Openbaring 15:1-8

15  En ek het in die hemel ’n ander teken gesien,+ groot en wonderbaar: sewe engele+ met sewe plae.+ Dit is die laastes, want deur middel daarvan word die toorn+ van God tot ’n einde gebring.+  En ek het iets gesien wat soos ’n glasagtige see+ gemeng met vuur lyk, en dié wat oor die wilde dier en oor sy beeld+ en oor die getal+ van sy naam seëvier+ en by die glasagtige see staan,+ met harpe+ van God.  En hulle sing die lied van Moses,+ die slaaf van God, en die lied van die Lam+ en sê: “Groot en wonderbaar is u werke,+ Jehovah God, die Almagtige.+ Regverdig en waaragtig is u weë,+ Koning van die ewigheid.+  Wie sal u nie werklik vrees nie,+ Jehovah,+ en u naam nie verheerlik nie,+ want u alleen is lojaal?+ Want al die nasies sal kom en voor u aanbid,+ omdat u regverdige verordeninge openbaar gemaak is.”+  En ná hierdie dinge het ek gesien, en die heiligdom van die tent+ van die getuienis+ is in die hemel oopgemaak,+  en die sewe engele+ met die sewe plae+ het uit die heiligdom te voorskyn gekom, geklee in skoon, blink linne+ en om hulle bors omgord met goue gordels.  En een van die vier lewende wesens+ het vir die sewe engele sewe goue bakke gegee, wat vol was van die toorn van God,+ wat vir ewig en altyd lewe.+  En die heiligdom het vol rook geword weens die heerlikheid van God+ en weens sy krag, en niemand kon in die heiligdom ingaan totdat die sewe plae+ van die sewe engele voleindig was nie.

Voetnote