Openbaring 16:1-21

16  En ek het ’n harde stem+ uit die heiligdom vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke van die toorn+ van God op die aarde uit.”  En die eerste+ het weggegaan en sy bak op die aarde uitgegooi.+ En ’n skadelike en kwaadaardige sweer+ het aan die mense gekom wat die merk van die wilde dier gehad+ en wat sy beeld aanbid het.+  En die tweede+ het sy bak in die see+ uitgegooi. En dit het bloed geword+ soos van ’n dooie, en elke lewende siel het gesterf, ja, die dinge in die see.+  En die derde+ het sy bak in die riviere+ en die waterfonteine uitgegooi. En hulle het bloed geword.+  En ek het die engel wat oor die waters is, hoor sê: “U, die Een wat is en wat was,+ die Een wat lojaal is,+ is regverdig, omdat u hierdie beslissings gegee het,+  want hulle het die bloed van heiliges en van profete uitgestort,+ en u het vir hulle bloed gegee+ om te drink. Hulle verdien dit.”+  En ek het die altaar hoor sê: “Ja, Jehovah God, die Almagtige,+ waaragtig en regverdig is u regterlike beslissings.”+  En die vierde+ het sy bak op die son uitgegooi; en aan die son is dit gegee om die mense met vuur te verskroei.+  En die mense is met groot hitte verskroei, maar hulle het die naam+ van God gelaster, wat die gesag+ oor hierdie plae het, en hulle het nie berou getoon om aan hom heerlikheid te gee nie.+ 10  En die vyfde het sy bak op die troon van die wilde dier+ uitgegooi. En sy koninkryk het verduisterd geword,+ en hulle het hulle tonge begin kou van die pyn, 11  maar hulle het die God van die hemel gelaster+ weens hulle pyne en weens hulle swere, en hulle het nie berou gehad oor hulle werke nie. 12  En die sesde+ het sy bak op die groot rivier, die Eufraat,+ uitgegooi, en sy water is opgedroog,+ sodat die weg vir die konings+ wat van die sonsopgang af kom, berei kon word. 13  En ek het drie onrein geïnspireerde uitinge+ wat soos paddas+ gelyk het, uit die bek van die draak+ en uit die bek van die wilde dier+ en uit die mond van die valse profeet+ sien kom. 14  Hulle is in werklikheid uitinge wat deur demone geïnspireer is+ en doen tekens,+ en hulle gaan uit na die konings+ van die hele bewoonde aarde,+ om hulle te versamel vir die oorlog+ van die groot dag+ van God die Almagtige.+ 15  “Kyk! Ek kom soos ’n dief.+ Gelukkig is die een wat wakker bly+ en sy boklere bewaar, sodat hy nie naak sal loop en mense sy skande sien nie.”+ 16  En hulle het hulle versamel na die plek wat in Hebreeus Har-Magedon genoem word.+ 17  En die sewende het sy bak op die lug+ uitgegooi. Hierop het ’n harde stem+ uit die heiligdom, van die troon af, gekom en gesê: “Dit het geskied!” 18  En daar het weerligstrale en stemme en donderslae gekom, en ’n groot aardbewing+ het plaasgevind soos daar nie plaasgevind het sedert daar mense op die aarde gekom het nie,+ só ’n omvangryke aardbewing,+ só groot. 19  En die groot stad+ het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het geval; en Babilon die Grote+ is voor die aangesig van God in herinnering gebring, om haar die beker van die wyn van die toorn van sy gramskap te gee.+ 20  En elke eiland het gevlug, en berge is nie gevind nie.+ 21  En ’n groot hael,+ met elke steen omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval, en die mense het God gelaster+ weens die plaag van die hael,+ want die plaag daarvan was buitengewoon groot.

Voetnote