Openbaring 13:1-18

13  En hy het op die sand+ van die see gaan staan. En ek het ’n wilde dier+ uit die see sien opkom,+ met tien horings+ en sewe koppe,+ en op sy horings tien krone, maar op sy koppe lasterlike+ name.  En die wilde dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd,+ maar sy pote was soos dié van ’n beer,+ en sy bek was soos ’n leeu+ se bek. En die draak+ het aan die dier sy krag en sy troon en groot gesag gegee.+  En ek het een van sy koppe gesien asof dit tot die dood toe geslag is, maar sy dodelike wond+ het genees, en die hele aarde het die wilde dier met bewondering gevolg.  En hulle het die draak aanbid omdat hy die gesag aan die wilde dier gegee het, en hulle het die wilde dier aanbid met die woorde: “Wie is soos die wilde dier, en wie kan teen hom veg?”  En ’n mond wat groot dinge+ en lasteringe spreek, is aan hom gegee,+ en gesag om twee-en-veertig maande+ op te tree, is aan hom gegee.  En hy het sy mond oopgemaak met lasteringe+ teen God, om sy naam en sy woonplek, ja, dié wat in die hemel woon,+ te laster.  En aan hom is dit gegee+ om teen die heiliges oorlog te voer en hulle te oorwin,+ en hy is gesag oor elke stam en volk en taal en nasie gegee.  En almal wat op die aarde woon, sal hom aanbid; die naam van nie een van hulle staan van die grondlegging van die wêreld+ af geskrywe in die boekrol+ van die lewe van die Lam wat geslag is nie.+  As iemand ’n oor het, laat hom hoor.+ 10  As iemand vir gevangenskap bestem is, gaan hy gevangenskap in.+ As iemand met die swaard sal doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word.+ Hiér beteken dit die volharding+ en geloof+ van die heiliges.+ 11  En ek het ’n ander wilde dier+ uit die aarde sien opkom,+ en hy het twee horings gehad soos ’n lam, maar hy het soos ’n draak begin praat.+ 12  En hy oefen al die gesag van die eerste wilde dier+ voor sy oë uit. En hy maak dat die aarde en dié wat daarop woon, die eerste wilde dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees het.+ 13  En hy doen groot tekens,+ sodat hy selfs vuur uit die hemel na die aarde laat neerdaal ten aanskoue van die mense. 14  En hy mislei dié wat op die aarde woon weens die tekens wat aan hom gegee is om voor die oë van die wilde dier te doen, terwyl hy vir dié wat op die aarde woon, sê om ’n beeld+ te maak vir die wilde dier wat die swaardwond gehad+ en tog herlewe het. 15  En aan hom is dit gegee om asem aan die beeld van die wilde dier te gee, sodat die beeld van die wilde dier sou praat sowel as veroorsaak dat almal doodgemaak word wat die beeld van die wilde dier geensins aanbid nie.+ 16  En hy oefen dwang op almal uit,+ klein en groot, en die rykes en die armes, en die vryes en die slawe, dat hulle ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop gegee moet word,+ 17  en dat niemand sal kan koop of verkoop nie, behalwe iemand wat die merk het, die naam+ van die wilde dier of die getal van sy naam.+ 18  Hiér is dit ’n kwessie van wysheid: Laat die een wat intelligensie het, die getal van die wilde dier bereken, want dit is ’n mens se+ getal; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.+

Voetnote