind.+  En sy het geboorte gegee aan ’n seun,+ ’n manlike kind, wat met ’n ysterstaf as herder teenoor al die nasies sal optree.+ En haar kind is weggeruk na God en na sy troon.+  En die vrou het die wildernis in gevlug,+ waar sy ’n plek het wat deur God berei is, sodat hulle haar daar duisend-tweehonderd-en-sestig dae+ lank sou voed.+  En oorlog het in die hemel uitgebreek: Miʹgael+ en sy engele het teen die draak geveg, en die draak en sy engele het geveg,  maar hy het nie geseëvier nie, en ook is daar vir hulle geen plek meer in die hemel gevind nie.  Toe is die groot draak+ neergeslinger, die oorspronklike slang,+ die een wat Duiwel+ en Satan+ genoem word, wat die hele bewoonde aarde mislei;+ hy is na die aarde neergeslinger,+ en sy engele is saam met hom neergeslinger. 10  En ek het ’n harde stem in die hemel hoor sê: “Nou het die redding+ en die krag+ en die koninkryk van ons God+ en die gesag van sy Christus+ gekom, want die beskuldiger van ons broers, wat hulle dag en nag voor ons God beskuldig,+ is neergeslinger! 11  En hulle het hom oorwin+ weens die bloed van die Lam+ en weens die woord van hulle getuienis,+ en selfs toe die dood hulle in die gesig gestaar het, het hulle hulle siel nie liefgehad nie.+ 12  Daarom, wees bly, o hemele en julle wat daarin woon!+ Wee+ die aarde en die see,+ want die Duiwel het na julle toe neergedaal en het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydjie het.”+ 13  En toe die draak sien dat hy na die aarde neergeslinger is,+ het hy die vrou+ vervolg wat aan die seun geboorte gegee het. 14  Maar die twee vlerke van die groot arend+ is aan die vrou gegee, sodat sy die wildernis in,+ na haar plek, kon vlieg; daar word sy ’n tyd en tye en ’n halwe tyd+ gevoed,+ weg van die gesig van die slang+ af. 15  En die slang het water+ soos ’n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om haar deur die rivier te laat verdrink.+ 16  Maar die aarde het die vrou te hulp gekom,+ en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier verswelg wat die draak uit sy bek uitgespoeg het. 17  En die draak se gramskap het teen die vrou ontvlam,+ en hy het weggegaan om oorlog te voer teen die oorblywendes van haar saad, wat die gebooie van God bewaar en die werk het om van Jesus te getuig.+

Voetnote